Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die dwaalkoeël het deur ‘n muur gegaan voor dit die seun in die rug getref het.
Kinana sê die voorval het omstreeks 8:20 by Laerskool ACJ Pakade plaasgevind.
“Volgens die inligting wat aan ons verskaf is, het die seun op die vloer inmekaargesak waarna die ander kinders die onderwyser ontbied het.
Die koeël is glo uit die rigting van die New Village-informele nedersetting, wat oorkant die skool geleë is, afgevuur. Dit is egter nog nie duidelik wie die skoot afgevuur het nie.”
Robert Daniels, woordvoerder van die nooddienste, sê die seun is in ‘n stabiele toestand na die Helderberg-hospitaal gehaas.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
wonder net waar was die onderwyser dan????