Seun in klaskamer deur dwaalkoeël getref

Argieffoto

Argieffoto

‘n Negejarige seun is Vrydag deur ‘n dwaalkoeël getref in ‘n klaskamer by ‘n skool in Lwandle naby Strand in Kaapstad.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die dwaalkoeël het deur ‘n muur gegaan voor dit die seun in die rug getref het.

Kinana sê die voorval het omstreeks 8:20 by Laerskool ACJ Pakade plaasgevind.

“Volgens die inligting wat aan ons verskaf is, het die seun op die vloer inmekaargesak waarna die ander kinders die onderwyser ontbied het.

Die koeël is glo uit die rigting van die New Village-informele nedersetting, wat oorkant die skool geleë is, afgevuur. Dit is egter nog nie duidelik wie die skoot afgevuur het nie.”

Robert Daniels, woordvoerder van die nooddienste, sê die seun is in ‘n stabiele toestand na die Helderberg-hospitaal gehaas.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.