Seun in Lydenburg doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Sesjarige seun is Sondagmiddag in Lydenburg, Mpumalanga, doodgery.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R37-pad plaasgevind. “Die seun het glo die pad oorgesteek toe ʼn bakkie hom getref het,” het Bodasing gesê. Die seuntjie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die ongeluk word ondersoek. Die seun se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Kyk maar na hierdie jong kinders. Let op dat hulle nie kan loop nie. Hulle is ALTYD aan die hardloop. Daarom word ek de duiwel in vir iemand wat vinnig ry in die teenwoordigheid van kinders by skole, parkeerareas ens. Maar weer in hierdie geval, WAAR IS die VERANTWOORDELIKE TOESIGHOUER!!??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.