Seun kom af op gru-toneel in pa se huis

Danie du Plessis. Foto: Facebook

Danie du Plessis. Foto: Facebook

ʼn Man van Vereeniging in Gauteng se erg verminkte liggaam is Maandagoggend deur sy seun in ʼn plas bloed in sy huis gevind. Danie du Plessis (64) is drie keer geskiet en erg aangerand met ʼn onbekende voorwerp.

Chester (34), Danie se seun, het aan Maroela Media vertel dat hy onraad vermoed het nadat hy nie Sondag sy pa in die hande kon kry nie. “Ons het Vrydag nog gesels en Sondagoggend het ek hom op albei sy selfone gebel, maar hy het nie geantwoord nie,” het hy gesê.

“Ek het sy verloofde, wat in Sasolburg bly, gebel en haar wanneer laas sy van hom gehoor het. Sy het gesê sy het Saterdagaand 22:00 laas met hom gepraat. Toe ek hom teen Maandagoggend steeds nie in die hande kon kry nie, het ek begin bekommerd raak.”

Chester het na sy pa se huis toe gery en dadelik vermoed iets is verkeerd. Sy pa se motor het skuins in die oprit gestaan met die sleutel in die aansitter. “Dit was klaar vreemd, want my pa was ʼn perfeksionis en sou nooit sy motor net so in die oprit laat staan nie. Hy het dit altyd in die motorhuis getrek.”

Hy het om die huis gestap, waar hy ʼn tang en ʼn beitel op die grond sien lê het, wat hom laat vermoed het dat iemand by die huis wou inbreek. Hy het die agterdeur oopgestoot, maar die veiligheidshek was nog gesluit.

“Ek het my pa op die grond sien lê deur die veiligheidshek. Hy het op sy gesig gelê met sy arms uitgestrek. Daar was ongelooflik baie bloed.” Chester het om die huis gehardloop na die voordeur toe en die deur en veiligheidshek oop gevind. “Ek het eers deur die huis gehardloop om te kyk of die aanvallers nog in die huis is, voordat ek by my pa gebuk het. Toe ek by hom kom, kon ek duidelik die doodsreuk ruik. Ek het aan hom geraak en hy was yskoud en styf,” het hy emosioneel gesê.

Hy het gesê sy pa het ʼn koeëlwond aan die linkerkant van sy bolyf gehad en sy gesig was vermink. Volgens Chester was daar geen tekens van inbraak nie en slegs sy pa se skootrekenaar en selfone is uit die huis gesteel. “Die mense wat hier was, het nie gekom om te steel nie. Hulle het gekom om hom te vermoor.”

Chester het gesê sy pa het ʼn week vantevore ʼn onderonsie met sy tuinier gehad nadat hy hom van diefstal beskuldig het. Die tuinier het daarna ʼn saak van aanranding teen Danie aanhangig gemaak, terwyl Danie ʼn saak van diefstal teen die tuinier aanhangig gemaak het. Beide is op borgtog vrygelaat, het Chester gesê.

“Ek wil nie nou bespiegel oor wie my pa se moordenaar is nie. Ek is baie tevrede dat die ondersoekspan wel die moordenaar sal vastrek. Ek weet my pa sou nie wou hê ons moet wraak neem nie,” het hy gesê.

“Hy was ʼn man van God, ʼn nederige man wat veral die laaste paar jaar ʼn sagtheid in hom gekry het vandat hy sy lewe vir die Here gegee het. Hy was ʼn man van beginsel. Hy het altyd eerste aan sy geliefdes gedink en nooit eerste aan homself gedink nie. Dit het die Here 64 jaar geneem om ʼn diamant te vorm wat waardig is om hemel toe te gaan.”

Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

anon ·

wat word van di wereld n mens nerens meer veilig ni maak ni saak hoeveel honde vuurwapens alarms ens jy het ni as hul wil in kom kom di goed in sterkte aan di familie

Sue ·

Die skok en truma wat die seun moet deurgaan, is verskriklik!!!! Sterkte aan hom, mag hy vrede vind. Vir die moordenaar, jou dag sal kom!

Paul-Jay ·

Ja nee, hier moet ons hoop geregtigheid sal geskied. Maar ons weet virseker dat sulke boosheid nooit deur God oorgesien sal word nie. Daardie skuldige/s sal voor die troon van God moet staan en dan sal hulle verantwoording moet doen. Want selfs oor ydele woorde, se die Bybel, sal ons verantwoording moet doen. Hoeveel te meer oor sulke uiters bose dade nie!!! Dit gee my berusting. Ons moet BAIE VERSIGTIG lewe en VEILIGHEID eerste stel. VERTROU NIE sommer net nie. WEES WAKKER!

christine ·

Danie ons het so vroeg as 1994 dieselfde deurgegaan. My dogter het op oupa afgkom keel 3 plekke tot agter deurgesny. So ek weet niks wat ons nou se maak saak nie ons sal bid vir jou. Maar ergste le voor vat dit een tree op n slag sterke met skoonmaak en trek. Weet teen vandag vrot als om daardie vloer. Ai

SNEL ·

Chester, my hart is seer as ek hier lees wat gebeur het. My pa is ook nie meer daar nie, mis hom geweldig, maar om jou pa so te vind moet vreeslik wees. Ek moet sê, wat n groot troos om te weet hy was n man van God en het saam met die Here n pad gestap. Dis ook nou my enigste troos, my pa was ook n kind van die Here. Dis nie maklik om iemand aan die dood af te staan nie, maar n vreeslike gemoedsrus as jy weet hulle het aan die Here behoort. Baie sterkte vir julle almal deur hierdie moeilike tyd en selfs die tyd hierna met die verlange en ek hoop saam met julle dat hulle die skuldige/s sal vang.

Tina Du Toit ·

Regtig baie tragies om so wreed te sterf. Ek hoop sy aanvaller word gevang. Sterkte vir julle Danie.

Thea ·

Ai, dis vreeslik en so onnodig. My hart gaan uit na due familie. Ons sal almal eendag voor God verantwoording moet doen.

madaleine martinaglia ·

Dis hartseer maar duidelik dat ons volk een vir een vermoor word en geen haan kraai daaroor nie

Theresa ·

Baie sterkte en wysheid in hierdie moeilike tyd, Danie en gesin.
Mag die polisie en speurders nie lank neem om die moordenaar vas te trek nie.

Grotman ·

My Bybel se n oog vir n oog en n tand vir tand!! Vind die gemors wat ons mense so wreed uit moor en gee hulle vir my!!… Ons regstelsel kan nie vertrou word want al kry hulle lewenslank dan is hulle steeds vry binne n paar jaar.

david ras ·

Hoeveel maal het ek nie die selfde vraag gevra op hierdie blad nie—-was dit moord met die opset om te roof, of roof met die opset om te moor. ?
Is dit nie maar doodgewoon terrorisme vermom as misdaad nie ?

Eliza-beth ·

Baie, baie sterkte aan jou, hoop jy kan vir terapie gaan of met iemand kan praat – jy MOET! Bid vir jou.

Michiel ·

Eers ‘n tiener in Saaiplaas in ‘n vroeëere berig vandag op Maroela en nou hierdie waar hul op hul geliefdes se lyke afgekom het. Hemel dit moet erg wees. Sterkte

Edward Shawe ·

Mede blanke Suid Afrikaanse Boere volk. Ons word getoets deur ons Groot Vader. Hy het nie verniet die Israelliete uit Egipte gelei nie. Moenie moed opgee nie. Bly glo. Hy sal uitkoms vir ons bied.

Johnnie ·

Chester, ek wil net se prys die Here dat jy getuig dat jou pa wedergebore was en die Here aangeneem het, hy is nou in die hemel, nou vra ek net vir die wat agter gebly het is julle ook al gewederbaar sodat julle eendag saam met hom in die hemel kan wees.

Cathy Du Plessis ·

Sterkte. Ek het my seun ook so verloor. Niks wat niemand kan se gaan dit beter maak nie, maar jou vertroue op en geloof in die Here sal jou daardeur bring. Dit sal tyd vat. Wat ek nie kan hanteer nie is die feit dat die regering daarop aandring om hulle in diens te neem en jy mag hulle nie afbetaal nie. Hoekom dring hulle daarop aan? Miskien omdat hulle dan weet dat dit baie makliker sal wees om op so manier van ons ras ontslae te raak?

Joyce Naude ·

Bring die doodstraf terug asb tog Dis al wat sal werk.Boosdoeners!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.