Seun kom op ma se geskende liggaam af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 25-jarige verdagte is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die gru moord op Tanya Wiers (45) van Eduanpark in Polokwane, Limpopo.

Wiers se seun het Dinsdagmiddag omstreeks 14:30 op sy ma se naakte liggaam afgekom toe hy van die skool af teruggekom het by die huis, het brig Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Wiers het verskeie steekwonde aan haar nek en onder die ken gehad, en verdedigingswonde op haar hand. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.”

Dit is nog nie duidelik hoe die aanvallers toegang tot die perseel verkry het nie. Juwele, ʼn tabletrekenaar en ʼn selfoon is uit die huis gesteel.

“Die verdagte, wat glo in die buurt werk, word met die moord verbind,” het Mojapelo gesê. “Die polisie het ook beslag gelê op van die gesteelde eiendom.”

Volgens Mojapelo sal nog inhegtenisnemings volg.

“Die geduld en toewyding van ons beamptes wat die saak ondersoek het daartoe gelei dat die oortreder dieselfde dag nog aangekeer is,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Martinette ·

“Haar oë is met ‘n onbekende skerp voorwerp verwyder.”
Gruwelik. Wie doen so iets?

Milan ·

Ons woon 2 blokke vd persoon af. Ten spyte van n hoogs effektiewe buurtwag, gebeur sulke voorvalle. Donald Trump se muur tussen “ons en hulle” klink na n proposisie.

Koos ·

Kan jy dit glo, kan jy dit glo!! Is dit beskawing. Glo my GOD gaan hierdie gemors nog een dag oordeel. Die woord se die pad na die hel is groot en wydt en daar is baie wat dit sal loop. Prys die HERE se naam.

Cornelia 1 ·

Ek het nie woorde vir hierdie onmenslike, gruweldaad wat met die slagoffer gebeur het nie.!
Dit sal ook in haar seun se geheue bly vir die res van sy lewe.

Tinus Prinsloo ·

Baie waar en onwillekeurig — hoe objektief ons probeer daarna kyk — is die kaal verminkte liggaam van jou geliefde ma sonder oë en vol steke van die moordwapen die beeld wat in jou geheue vasgevang en fotostateer is. Wie en wat sal dit vernietig?? My moedersknie is vir ewig deur beginsellose booswigte vernietig. Mag die Hemelse Vader Sy hand van liefde en genade oor die gesin wees.

Ed ·

En dan wonder mens nog hoekom is die doodstraf nog nie terug gebring nie. Dis mos lekker om te loop martel en moor asof daar nie wet is nie. Nou gaan satans kind te lekker op die belasting betaler se nek le in die tronk terwyl hy lekker eet en lewe saam sy tjommies. Met die hoop dat hy nog n kansie het om te ontsnap.

PJ Kruger ·

Mandela het gesê die doodstraf sal nie weerterug kom nie. Kry dit in julle koppe.

Johnny ·

PJ die doodstraf is lankal terug. Kriminele pas dit op onskuldige landsburgers toe.

Ange ·

Doodstraf sal dit nie oplos tensy die gereg spoedig toegepas word. Sake duur n ewigheid in die hof en dan sit die skuldige vir jare soms dekades en wag. As die hofsake vinnig is en die straf word binne n maand toegedien dan sal dit effektief wees, maar ek sien dat dit gaan gebeur nie.

Aster ·

Ed. Dink jy nou regtig dat die huidige regering die doodstraf regverdig sal implimenteer! Hulle is so vrot van korrupsie, onkunde en moenie praat van ons reg stelsel (wat deesdae die kiminele beskerm) nie. Hulle sal die doodstraf gebruik tot hulle voordeel. Niks is meer regverdig of word meer regverdig in ons land gehandhaaf nie.

snoefie ·

dat “intelligente” witmense nou die doodstraf wil terug hê! tjk gaan my verstand te bowe. sien hoe word dit toegepas op blankes was doodskis intimideerders en selfbeskermers. maar ons wens en kry ons wat ons voordat gewens het, dan begin die verwyte van “hulle doen /vat /sê. last my dink aan sommige plattelandse dorpe daar die blanke kinders op die buurdorpe skool gaan. (saam met swart kinders) dan huik hulle how duur cut us want “hulle” het die plaaslike skole vir die swart kinders gegee.

Ed ·

Jammer ek het perongeluk die “D” woord gebruik. Ek vra uiters onverskonning aan die gene wat dit opgemerk het. Ek wonder net hoekom kry die artikel nie dieselfde aandag as ou Riaan en sy Joost meme nie?

m ·

Hierdie goed se wreedheid ken geen perke> Wens hierdie parasiete wil van die aarde af verdwyn sodat ons rus en vrede kan he..

Anoniem ·

My hart gaan uit na haar kind. Erg genoeg om jou ma te verloor, maar om op haar geskende liggaam af te kom…. asb, hy het berading dringend nodig.

Sad ·

Bly ook twee blokke van hul Huis af en is dit ongelooflik hartseer en so onnodig.Ons gebede gaan op vir haar man 3 kinders familie en vriende.

TDW ·

@sad jammer dat sulke lelike goed so naby jul gebeur het. Mag julle as gemeenskap mekaar ondersteun in hierdie vreeslike tyd. Weet jy dalk hoe oud was die seun wat op sy ma afgekom het? My hart is baie seer vir hom en sy familie.

snoefie ·

puberteit. op sy weerlooste dan word die kind deur die gru toneel begroet. innigste simpatie aan die kinders en geliefdes.

Katryn ·

Sulke helle!! Ongenadige dinge sal met hulle gebeur! Ons mag niks aan hulle doen nie!! Maar eendag is eendag!! Gaan hulle (wie ookal) voor die Regverdige Regter moet verskyn! En dan is dit klaarpraat en Hel toe.

BOLANDER ·

En dan sal daar ‘n geween en gekners van tande wees,. Die uitvaagsels van ‘n gemors!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Christa ·

Ek sekondeer!! Ons moet dieselfde modis operandi volg as die meerderheid in ons land – sorteer hierdie geweldadige moordenaars self uit. Waarom moet hulle meer “menseregte” he as hulle slagoffers slagoffers?

Fransie ·

Dis net vir my ondenkbaar dat een “mens” so ‘n verskriklike ding aan ‘n ander kan doen! Die arme, arme kind en die res van die gesin. Ek het nie woorde nie ?

SUZETTE BOTHA ·

ONS MOET WEET DAT ONS IN DIE WOORD GEWAARSKU IS DAT DIE ‘VERY FABRIC OF SOCIETY’ SAL ONTRAFEL. HAAT EN VREES WIL ONS OORWELDIG, MAAR MOENIE! DIT IS IN VADER ALLEEN ALLEEN WAAR ONS TROOS LE. MY LIEFSTE LANDGENOTE, LAAT ONS HOM SOEK EN AANBID. EN DIT IS NIE NAIWITEIT NIE, WANT DIE GEVEG IS IN DIE GEESTELIKE DIMENSIE. LOOP MOOI GELIEFDES

tamboti ·

Nee my medemens, dis is nie meer net die regering en Polisie wat ons faal nie, dit is nie die Satan of sy kinders se skuld nie – hoe regverdig Hy dit?

Anoniem ·

Liewe Tambotie, die Bybel sê in die laaste dae sal die duiwel soos ‘n leeu op die aarde rondloop en kyk wie hy kan verslind. Ek stem dus saam met Suzette. My hart is stukkend oor daardie gesin se trauma en hartseer – hulle hele lewe is omgedop. My troos is dat die moordenaars voor God sal staan vir wat hulle gedoen het.

Celia ·

Suzette, stem saam- ons behoort n massa vasdag uit te roep- en daardie dag soos een man te bid en die Here as volk aan te roep. Die oormag is teveel en ons weet dit. Dalk presies wat God van ons verwag, ROEP HOM aan- maar soos een man. Dit moet georganiseer word reg deur SA moet ons mense n dag kies. Ons weet Wie is ons Vader. En ja dit is n geestelike oorlog, hul haat ons as Christen. Elke wrede martelmoord wat gepleeg word is TEEN elkeen van ons!
Van die KP tot bo in die Noorde – laat ons vas en bid OP EEN EN DIESELFDE dag.

Lienkie ·

Ek stem saam Oom Johan, ek hoop dat die gemeenskal almal in en buite die hof sal wees sodra hierdie patete voorkom. Sterkte aan die familie.

AL ·

Ek stem. Dis n goeie strategie – werk in die buurt en hou mense se roetine dop, kyk hoeveel mense bly in een huis en slaan toe. Doen julle eie werk soos in Orania dan skakel jul die gespuis uit wie op jul spioeneer om toe te slaan.
Ek is diep geskok en ontsteld, laat ek eerder stilbly ….

Geskok van poloks. ·

Die probleem is dat meeste huise hoë mure om het om skelms uit te hou maar as skelms eers in is dan hou dit ook wakende oë uit die hoë mure uit en dan kan taa rustig sy ding doen! Maak gate ini mure sodat mense kan deursien van buite af om onraad te kan op tel. Simpatie aan die geliefdes. Ons is ini buur park.

Bach ·

Die Here laat hierdie gruwels gebeur en dan vra die mense daarna dat Hy die naasbestaandes moet vertroos. Dit klop nie.

evsbest ·

Die Here het die mens vrye keuse gegee. Dis die mens wat die besluite maak.

Magda Cooper ·

Mog dit wat hy lekker uitdeel ook eendag sy lot wees – GOD SLAAP NIE – Sterkte aan die Familie.

Jane ·

Liewe genade nou word mense se Oë ook al verwyder? Hoe grusaam. So jammer vir die seun .. Ek kan nie dink wat se lyding daardie arme vrou moes deurmaak nie. MISDAAD in SA is BUITE BEHEER, maak nie saak wat die polisiekommisaris OF President OF ONDERSOEKSPAN sê nie .. hulle is almal in ONTKENNING!!

AL ·

Die werkers hou die roetine dop van mense in buurte en plase en beplan hul strategie daarvolgens. N Strategie wat honderd persent werk om haatmoorde te pleeg, want hul kom nie verdag voor in n buurt nie. Beste is om hul te verban en jou eie werk te doen.

Bert ·

Ek en vele ander het ‘n fatale fout gemaak om ‘ja’ te stem in die ’92 referendum. Hierdie is vir ons rekening. Die ‘nee’ stemmers het ons gewaarsku. As bewys het hulle die res van Afrika as voorbeeld gegee. Dit was ‘n geldige voorbeeld.

Wit en swart ly nou onder ‘n onbevoegde swart meerderheidsregering . Met alle liefde en respek aan al my swart kollegas wie ordentlike mense is wat ons afgryse met hierdie moord sal deel: ek is jammer maar julle verteenwoordigers is onbevoeg. Hul onbevoegdheid is die primere oorsaak van wetteloosheid. Julle stem vir hulle.

Misdaad is nou so erg dat as ek dit kon voorsien het in ’92, sou ek beslis ‘nee’ gestem het, nie omdat ek nie ook waardigheid en respek wou herstel aan my mede swart landgenote nie, maar omdat ek my kinders se oorlewing belangriker stel as jul politiese regte. Saam met julle politiese regte het moord en doodslag en verval gekom.

Waar was die wil en energie en leiers om destyds ‘n stuk grond vir ons af te skeur en oor te begin? Dit is op die lange duur ons enigste skans teen Afrika.

Kobus ·

Bert ek gaan nie klippe gooi….ek is n sogenaamde ” nee stemmer”…maar jy is n man om te erken dit was dalk n fout..maar kom ons wees eerlik met mekaar…as die ” nee stem ” sou gewen het…het jy gedink in watter groter gemors ons nou nog sou gewees het…ja ek erken ons land is in sy m..r in…maar weereens sou hier n oorlog nog erger as hierdie rassuiwering wat op die oomblik gebeur…gewees het…broer sal teen broer geveg het…soos die ou Sappe en Nasionaliste mekaar by vergaderings met stoele geneuk het….sou die ja stemmers en nee stemmers mekaar met bloed wou oortuig…EN DIE WERELD SO HUL AFGEVEE HET AAN ONS….al wat ons gaan help om hierdie land van ons weer op te eis…is GEBED en nog GEBED…

Bekommerd ·

Dit is voorwaar tragies, maar welgedaan aan die Polisie vir hul vinnige optrede en arrestasie.

swanna ·

Bach die Here laat sulke ding toe om vir JOU en MY wakker te maak. Gaan staan op jou knee en dank die Hemelse Vader dat dit nie met jou gebeur het nie. Word wakker samkie die uur glas is besig om leeg te loop.

Oom Johan Willemse ·

Ry Sondag deur die stad. Daar is tientalle by die winkelsentra vir enkeles in die kerke. As ons soos ons voorvaders weer God se wil soek en Hom dien as Skepper en Onderhouer van Volke en Nasies, as God van die Geloftevolk, dan kan ons om Sy beskerming smeek. Die uitverkore volk moes meermale swig voor ander volke, selfs balingskap beleef, alles omdat hul die basis van ons bestaan misken het.
Laat ons doen wat ons hand vind om te doen, maar nooit ons Skepper misken nie. Slegs dan sal ons geweld soos hierdie kan hokslaan.

olie ·

Kom ons doen net ietssssss, staan saam mense ons gaan die geveg verloor. Dit kan nie meer so aangaan nie…….luister asseblief. Here helpppppppppppp

tamboti ·

Soos jy se Bach dit klop lankal nie meer nie, onskuldige bloed vloei meer as ooit en die beskerming word aan die oortreder gegee, net soos hier op aarde.
Ek is ook ‘n “vader” en ‘n “bruidegom”, ek sal nooit so iets aan my “”kinders of “bruid” toelaat as ek dit KAN keer nie. Niks wat hulle doen of gedoen het regverdig dit nie!
Nee ek sal eerder die rowers en moordenaars so straf – maar ek is mos ‘n dom mens wat nie verstaan hoe dit “als ten goede werk” dat “gelowiges” deur gemors vertrap te word om daardeur iets of iemand te “red”

Lourens ·

Hoekom kan ons nie die berig share op facebook nie dit bly se die link is geblock ?

Janie Monsieur ·

Dagsê Lourens,

Dankie vir die navraag. Jy kan dalk probeer om die bladsy te herlaai en weer te probeer deel op Facebook. Aan ons lyk dit reg. Indien jou probleem voortduur, stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected].

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

AL ·

Tamboti om n Christen te wees, beteken nie om lamsakkig, ruggraatloos en n pushover te wees nie. Mense doen wrede goed aan ander, op ander maniere as moord, tog help God ons op uitkomste. Ons almal is diep getraumatiseerd deur die moord, al ken ek nie die vrou of bly in haar dorp nie. Sterkte aan die gesin

Tweetie ·

So die booswig het in die buurt gewerk, lae gemene Satanskinders wat met moord en haat in hulle harte rondloop….indien hulle ooit harte het. Dit is wat jy kry as jy iemand werk gee ….Niks meer barmhartigheid van my kant af nie!

Johanna ·

Simpatie aan haar kinders en familie. Mag hy vir die res van sy lewe agter tralies sit. wat natuurlik vir hom beteken n dak oor sy kop en n slaap plek en kos elke dag. !

Marlene ·

My innige meegevoel aan die familie en vriende van Tanya Wiers – Mag Jesus julle styf vashou en vertroos in hierdie bitter hartseer tyd. My hart gaan uit na die arme jong kinders wie moet aangaan sonder hulle Mamma op so jong ouderdom en wie op so wrede wyse uit hul lewe geneem is. Mag Jesus julle dra en elkeen styf omvou met Sy liefde. Sterkte julle is in my gedagtes en gebede

Estelle Claassens ·

Ontsettend hartseer dat so ń gru-toneel op ń Jong man wag wanneer my van die skool af kom….. My hart gaan uit na hom, ek wens ek kon dit alles vir jou on- gedaan maak. Lief met gebed my kind, net die Here kan jou weer volume heel maak………. Baie sterkte en so bitter jammer oor jou groot verlies…..

Penellope Jones ·

Woorde. het mens nie meer nie.
Dis alles opgebruik,

Albert ·

“Antwoord” waar kom jy aan die klomp bog !! Ek was meer as 13jr n forensiese beampte in die ou SAP. Daar bestaan nie so iets soos dat die laaste oomblikke in n person se oe vasgevang word. Ek daag enige iemand om my verkeerd te bewys. Sou dit die geval wees kan jy mos maar net in die persoon se oe kyk en Walla jy sien die verdagte!! Het jy al ooit in n dooie mens se oe kyk!! Nee jy het nie!! Ek het meer as n honderd in my tyd afgeneem. ASB hou op CSI te kyk

JC ·

Albert, hy se nie dit is so nie, hy se dat hulle kultuur glo dat die persoon se oe jou laaste gesien het hulle hom kan vang. Daarom verwyder die ou die oe… Lees weer ou maat.

Kobus ·

Wat ons meer en meer verbaas, is dat die mense in hoë posisies van eerstens die DA, asook ander partye, ook ons heersende ANC “leiers” – NOOIT maar NOOIT openlik hierdie wandade aanspreek nie ? Het iemand al `n openbare oordeel hieroor uitgespreek en daadwerklik IETS daaraan gedoen ? Ons almal ken die antwoorde, en in stilte aanvaar ons net hierdie absolute gemors terwyl “Ons” politieke partye ook maar `n grap is……

BAREND ·

kom ek daag die arfrikaners uit wat maroela media lees ,ONS ALMAL DAAG OP IN PIETERSBURG IN ONS DUISENDE EN ONS PLAAS DIE OPKOMS OP FACEBOOK SODAT DIE WERELD KAN SIEN DAT ONS ERENSTIG IS .kan dit gedoen doen word ,sit verlof in en kom staan saam ,moet net nie aanverskonings soek nie ,kom ons doen iets .die moordenaar moet geen borg kry nie propaganda en saam staan kan die begin wees van groot dinge

Liza ·

Ja David Kramer … DIT is wat Steve oor aan gaan … Ek het nie woorde nie

Pietser ·

Ek is in die Kaap en sal dit nie kan maak nie. Ons vertrou egter dat jy sal terugvoering gee hoe dinge verloop het.

Yvette ·

Regdeur SA roep n VASDAG uit waarin ons as n eenheid die Here aanroep in ons nood. Die oormag is teveel en niemand gaan ons help nie. Dit is werklik GENOCIDE.
Dankie Suzette vir jou kommentaar, dit is so waar.

Werner ·

Stem heelhartig saam met Yvette! Kan so iets georganiseer word.
Dis sulke tyd,soos met Bloedrivier.

Conrad ·

Dit help nie om te praat”wanneer gaan iemand iets doen” “regering” “Polisie”ens nie.
Suzette is reg.Dis n geestelike oorlog teen elke wit Christen. Stem saam met bogenoemde kommentare: ROEP N VASDAG UIT! Ons is Sy kinders Hy sal hoor! DIS waar ons hulp is.

JC ·

glad nie rassehaat nie, dis mos net gewone “crime” ….waaroor tog al die bohaai, ons weet mos ons polisie het alles onder beheer

Alida ·

Celia, kom staan op Kerkplein dan staan ons almal saam asb. Wat anders stel jy voor?

barend ·

kom ons reel busse ,treine,ons moet almal op ruk na Pietersburg ,PRETORIA fm moet daar wees ,kom mense laat ons nou n plan maak

Soldaat ·

Nou ja, nou weet julle hoekom ons destyds apartheid gehad het…

Rina Kotze ·

Dis so hartseer en so onnodig.

Ek dink aan die arme kind wat nie sommer daai beelde uit sy jong gemoed gaan kry nie!
ek hoop hy kry Trauma berading! Sterkte seun, mag God jou hierdeur help.

Simpatie aan haar familie en man en kinders. Mag God julle self troos. Ek kan my nie indink wat julle nou moet deurgaan nie!

God sal self sulke mense straf, ongelukkig kom hulle hier weg met moord en gaan sit nog op die belastingbetalers se kostes in die tronk. Doodstraf sou gepas wees! Party mense is nie rehabiliteerbaar nie!! Hulle moet net permanent uit die samelewing verwyder word en klaar!

Nita ·

Vandat Eva haar keuse gemaak het, is daar 2 magte in die wereld. God se mense en Satan se mense. Satan die brullende leeu en verwoester. Die Bybel se, die twee groepe sal so gelyk hier voorbestaan tot wanneer die oes ingesamel word. So jy gaan of n martelaar wees of die een wat die marteling uitdeel.

Helene ·

Dit help nie jy gaan net by een plek byeenkom nie. Elke dorp in die land moet op ‘n spesifieke tyd bymekaar kom. DAN sal almal sien ons is ernstig. Maar weereens, het ek nie baie vertroue in ons ou volkie nie. Ons kan nie soos ons voorvaders saamstaan nie. Daar is te veel haat, nyd, tweespalt!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.