Seun kom op pa af na plaasmoord

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Boer is Sondag laatmiddag op sy plaas buite Wolmaransstad in Noordwes vermoor.

Die 67-jarige boer is met ʼn skerp voorwerp in een van sy skaapkrale doodgesteek. Sy 66-jarige vrou is met ernstige beserings in ʼn hospitaal opgeneem.

Volgens kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het drie mans en twee vroue omstreeks 17:30 met ʼn voertuig op die plaas aangekom en gesê hulle wil skape koop.

Die verdagtes is saam met die boer en sy vrou na die skaapkrale om skape uit te soek. Die egpaar is hier deur die verdagtes oorrompel.

Myburgh het gesê van die verdagtes het die vrou na die huis geneem, terwyl die ander verdagtes die boer vasgebind en vermoor het. Die vrou is aangerand terwyl die verdagtes op die kluis se sleutel aangedring het. Hulle het onder meer vuurwapens en kontant gebuit.

Die egpaar se 43-jarige seun wat in ʼn ander kraal besig was, het intussen die verdagtes sien vlug en besef daar is fout. Hy het op sy pa se vasgebinde liggaam in die kraal afgekom waarna hy sy ernstig beseerde ma in die huis gevind en hulp ontbied het.

Myburgh het gesê ’n saak van moord en plaasaanval is geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Werner ·

As hierdie nie n oorlog genoem kan word nie dan weet ek darem nie ons boere moet dit so hanteer anders gaan hulle ons uitroei solank ons dit ander name gee gaan ons verloor

Bert ·

Ja Werner, dit is ‘n oorlog.
Maar hoekom doen mense nog besigheid met die vyand met alle risiko’s wat daarmee saamgaan???

Skraap ·

Dit is seker n oorlog, maar in n oorlog veg albei kante. Hierdie “oorlog” waarvan jy praat is die ander kant te sag. Ons sal sit tot daar niemand meer oor is nie.

Sonneblom ·

Dit is met afgryse dat ek hierdie berig lees. My hart gaan uit na hierdie familie en ek bid julle alle sterkte toe!
Maar ek vra myself hoe kan mens ‘n voertuig met vyf mense vertrou wat op die plaas aankom, half 6 op ‘n sondag middag? Het ons nie geleer uit die verlede nie? Dit is hoe menige boer slagoffer en statistiek geword het. Ons is maklike teikens, dit is ‘n groot probleem en swakplek aan ons kant.

elna ·

Baie boere doen sake met smouse, so dis nie vreemd as 5 mense op n plaas aan kom om skape te koop nie.

Chris ·

My liewe sonneblom. Ons het hier met opgeleide terroriste te doen. Hulle doen verkenning, versamel inligting en beplan die aanval tot in die fynste besonderhede. Dit maak nie saak hoe die boer lewe nie, daar sal altyd ‘n swak plek wees in sy veiligheidsplan.

Speedguard ·

Probeer asb net leer uit ander se foute/goedhartigheid….innige simpatie !

Mb ·

Julle wat elke maand n salarise verdien kan maklik praat. Dalk het hierdie boer ñ geleendheid gesien om van sy vee wat so swaar kry in die droogte te verkoop om voer te koop vir die ander. Wanneer ñ mens nie eers in hulle skoene gestaan het nie kan jy nie jou mond uitspoel oor hoe onverantwoordelik dit was nie. My innige simpatie met die familie. Baie sterkte.

Yvonne ·

Sterkte aan die familie en veral die seun. Ek het groot geword op ‘n plaas in die tagtigs , en ja , daar was aanvalle en selfs landmyne op plaas paaie geplant. As kind moes ons al die twee rigting radios bemeester en selfs skiet . Dit is tragies dat ipv verminder die aanvalle net toeneem as gevolg van mense wat vol gif en haat gepomp word. Enige plaas boer , ongeag ras, sit kos op die tafel van ELKE Suid Afrikaner . Het die opstokers van die aanvalle al ooit gedink wat die gevolg vir die land is as niemand meer kos produseer. Behalwe droogtes en ander elemente wat boerdery moeilik en uitdagend maak , moet boere nog elke dag or hul skouer loer en wonder of hulle hul plaaswerkers kan vertrou ens. Weereens sterkte aan daardie familie.

Rina Pretorius ·

Ek wil net een ding se: ons mense moet ophou kla en self begin om op te staan want die mooi land en sy boere is sterk oppad na n 2de Rodesie….. sterkte aan willie en tanie lettie mag God jul dra in die tyd.

Gesiggie ·

As ek kon sou ek hul n naam noem?? genadelose moordenaars”’ die jaar is amper verby en geen familie verdien om n geliefde te verloor so voor Kerstyd, ja hul sal seker nooit gevang word… my innige meegevoel aan die familie en aan die vrou en haar seun wat hul geliefde op so n wrede manier moes verloor. Ek kan dit nie hanteer om sulke berigte te lees…..

sdp ·

Waar is die hoop, saam staan, saam bou??? Beslis nie solank ek nog asem het , sal ek dit doen nie

Werner ·

Die skaap koop storie was net om naby die oom te kom hulle was daar om him dood te maak hy was seker lankal dopgehou en dit was hul beste plan

Anton ·

AS daar meer as een opdaag wees versigtig. Staan reg met jou geweer, een kan uitklim en die ander moet bly sit in die kar.Die vrou weet ook seker hoe om te skiet?

Oom Jaco ·

Net so! Ons goedhartige boere sal moet begin paraat wees tydens hierdie oorlog!! Wees gereed boer, hulle kom vir jou!!!

Willie ·

Anton ek stem heelhartig saam met jou!! Paraatheid ten alle tye is die antwoord!

Aksie SA ·

Paraatheid is absoluut belangrik, maar WEERBAARHEID nog belangriker! Werk aan ‘n stelsel wat onbeheerde toegang en misdaad sal uitwis….

Chris ·

Dan wag hy jou by die hek in of klim onder deur jou elektriese heining of steek jou stoor aan die brand of draai jou krane oop, sit die krag af,laat die perde in die tuin kom, aktiveer jou motor alarms…… Kom nou mense daar is altyd ‘n plan om iemand te mislei en opgeleide terroriste weet presies hoe.

Gaitsigubib ·

Dankie Chris, in sulke tye verafsku ek kritiek. Ek sal kop verloor as my ma vermoor word en mens moet al die teregwysings verduur. ….Sal my laat voel dat dit my skuld is, (al het die kommentators soms n punt beet). Mens het tedoen met terroriste wat geduldig hul teiken dophou en toeslaan as hy dit nie verwag nie.

Lollie ·

Dit moet vreeslik vir die seun wees om so iets te sien. Hy kon nie sy ouers beskerm nie en ek glo dit was sy prioriteit gewees. Net ń swak oomblik en die vyand slaan toe. Sterkte aan die seun en sy ma.
Daar was 3 mans en 2 vroue. Hoe kan enige vrou wat lewe geskenk het staan en toekyk hoe ń lewe geneem word?! Jy is nie ń vrou nie jy is ń monster wat nie die woord vrou verdien nie! Regering maak so ophef oor geweld teen vroue en kinders. Vroue kan geweldadig wees maar daar mag nie geweld teenoor hulle gebruik word nie? Hierdie vroue, soos in die berig, moet afgemaai en uitgeroei word!
Is geweld teenoor mans reg? Is dit daarom dat die oom met sy lewe moes betaal? Geweld is geweld en moet geensins geduld word nie! Hierdie regering moet met ń spoed wakker word en ek dink ons moet gereg in eie hande neem sodat hulle sien ons gaan nie alles gelate aanvaarbaar nie!

sdp ·

Ons boer ook, en die tyd van die jaar, is dit skape koop, dan kom die iniasie skole nog, dan is dit beeste koop. So wees paraat, sulke gevalle gaan toeneem

Nanette ·

Ek ken die slagoffers en was self n slagoffer van n plaasaanval.

Dit is baie maklik om op die kantlyn te staan en te skree hoe die rugby wedstryd moet verloop. Dis n ander ding om self in die wedstryd te speel. My punt is, niemand het die reg om te sê wat hulle moes en nie moes doen nie totdat jy self in die wedstryd is nie.

Paraatheid is die sleutelwoord. Daaroor stem ek saam. Dit oefen mens in soos n goeie rugbyspeler.

Santjie ·

Dankie Nanette. Ek stem 100% saam met jou. Sonneblom vra hoe kan jy ‘n voertuig met 5 persone op ‘n Sondag middag vertrou? Die ding is, Sonneblom, omdat ons so groot gemaak is, bly jy altyd glo en hoop en vertrou dat dit eervolle mense is wat op ‘n Sondag middag op die werf stop.

Sonneblom ·

Ek is jammer Santjie, die “ons is so grootgemaak” is lankal nie meer van toepassing nie. Ja ek het ook so grootgeword en ja ek het ook my familie afgestaan aan die statistieke. So dis tyd om wakker te word en die koffie te ruik. Ons is in ‘n ander leeftyd en moet nou optree. Dit is ‘n ander lewe die, die tyd van sorgeloos en vry lewe is ons nie meer beskore nie. Oë oop en gelaaide roer in die hand is ons realiteit. Goedsmoedse vertroue gaan ons boere afmaai, maar dis my beskeie opinie. Elkeen het natuurlik sy eie keuses in die lewe – jy kies self – veg of sneuwel. Sterkte vir elke boer en landelike burger in hierdie genadelose lewe!

Bess ·

Waaeom was hul vuurwapens toegesluit en nie aan hul sy nie…

Troffel ·

Verbeel ek myself, of was die “skaap koop” modus operandii nie onlangs tydens ‘n ander aanval ook gebruik nie…?

Troffel ·

Ek verbeel my toe nie. Hanno Steyn (46) vermoor op Juegdag, ook in Noodwes, ook deur driemans….wat ook voorgegee het hulle wil skape koop. Soek Hanno Steyn Plaasmoord op Google. MaroelaMedia het ook ‘n berig daaroor geskryf.

jakes ·

Ons innige meegevoel met die boer se familie en vriende. Wat egter uiters teleurstellend is, is die feit dt menige plaasaanvalle voorgekom het nadat die boer deur hierdie slenter gevang word dat die moordenaars kamtig beeste, skape of bokke wil koop. Wanneer gaan boere ten alle tye hul eie veiligheid ter harte neem en voorsorgmaatreels tref teen hierdie gemors wat geen respek vir lewe het nie? Hou jou paashekke ten alle tye gesluit en beskou ongenooide gaste as moontlike verdagtes, veral op n sondagmiddag laat.

Anoniem ·

Staan op boervolk. My pa was 14 toe kry hy my oupa se blessings en gaan 2de wereld oorlog toe. Daar was hy geskiet en het in n hospitaal gele in Bari en later teruggekom SA toe hier het hy 56 jaar die weermag gedien. Self was ek in die weermag en glo so was en is daar nog van ons wat daar was. Ons is nie bang nie en ek sal my laaste druppel bloed gee vir die land. Hier is ek gebore en groot geword. Geen ander land sal my gelukkig maak nie. Roep net en ek is daar. Soek nie oorlog nie. Genoeg is net genoeg. Sal graag saam in harmonie wil leef maar dit is ons nie beskore nie.

@Realis ·

Hierdie plaasmoord, net soos al die ander 57 moorde per dag, is vreeslik. My innige simpatie met die familie.

Ek verstaan nie hoe hou Theo Vorster se ekonomiese artikel verband met die plaasmoord nie?

Dis soos om te sê Nieu-Seeland is ‘n slegte land a.g.v. hul buitengewoon hoë selfmoordsyfer onder tieners.

sdp ·

Nanette jys reg, maar nie ons almal tree dieselle in n situasie op. Ons boervrouens en boere word daagliks ingeprent oor veiligheid. Ek is 1 wat weet wat ek moet doen, beland in n situasie, en vrees laat jou vries, jy slaan toe soos n boek

Wilmien ·

Liewe Heer sal U asb intree in ons land…als raak net te erg ….dis so hartseer…sterkte aan die mamma in die hospitaal en ook hulle seun

toy ·

Hulle kom met hul soetsappige woorde om skape te koop, maar draai net jou rug vir ‘n sekond dan gebeur dit wat nou gebeur het, Ek het my vertroue al lankal verloor, ek vertrou niemand nie,

potlood ·

Soos ek dit sien is dit of jy is paraat en verdedig jouself of hulle gaan jou martel en dan doodmaak,stig n boeremark en kom verkoop jou skape daar ons in die dorpe en stede sal jou ondersteun .Ek sou ook kennisgewing by die plaas opsit wat sê oortreders sal gekastreer word.

Swannie ·

Ja Potlood, ons hoor jou, so die vrouens kom weereens skotvry daarvan af ?

M ·

Dis verskriklik, my innige simpatie aan di seun en ma! Jy kan nou maar net doodeenvoudig niemand vertrou ni, dit raak erger by di dag en ons hande is afgekap! Ons moet waak en bid!

Vicky ·

Ek raak naar as ek die berig lees en my wrok al grootter. Jy kan hoe versigtig wees, as hulle jou wil dood maak sal hulle ñ plan maak. Dank Vader die Here sal met hom af reken, daar wag ñ helse suprise vir hulle.

sdp ·

Kyk, of jy n megaboer is met miljoene se veiligheids maatreels, of maar net n gewone boer. Jy kan wees net wie of waar jy wil in die land, kry sal hulle jou kry dis n feit

Feite ·

Wanneer vreemdelinge op n plaas gewaar word (wat wil skaap koop) moet ander lede van die gesin en plaaswerkers in kennis gestel word. Slegs die plaasvoorman of boer moet hulle vergesel terwyl die res gewapen en vanaf n afstand (miskien vanaf die hek waar hulle weer moet uit) die verkopery dophou (verkykers). Dit is ook gewens dat van die werkers op n afstand gaan staan en dophou met die doel dat die vreemdelinge kan sien hulle word dopgehou!

Janette ·

Goedhartigheid sal totaal moet oorgee aan ekstra paraat wees.

Bess ·

Waarom was sy vuutwapen nie aan sy sy nie maar toegesluit in die kluis…

Michael P ·

Dit kan ek ook nie verstaan nie Bess. Dit is dan nou oorlog jy kan nie sonder jou wapen wees nie Die boere moet net terug slaan hulle sal gou gou 2 keer dink om n plaasaanval uit tevoer.

JohanR ·

Is maklik on te praat, maar as dit net die boer en sy vrou was en hulle het ‘n geweer of geweere gehad, hoekom het een nie soe kort distansie gestaan met geweer totdat die transaksie klaar was, en die mense geloop het? Een doen die transaksie en een hou wag gereed om te skiet. Gee nie om of jy die mense wat daar aankom in die gesig vat…..jy kyk maar net agter jouself en bestandes die beste wat jy kan.

Erica ·

Moenie skape verkoop aan vreemdes wat net op jou plaas opdaag nie neem eerder die skape vendusiekrale toe.Die vreemdeling wat n skaap of bees vir een of ander rede soek kan hom daar gaan koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.