Seun kom op pa se liggaam af

Hartswater in die Noord-Kaap. Foto: Google Earth

Hartswater in die Noord-Kaap. Foto: Google Earth

Die lyk van ʼn man is Saterdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe in die Noord-Kaap gevind. Die man se seun het op sy pa se liggaam afgekom.

Volgens kol. Hendrik Swart, woordvoerder van die polisie, is die man in sy huis op ʼn kleinhoewe naby Hartswater in die Vaalharts-skema vermoor.

Swart het gesê lede van die polisie se forensiese eenheid was teen 12:50 steeds op die toneel nadat die seun omstreeks 7:00 op sy pa se liggaam afgekom het. Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoe hy vermoor is nie en of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Swart het bevestig die man het alleen gewoon. Maroela Media verneem die slagoffer was glo 60 jaar oud.

Volgens Swart sal die polisie later vandag meer inligting bekend kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johann ·

Nog ‘n mens wie alleen gewoon het, en homself bloot gestel het aan die gruwel van onvernoegdheid, weet net een ding daar gaan ‘n stopteken kom vir die Sinnelose dade

JJ ·

Nog ‘n moord. Die berig is baie deurmekaar,- m. a. w. die seun het op ‘n onbekende man afgekom, wat sy pa is??

Elsa ·

As mens die beig mooi lees, se dit n paar keer “die man se seun het op sy kyk afgekom”. Kan nie sien dat dit deurmekaar of verwarrend is nie. Die man se identiteit mag seker nie bekend gemaak word voor daar meer inligting is nie.

cynthia ·

Seker weer n rooftog wat skeef geloop het. Waar gaan dit eindig

Ric ·

Vreeslik snaaks geskryf – “Die man se seun het op sy pa se liggaam afgekom.”?

Madelein ·

Hoe kan die man onbekend wees as sy seun op hom afgekom het??

Nico Strydom ·

Dagsê

Die berig is gewysig om verwarring te voorkom. Jammer vir die oorsig.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Louise ·

Moorde het SA se nasionale sport geword en ons wit mense die prooi

Johann ·

Ou weet nie meer vir watter span om te skree nie, daagliks berigte oor moorde, sterftes, wanneer kry ou bietjie meer beter nuus

Elsa ·

As mens die beig mooi lees, se dit n paar keer “die man se seun het op sy kyk afgekom”. Kan nie sien dat dit deurmekaar of verwarrend is nie. Die man se identiteit mag seker nie bekend gemaak word voor daar meer inligting is nie.

·

Praat onder korreksie, maar amper seker dat Noord-Wes se premier het in Taung weer die skuld vir werkloosheid ens. op blankes blameer. Dit was gister of eergister. Slegs 40km van Hartswater.

Johannes van Staden ·

Hoe kan NW se premier dit se as die anc met MEER as 50 % van die grond alreeds sit en geen ekstra plase bygekoop het wat so goedkoop verkoop het tydens die droogte. Hulle doen ook niks met die grond …presies soos in Zim ….al die grond maar geen kos in die land slegs bestaansboere ! Die anc het hulle eie mense en kiesers versaak en lewer nie op hulle beloftes nie …en nou soek hulle verskonings en maak dit n rasse kwessie …en so trek hulle net meer mense met hulleself af …SA = Zim

NS. ·

Ja, oom Piet is vermoor vir geld.
Is ons lewens net n stukkie papier (geld) werd? Hoekkom moet ons op so n wreede manier sterf??
Ons hoor en lees so baie van plaasmoorde en dis al alledags. Todat dit met jou, jou familie of iemand na-aan jou gebeur!!!
Is dit reg???

antoinette ·

Dit raak net al erger en erger. Daar n ou tannie in Uitenhage Oos Kaap in haar 90 ook vermoor en verkrag. Waar gaan dit eindig tot ons hele LAND SE BLANKES UITGEMOOR IS!!!!!!!!

Hendrik ·

Nog n wit man
Nog n pa
So gaan ons alnal vermoor word
Sonder ingryping maar wel vergryping

Louis ·

Ja nog een ne, wonder of die moordenaars nie gesponser word met ons tex geld nie

LOUISE ·

Hi was nie 60 nie hy sal 2 Augustus die jaar 80 gewees het. Sy naam is oom Piet Jacobs. Hy is gemartel en dood gesteek. Dis my pa se oom.

luv life ·

As ons boere saam op staan kan ons dan nie hul oorwin nie

Lenette ·

Angus het n video uitgestuur waarin hy ons roep, elkeen van ons om saam bymemaar te kom en te bid vir ons land vir ons mense vir leiding in die bekommerde en onsekere tyd net soos ons gebid het vir reen en God ons so ryklik daarmee geseen het, asb hy gaan Maandag, 27 Feb op sy facebook blad hy gaan voorstel wat ons te doen staan, God het hom geroep om ons te lei en aan hom gese dis tyd vir ons volk om ten volle terug te draai na God!! Ek is nie n geweldadige mens, maar ek raak ook kwaad vir dit wat ins Suid Afrika aangaan en wil ook vergelding he, want waar gaan dit stop, maar as ek my familie, my kind, my man kan red deur die hel wat gaan ontstaan as hier oorlog moet uitbreek deur vir God te bid vir beskerming en leiding in hierdie aaklige tyd sal ek so maak, ons almal praat en ons almal wil atyd iets doen, nou is die tyd om dit te doen, die vraag is net gaan jy?

Hannelie ·

Sterkte aan oom Piet Jacobs se familie. Oom se dood is so onnodig. Maar wat is ‘n blanke se lewe werd in Suid-Afrika? NIKS!!!!

Lena Jonk ·

Mense in SA luister asb en bid saam vir SA asook vir die wereld, die vyand satan is besig om die mensdom te verwoes. Daar is net EEN uitweg en dit is die weg na Die Almagtige God. Laat die wat nie in Hom glo nie maar hulle kommentare lewer, laat hulle maar glo wat hulle wil ons wie glo en vertrou weet Hy alleen KAN ons uitkoms gee en dat hulle die vrede net soos die gelowiges sal geniet. Mag God ons sondige mensdom se smeekgebede hoor.

Mike ·

Vreemd die moord op nie blankes was op nuus….maar niks van onlangse plaasmoorde nie. Dink dit is manupilasie van pers.

Annie ·

Die oorsese jagers kom jag wild en die lokale jagters/ kriminele jag witmense en het nie eers permitte nodig nie. So ons witvolk het minder lewens reg as diere

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.