Seun kritiek ná hy by skool val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Maandag twee verdiepings ver by ʼn skool in Tongaat, naby Durban in KwaZulu-Natal, geval het.

“Paramedici van ʼn privaat ambulansdiens het aanvanklik reageer, maar ʼn helikopter van die departement van gesondheid is ontbied toe hulle die erns van sy beserings besef,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê.

Die seun is met die helikopter na die King Edward VIII-hospitaal in Durban geneem vir verdere behandeling.

“Dit is nog nie duidelik waarom die seun geval het nie, en die voorval word ondersoek,” het McKenzie bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bessie ·

Ek het jare gelede al my kinders begin tuisonderrig gee nadat ek besef het dat daar nie by die skole na hulle omgesien word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.