Seun kritiek na kwadfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat die vierwielmotorfiets waarop hy was, buite Benoni aan die Oosrand teen ʼn bakkie gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R51 gebeur. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die vierwielmotorfiets en die bakkie langs die pad gestaan. Die bestuurder van die vierwielmotorfiets het ʼn paar meter van die fiets gelê.”

Volgens Meiring het die seun ʼn ernstige kopbesering opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel deur paramedici behandel voordat hy per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer is vir dringende behandeling.

Die insittendes van die bakkie is nie in die ongeluk beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Henri ·

Dit is weer n bewys mense wil nie luister nie. Ek kan net se jammer sterkte aan die seun en sy familie. Luiter mense ek is self n biker maar nooit sonder my val helm nooit mense in ons dorp Waterval Boven ry sonder val helms op hulle kwads in die dorp se strate geen wets toepassing.

Drieks ·

Die R51 is buite Benoni op die Bapsfontein pad waar daar net plotte is. Logies dat jong seuns so bietjie kanse sal vat. Hul brein is nog nie klaar ontwikkel nie… Jammer dat dit gebeur het.

E.K. ·

Drieks – LOGIES? As jy dink so iets is logies dan is daar fout. In elk geval behoort ouers streng te wees met hul kinders met hierdie tipe van ding. As hul nie luister, sluit dit toe en klaar. Hierdie kon verhoed gewees het.Dis ook nie die eerste van die tipe ongeluk nie.

Luanne ·

my broer het sy val helm gedra en asgevolg van dit het hy geen kopbeseerings gehad nie hulle het vermoed y het kop beseerings op die toneel maar na baie toetse het hulle befestig hy het geen

Jan ·

Baie hartseer!

Maar wat soek quads op ‘n openbare pad! Daar is ‘n rede waarom hulle nie op paaie toegelaat word nie. Ek sien hulle elke week langs die paaie jaag.

Ek hoop hy herstel spoedig van sy beserings, klink nie na ‘n lekker Kersfees vir hom en sy familie nie.

Amanda ·

‘n Kwadfiets op ‘n openbare pad is mos soek vir moeilikheid! Jammer vir die mense in wie hy vasgery het, nou moet hulle met onnodige trauma en skade sit. Ek sien elke naweek hoe die “bikers” met kwadfietse en veldfietse in ons besige straat op en af jaag oppad na ‘n oop stuk veld ‘n redelike ent verder – hulle kyk nie links of regs, gee nie ‘n hel om of jy besig is om uit jou erf uit te kom nie, o nee, vloek jou eerder, en verwag net mense moet maar vir hulle stop. Nee wat, geen simpatie as hulle seerkry nie, ook nie vir die ouers wat dit toelaat nie.

Nina ·

Ek stem ook volkome saam. Hier in ons straat is twee snotneuse wat dag-na-dag met daai irritasie op-en-af jaag. En die bestuurder vind dit vreeslik amusant as my hond beserk raak oor die geraas. Tot ek die dag my hek oopsluit….hehehehe. ;)

Ek het geen simpatie daarmee as hulle val nie. Niks. Wette is immers daar vir ‘n rede en hul ouers kort duidelik een allemintige warm klap teen die kop!

Peet Schabort ·

Jy is gelukkig Amanda dat jou kommentaar geplaas is want myne verwysende na ‘kwaadbaaik’ was té ongeskik vir plasing.

Henry ·

Stem saam met Amanda, die ouers en daai seun het geweet wat hul doen is verkeerd en moet die gevolge dra. Net simpatie met bestuurder van bakkie en familie.

SNEL ·

Ouers het miskien niks hiermee te doen nie, maar n kind met n eie wil wel, wat maar soos enige kind kanse waag en stoute goed aanvang. Seuns is rowwe goed en probeer alles. Hoop hierdie seun herstel vinnig en baie sterkte vir die ouers.

Sarie ·

En so oordeel ons sonder dat ons die ware feite ken. Wie sê die quad bike was op ‘n openbare pad. Dis ‘n jammerte dat die kind onverantwoordelik was en ongelukkig gaan hy dalknou met sy lewe daarvoor boet. Die wat vingers wys, vra ek – het julle nog nooit iets onverantwoordelik gedoen nie? Het julle nooit katte kwaad aangevang nie? Wie sê dit is sy skuld? Dalk was hy op pad om die pad oor te steek vanaf ‘n wettige pad waarop hy mag ry en die bakkie het die spoed oorskry? Ek dink die wat oordeel oor quad bikers – is net jaloers omdat hulle nooit so iets kon gery het nie. Daar is mense wat dit verantwoordelik ry. Moenie veralgemeen en oordeel nie.

SkarrelKind ·

Sarie – ek hou van jou. Jy oordeel nie en soos jy sê, ons ken nie die omstandighede nie.

Gerhard ·

Stem saam Sarie, het ook een en self n’ paar keer omgedop, moes n’ paar dae in icu deurbring en rekonstrusie operasie kry tenspyte van val helm maar dit bly lekker om een te ry. Ry nog steeds en sal nog steeds.

Annie ·

Vir die mense wat gepla word deur kwadfietsryers, skakel die metro polisie, dit is eerstens onwettig om met n kwadfiets in n woonbuurt te ry en tweedens is dit rusverstoring…ek sit met dieselfde probleem en het al self die betrokke ryers aangevat, as dit nie help nie bel ek ons metro…daar is parke en plekke spesiaal geskik vir diegenes wat dit geniet om kwad te ry…n woonbuurt is nie…selfs ook nie die normale stedelike speelparke nie.
Sterkte egter aan die seun…hoop hy herstel spoedig.

Sumari ·

Julle klomp wat so oordeel ne. Nie een van julle was daar om te sien wat gebeur het nie. So waar as vet as julle vir my kom sê julle is ‘n klomp Christene dan lieg julle, want Christen mense oordeel nie links en regs nie. Sterkte vir die seun en sy ouers en verskoon maar van die volmaakte witmense wat onnodige kommentaar lewer.

Annie ·

En my kommentaar is ook verwyder? Lyk my mens moet eerder aanvallend wees of negatief dan bly die kommentaar op die blad?

Amanda ·

Al die heiliges wat so op die “bandwagon” spring van “moenie oordeel’ nie, wat het julle sopas gedoen? Is dit nie nou presies wat julle nou met “ons” gedoen het nie? Gaan lees julle kommentaar en dan dink julle diep en hard. Sover ek weet is daar ‘n baie groot verskil tussen feite en oordeel. Feit is, kwadfietse word nie op openbare paaie toegelaat nie. Feit is, Ek het barbaarse kwadfiets ryers wat op ‘n openbare pad (‘n baie besige een) voor my huis verby ry en my vloek, al se ek niks. Feit is, ek is jammer vir die mense wat in die bakkie was. Feit is, daar is ‘n Here wat ons ‘n goeie, gesonde verstand gegee het, eh Hy gee my die verstand om my mening uit te spreek en feite te gee en nie te oordeel nie. Feit is, ek kan nie jammer voel vir iemand wat hulle nie aan reels steur nie. As ek dit oorkom, vra ek groot asseblief om nie vir my jammer te wees nie, want ek was verkeerd in die eerste plek.

alicia+lydia ·

Ai om te dink hulle oordeel maar wat as dit hulle kind is of hulle kleinkind of hulle man. En nou se dae ry vroue ook.Ja my hart gaan uit na die man van die bakkie.maar niemand is perfect nie.net die Here homself .dit was n ongeluk en dit is dit.een of ander tyd in ons amal se lewe gebeur so iets.all is dit n kar of n bike.of all loop jy net Langs die pad.n ongeluk gebeur in n oog wink

Karina ·

Mense ekt die ongeluk gesien gebeur van die seun en ken hom persoonlik ook. Lieflike kind. Hyt sy helmet gedra. Was by n maaitjie oorgeslaap. So voor jul sy ouers wil begin oordeel vind eers uit. En voor jul die kind wil beskuldig vind eers uit. Amanda kry jou feite agter mekaar voor jy ook wil oordeel asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.