Seun kritiek na ongeluk op skaatsplank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy deur ʼn motor getref is terwyl hy met sy skaatsplank gery het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 15:30 by die kruising van Wagerlaan en Fernweg in Prestondale, Umhlanga, plaasgevind.

“Volgens ooggetuies het die seun op sy skaatsplank gery toe hy deur ʼn motor raakgery is. Paramedici het hom in die middel van die pad gevind met kritieke beserings.”

Botha het gesê die seun is op ʼn ventilator geplaas en op ʼn draagbaar vasgegespe vir ingeval hy rug- of nekbeserings opgedoen het. Die seun is hierna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LB S ·

Skaatsplanke hoort NIE op openbare paaie te wees nie!!!!
Ek as ouer sou my kind dit gladnie toegelaat het nie, daar is baie ander plekke om die sport te benut.

Uli Kaempffer ·

Daar is twee kante aan die saak. Te lank om sommer in n paar woorde te weer le. Kort om, wedersydse repsek, padgebruik, wetstoepassing, van publiek en owerhede se kant af……

LB S ·

In hierdie geval het die saak net EEN kant. Skaatsplankryers hoort NIE op die openbare paaie nie! Dit is te gevaarlik, hulle het nie “padvaardige” items soos flikkers of remme om ‘n ongeluk te kan vermy nie en beland soms onder motors omdat die ding nie behoorlik onder beheer is nie. Almal is nie skaatsplank “fundies” wat jy op TV sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.