Seun kry glo lyfstraf in koshuis

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Saak van aanranding word ondersoek nadat ʼn leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé na bewering by die skool se seunskoshuis met ʼn rottang lyfstraf toegedien is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het na bewering op 7 Mei plaasgevind en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak. “Niemand is nog aangekla nie en die polisie gaan steeds voort met ons ondersoek,” het sy gesê. “Die saak sal aan die staatsaanklaer voorgelê word vir beslissing [of iemand vervolg sal word of nie].”

Piet Holtzhausen, skoolhoof van die HTS Tom Naudé, het aan Maroela Media gesê hy is bewus van die aantygings en die skool ondersoek ook die saak. “Ek is deur die beheerliggaam opdrag gegee om nie met die media te praat nie en kan daarom geen verdere kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Die provinsiale departement van basiese onderwys kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pietie ·

Ag asb, as daai rotang langer kon klap geluide maak, sou meeste van ons probleme nie bestaan het nie.

ST ·

Stem saam. Ons is besig om ‘n klomp slapgatte groot te maak.

ST ·

Sien Maroela Media val ook onder die nuwe muilband wet. Sal in die vervolg my nuus en opinie op Facebook lewer. Geen sensuur daar nie.

Cherokee ·

Juis omdat daar geen sensuur op facebook is, lees mens somtyds van hofsake wat aanhangig gemaak is oor wat daar geskryf is.

Martin ·

Nou gaan die skool seker ook afgebrand word. Jaag daai een wat gekla het uit die skool uit, want nou is die skrif aan die muur. Sou hy dan verniet ‘n pakslae gekry het? Seker weer een van daai bederfde ou seuntjies.

Grap ·

Die dissipline in skole het verlore geraak met die verbanning van die rottang en kyk waar het dit ons gebring

Jan maak n plan ·

Dit is hoekom ons land in so groot gemors is, dit is deurdat daar nie meer pakslae uitgedeel word nie. Nou is daar nie meer dissipline in die samelewing nie.

m ·

Niks soos n goeie loesing nie. Vandag se kinders het meer regte as verpligtinge. Hulle wil maak en praat soos hulle wil en het geen respek vir ouer mense nie, watnog van respek vir hulle self. Nee wat sy gat moet ma lekker brand.

Oupa Neels ·

Dis reg looi hom. As hy nie maniere by die huis kan leer nie laat die skool hom leer dit is mos
waarvoor hy in die skool is. Ander mense moet hulle mos leer wat reg of verkeerd is. Ouers is te slapgat om dit te doen.

Anel Potgieter ·

Of die pakslae geregverdig was is nie ter sake nie. Wat ter sake is is dat lyfstraf in enige vorm in skole onwettig is. Of jy persoonlik daarvan hou of nie – dis n landswet. Daar is baie landswette waarvan Ek nie noodwendig hou nie, maar waarby ek myself moet hou want dit is wet. Dit is presies dieselfde hier. Waarmee ons eintlik hier te doen het is n gesagspersoon wat dissipline wil toepas, maar nie die selfdissipline het om hom/haarself by die reels van die regering te hou nie. Ek reken die persoon stel dus n uitstekende voorbeeld aan tieners – as jy nie van die reel hou nie, breek dit?

Bibbies ·

Landswet se Gat dis hiekom dit nou so gaan in die land….

Piet Snot ·

As die landswette en die Bybel teenstrydig is, volg ek laasgenoemde.
So vir my is daar geen argument nie.

Flintstone ·

Anel,op ‘n stadium was daar apartheidswette.Meeste was gehoorsaam daaraan,maar dit het nie beteken dat dit reg was nie.Net so is meerderheids opinie nie noodwendig korrek nie.My Bybel vertel my presies hoe ek moet optree,was nog nie een dag spyt daaroor nie.

GES ·

Die beswaardes is gewoonlik die 1ste wat kla oor wetteloosheid en ook die 1ste wat mense verkla wat disipline probeer toepas. Ons land is gedoem en verdien rommelstatus.

Shannon ·

Inderdaad, as jy ophou om `n (manlike) kind met `n stok te slaan sal hy sonder twyfel die skool afbrand as gevolg van sy nuutgevonde vrede.

Bloues ·

Ek hoop daai skool se matriek seuns weet wat nou van hul verwag word

miem van staden ·

Ek se ook as hule nie wil hoor nie moet hulle voel dis hoekom vandag se kinders so rebels is

Jo ·

In my dae op skool as jy by die huis gekom het en dit sou waag om te kla oor pak by die skool het jy sommer pak by die huis ook gekry, en glo my dit het gewerk!!!

vermeende ·

Lyfstraf is nie net in skole onwettig nie maar by die huis ook. My kind se gat het geklap soos myne ook maar het en vandag is hy n baie voorbeeldige jong man.
Vir my is daar n duidelike verskil tussen lyfstraf en tug.
In die tyd van slawe was daar lyfstraf en voor 94 het die hof party maal van laaitjies as straf gebruik gemaak, lyfstraf trek bloed, tug nie.

Ben Prinsloo ·

My seuns was in daardie skool. Ek ondersteun lyfstraf ten volle. So ken ons maar kommunisme- aftakeling van gesag.

Vlakvark ·

Ou vlakvark se gat het gereeld soos trein spoor gelyk. En ek is ” fine”
“Bring rottang terug#!!!

Lh ·

Probleem is meeste skole het nie meer koshuise met die samestellings van leerders soos lank terug nie. Van al Tom Naude se pragtige koshuise is basies niks meer in gebruik nie. Paar engelse kinders dalk maar ek glo nie veel ander nie.

JaNee ·

Foeter hul al van kleins af. Een tantrum Een pak en nie weer tantrums. Dis vandat die kinders die ouers “opvoed/grootmaak/die septer swaai” dat dit gaan soos dit gaan. Geen dissipline, verantwoordelikheid, verantwoording neem, waardes en norm.

Joss ·

Die onderwyser behoort n medalje te kry dat hy die kind so maniere geleer het. Al manier hoe hulle gaan verstaan om respek vir n onderwyser te he. Sit hom uit die skool as die ouers kom kla. ByTom Naude is daar nie plek vir sulke kinders nie. Maak plek vir opgevoede kinders. Dit was nog altyd n top skool.

Nou het ons moeilik ·

My skoonsus hou skool by ‘n gemengde skool…dubbelmedium en multikultureel. Daar slaan hulle nie met rottangs nie maar met die vuise. En as jy Bybels gaan kyk. Tug het niks te doen met rottang nie. Ons soek almal altyd iets om iets mee te doen. As die gesindheid in die hart reg is sal dit nie nodig wees om enige middel te gebruik nie….ons rottang behoort te wees….Die Woord van God! Lees maar vir julle kinders die boek van Spreuke. Al handboek wat ouers nodig het om kinders groot te maak!

FRED ·

JULLE HET DIE OPSKRIF VERKEERD GELEES OF MAROELA HET N FOUT BEGAAN. DIE REGTE OPSKRIF WAS ‘ONDERWYSER KRY LYFSTRAF BY KOSHUIS’ NOU SE DAE IS DIT MOS HOE DIT IS.

Johan Kruger ·

n Goeie pak slae op sy tyd het ons een baie belangrike ding geleer respek vir jou onderwysers en mense ouer as jouself. Daar was dissipline en orde in skole

Thea Gerber ·

Hoera vir daardie onderwyser. Hy het gedoen wat ons almal graag sou wou doen met die leerlinge sonder enige dissipline wat ons lewens so versuur. Nie alleen dryf hulle die onderwysers teen die mure uit nie, hulle ontneem die ander leerlinge van kwaliteit onderrig. Ek het ook gesien dat dit gewoonlik die ouer is wat self sy dogter slaan dat die hale soos treinspore oor haar bene lê die heel kwaadste word as daar aan sy bloedjie geraak word.

Cecily ·

As hy stout was en nie meer as 2 houe gekry het nie glo ek die straf was reg. N kind hoef nie dood geslaan te word om n les te leer nie. Ek is as kind elke keer amper dood geslaan met n rontang en glo my dit het baie skade gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.