Seun met asma red weduwee uit brandende huis

Argieffoto

Argieffoto

Jeandré Potgieter, ʼn tiener van Germiston aan die Oos-Rand wat aan asma ly, het oor die naweek ʼn vrou uit ʼn brandende huis gered.

Jeandré (15) het aan Netwerk24 gesê hy het oor ʼn twee meter lange hek geklouter om by die huis uit te kom en weet steeds nie hoe hy dit reggekry het nie. Hy het gesê hy was glad nie bang toe hy by die brandende huis ingehardloop het nie.

Corrie Potgieter, sy oupa, het gesê hy glo dit was adrenalien wat oorgeneem het.

Jeandré se oupa en sy oom, Cornél, is lede van die Elspark Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF). Hulle het Saterdagaand ʼn noodoproep ontvang en die drie het hulle na die brandende huis gehaas.

Corrie en Cornél het nog probeer om die hek oop te breek, toe klouter Jeandré al daaroor. Hy het die eienaar van die huis, ʼn weduwee in haar 40’s, in die kombuis aangetref. Sy was in ʼn verwarde toestand en haar gesig vol roet. Hy het haar gered en na buite gelei.

ʼn Buurman het aan Netwerk24 gesê die vrou het gegil dat haar huis brand en is toe terug in die huis om haar drie honde, wat die brand oorleef het, te red.

Sy woon in die huis saam met haar skoonpa en haar seun. Hulle was nie tuis tydens die voorval nie.

Die brand het vinnig deur die huis versprei. Buiten die mure het daar nie veel van die gebou oorgebly nie.

Jeandré het gesê die vlamme het al na die kombuis begin versprei toe hy by die huis ingegaan en die vrou na veiligheid gelei het. Hy en die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hulle vir rookinaseming behandel is. Hulle is albei op dieselfde dag ontslaan.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rikku ·

Wat n brave seun. Jeandre jou ouers is seker so trots op jou.
Mooi so, jy het nie vir een oomblik aan jou eie veiligheid gedink nie, net gedoen wat jy moes.
Baie trots op.
Rikku

Lizette Potgieter ·

Ja ek as ouma is baie trots op my kleinseun, en net dankbaar die Liewe Vader se engele hom beskem het.

Elfie ·

Mooi so! Ek hoop jy kry een of ander dapperheidstoekenning – jy is ‘n uitstekende voorbeeld vir jonges! Ouma, jy mag maar trots op hom wees!

Vanessa ·

Baie dankie julle, Jeandre is beslis n droom seun. Ek is een BAIE trotse Ouer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.