Seun met Guillain-Barré: Só gaan dit met Giovanni

Giovanni Hendriks in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

Die tienerseun van Pretoria wat al langer as ʼn maand weens Guillain-Barré-sindroom aan ʼn hospitaalbed gekluister is, begin stadig maar seker weer beweeg.

“Sy spiere werk nóg nie, maar dit gaan een van die dae begin. Ek glo en vertrou,” het Giani Hendriks Woensdag gesê. Sy seun Giovanni word vir die tweede keer in sy 17 jaar deur dié sindroom lamgelê.

Maroela Media het vroeër berig Giovanni het agt jaar terug wonderbaarlik van dié sindroom genees nadat hy slegs 11 dae lank in die hospitaal daarvoor behandel is, maar toe hy een middag aan die einde van Februarie vanjaar ʼn krapperigheid in sy keel voel, het hy besef die sindroom is terug.

Giovanni kon sowat ʼn uur later nie praat nie en teen die volgende oggend nie ʼn vinger verroer nie. Hy is gevolglik in die hoësorgeenheid van die Kalafong-hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy sedertdien aansterk.

Giovanni Hendriks (Foto: Verskaf)

“Dit gaan darem al beter met hom. Hy kan sy oë nou al byna heeltemal oopmaak en sy kop op en af en na links en regs beweeg. Hy kan ook al sy kakebeen en tong beweeg,” het Giani Woensdag verduidelik.

Hoewel Giovanni wakker is, kan hy nog steeds nie praat nie. “Hy kan met ons kommunikeer met sy kop en sy oë en verstaan alles wanneer jy met hom praat,” het Giani gesê.

Giovanni het oor die afgelope maand infeksie in sy linkerlong opgedoen, maar ook dié infeksie is aan’t opklaar. Hospitaalpersoneel het hom intussen ook op ʼn nuwe kosplan geplaas wat hom van meer energie en proteiën voorsien om sy kragte te herwin.

Giovanni se ma, Elize, was verlede maand in gesprek met Maroela Media oortuig daarvan dat Giovanni sal herstel. “Hier is ʼn wonderwerk op pad en dit is naby,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann cb ·

Ek het nou self vir jou gebid Giovanni. Saam met almal glo ek in jou volkome herstel! Sterkte aan die hele gesin!

Jan Brand ·

Baie sterkte, Giovanni, ek hoop jy is gou beter.
Pasop maar vir die gebiddery, dit werk nie. Luister liewer vir die dokters.

Veronica van der Westhuizen ·

@ Jan Brand ~ dis agv die gebid dat Giovanni vordering maak….. Jy ken nie sy of ons as familie se omstadingheid in hierdie saak nie!! En as dit nie was vir almal se gebed en my suster en swaer se geloof nie was ons dalk al lankal voor n oop graf! Daarom bid ons en ander mense vir die Dokters ook sodat hulle werk suksesvol kan wees. Giovanni gaan nog ‘n wonderlike getuienis kom gee oor waardeur hy hier moes gaan – glo my dis glad nie maklik nie. Ek is regtig jammer dat jy voel gebed werk nie, gebed is soos ‘n rots in ‘n ontstuimige see op hierdie oomblik van ons lewe.

Louise ·

Jan Brand hierdie seun is ‘n Christen en glo self hy sal ten volle genees word deur Jesus Christus. Ek en ek is seker van die ander lesers sal vir jou bid sodat jy ook die seën van die Here oor jou lewe sal ontvang. Giovanni ek bid vir volkome herstel sodat jy kan getuig dat jy 2 maal wonderbaarlik genees is. Moenie dat vrees jou weer oorval nie. Sodra jy enige negatiewe gedagtes ervaar verklaar dit en spreek positiewe woorde sodat die negatiewe nie die oorhand ooit weer oor jou kry nie.

Onbekend ·

Ek wil net biiterlik graag vir jou se dit is baie vieslik en gemeen wat jy gese het waar almal dit kan sien. Giovanni en sy familie is my familie ook so ja dit is baie vieslik. maar weet jy wat ek sal jou vergewe vir dit en mag die Here jou seen

Kobie Jacobs ·

Jan Brand: HOE weet jy die ‘gebiddery’ werk nie? En waarvoor die ‘pasop’? Miskien moet jy ‘pasop’ in nederige erkentlikheid van jou (ons) doemwaardigheid voor die Almagtige Heilige God wat in staat is om Giovanni deur te dra EN te genees ooreenkomstig Sy wil, met of sonder dokters se bydrae. Giovanni se lewe is in Sy hande, en ons glo EN bid dat Sy wil geskied.

Nee-wat ·

Jy is verkeerd Jan. Gebede is lewendig en dit werk. Dit beteken nie dat hulle nie van medici gebruik gaan maak nie maar ek kan omonwonde sê gebede werk beslis

annalie ·

Aan Jan Brand ek voel so jammer vir jou dat jy dink bid help nie. God is groot en ja, almal word nie altyd gesond soos ons menslik wil hê nie, maar dis nie vir ons om dit te bevraagteken nie. Aan Giovanni se familie, ek bid dat julle sterk sal wees vir julle kind in hierdie moeilke tyd.

Stella ·

My Seun is verlede jaar gedegniseer met die siekte,nou Tien maande,hy Kon gladnie loop nie,maar net begin loop na ses maande,kan nog net nie sy hande gebruik nie,maar dit sal ook herstel,met baie geduld,doen hy partykeer iets met sy hande,party dae gladnie.

Leser ·

Wonderlike nuus!!! Ons bly GLO dat jy sal herstel. Prys die Here vir jou vordering tot dusver!!

Sandra ·

Jan Brand, jy het nou weer ‘n duif in die hoenderhok probeer gooi. Oppas dat jy nie eendag in ‘n situasie beland waar gebed ook die enigste opsie is nie. Want as jy nie glo nie, SAL dit ongelukkig nie werk nie.

Madelu ·

Ek kommentaar nooit op Maroela Media , maar ek geniet dit altyd om almal se kommentaar te lees …. vandag val ek amper van my stoel af en voel hoe my arm hare rys soos ek skrik vir jou woorde Jan Brand , miskien weet ek nie waarvoor jy al gebid het dat jy voel gebede werk nie …. maar met jou woorde spreek jy dood en nie lewe nie. Hierdie seun het gebed nodig so ook sy Vader en Moeder en familie om hom. As jy n Maroela Media leser is kyk na die artikel gebed . Ek gaan vir jou bid net omdat ek weet God luister en antwoord sodat hy ook jou hart kan verander. Ek kan nie wag vir hierdie seun en Familie se getuienis nie.

Gesiggie ·

Jan Brand…. as jy teen die tyd nog nie weet dat hoe meer gebede hoe meer wonderwerke” die krag van gebed is so sterk en die geneesing van God is ongelooflik” meskien moet jy saam Bid…. dokters kan raad gee en doen wat hul kan, maar God kan genees. Sterkte aan Giovanni .. hou moed seun en aan sy ouers God is Good all the time…. als sal weer beter gaan.

James ·

Kan julle laat weet as die mense nog finansiele hulp nodig het. Ek sal graag help. Sterkte aan julle! Ek bid gereeld met TROTS en GLO hy sal gesond word!

Onbekend ·

Hi James. ek het met my vriendin gesels. sy se Oom Giani hulle kort nog baie hulp. hulle sal dit baie wardeur. dankie vir jou hulp dit beteken vrek baie vir my en hulle.

Jack Daniel ·

Daar is a Geneesheer veel groter as enige dr. en Sy Naam is JESUS.
He is the only Healer!! Ek kan persoonlik daarvan getuig!
Ons bid dat Hy die Dr’s en medikasie sal seen!!
Giovanni ou seun!! Ons bid vir jou n Onthou – Jesus het jou so geweldig Baie lief n dat Jy nooit, NOOIT, alleen is nie. Jesus hou wag by jou bed!! Hy het klaar die genesing gedoen!!
GEBED:
Here U is “Jehova Rapha” Die God, my Geneesheer.

Dankie vir U liefde, U my genesende drie-enige Godheid uit die Hemel, en
ek sal aan ander getuig van U genesings krag. Laat U wil geskied in my
lewe. Here ek bid dit nie uit gewoonte of uit verdienste nie, maar slegs
deur U genade alleen.

Amen en Amen
Sterkte! Jy n jou family is in Ons gebede!

Onbekend ·

James – Dankie vir die ondersteuning en als. Ek sal by die familie hoor of hul nog ietsie nodig het en jou laat weet. Ek ken die familie persoonlik en soos ek op die vorige berig gese het ek en Giovanni se niggie is beste vriendinne so ja. Dankie vir almal se ondersteuning en gebede dit gaan baie goed met Giovanni. Die Here is besig om hard te werk aan hom en een van die dae se al die berigte dat hy ontslaan is. Almal van julle is amazing en baie baie dankie vir die bystand.

Geseende dag vir elke liewe een van julle

Kobie Jacobs ·

Jan Brand: HOE weet jy die ‘gebiddery’ werk nie? En waarvoor die ‘pasop’? Miskien moet jy ‘pasop’ in nederige erkentlikheid van jou (ons) doemwaardigheid voor die Almagtige Heilige God wat in staat is om Giovanni deur te dra EN te genees ooreenkomstig Sy wil, met of sonder dokters se bydrae. Giovanni se lewe is in Sy hande, en ons glo EN bid dat Sy wil geskied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.