Seun met tuinslang gespuit: Ouers en skool vergader

Die foto is digitaal gemanipuleer om die seuntjie, skool en werker se identiteite te beskerm. Foto: Facebook

Die ouers van die driejarige seuntjie wat Maandag heeltemal kaal in die snerpende koue in Rustenburg met ’n tuinslang afgespuit is, het Donderdag uiteindelik met rolspelers vergader by die kleuterskool waar die voorval plaasgevind het.

Die seun se 38-jarige pa, wie se naam weerhou word om die seuntjie se identiteit te beskerm, het aan Maroela Media gesê hulle het om 17:30 met die skoolhoof, wat ook die eienaar van die kleuterskool is, ʼn juffrou wat in ʼn senior posisie is, en die werker wat die seuntjie gewas het, vergader.

“Ná sowat ʼn uur het ons ʼn doodloopstraat bereik. Die skool sien niks fout met wat hulle gedoen het nie, toon geen berou nie en het nie eens om verskoning gevra nie,” het hy Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Ek het hulle pertinent gevra of hulle dink dit is reg om ʼn kind kaal buite in die koue met koue water nat te spuit en hulle bly by hul standpunt dat hulle bloot net ʼn kind skoongemaak het wat ʼn glipsie gehad het.”

Die pa het gesê daar is aan hom verduidelik dat al die kinders buite gespeel het toe die voorval plaasgevind het.

Die juffrou wat toesig gehou het, is vlugtig in die gebou in om haar kosblik te gaan bêre toe sy hoor daar loop water in die seuntjies se badkamer. Sy het glo die werker opdrag gegee om te gaan kyk of een van die kinders dalk ʼn kraan oopgelos het.

“Die werker sien toe my seuntjie se maag het gewerk en hy was met toiletpapier en water besig om homself te probeer skoonmaak. Hy wou gaan piepie en toe het sy magie gewerk. Sy klere en die badkamer was glo bemors.”

Volgens die pa is daar aan hom verduidelik die werker het die seun na buite geneem aangesien die badkamer bemors was. Die seun en die werker is buite na ʼn afgesonderde hoekie wat buite sig is.

“Die werker beweer sy het daar sy klere uitgetrek en warm water in ʼn 5ℓ-emmer gegooi waarmee sy hom eers afgewas het, terwyl die tuinier sy klere met ʼn tuinslang afgespuit het. Die werker het dit self aan ons verduidelik, maar het haarself in ʼn stadium weerspreek en gesê daar was koue water in die emmer. So ons weet nie eintlik of daar regtig warm water in was nie.”

Hy het gesê daarna het sy die tuinslang, met koue water, gebruik net om van die knie af ondertoe te spuit. Die seun het erg gehuil. Die juffrou het omgestap om te kyk wat aangaan en het toe gesien die werker is “amper klaar” met die skoonmaakproses.

Dit is in dié tyd wat die vrou wat alles aan die lig gebring het, Annelie Nel (52), en haar kollega, ʼn onderwyser, by die skool stilgehou het om aanwysings te vra.

“Annelie is na die voorhek en het die skoolhoof daar ontmoet en haar vir aanwysings gevra. Intussen het Annelie en haar kollega gehoor hoe erg huil my kind. Die skoolhoof beweer egter sy het hom nie hoor huil nie. Toe Annelie terugkom by die voertuig waarin sy en die kollega was, het haar kollega vir haar gesê die seun is kaal en word natgespuit en dit is toe dat die kollega die foto (presies om 12:46) geneem het.”

Hy verduidelik dat die plek waar sy seuntjie, een van ʼn tweeling, gewas en afgespuit is, nie sigbaar van die pad of van die skoolhek is nie. “Die werker beweer sy het die handdoek in die kombuis vergeet. Die foto is presies geneem toe my seuntjie kaal agter haar aangeloop het om die handdoek te gaan kry. Dit was wel in die openbaar,” het hy bygevoeg.

“Hulle beweer dit is die eerste keer dat hulle ʼn kind só skoonmaak, en dat hulle dit net gedoen het omdat die badkamer bemors was. Ons het egter bewyse van meer ouers en ʼn oudonderwyser wat daar gewerk het wat beweer dit het al verskeie kere gebeur.”

Die pa het ook gevra wie opdrag gegee het dat sy seun só skoongemaak moet word. “Die werker het gesê sy het self besluit om dit te doen. Maar ek neem die juffrou kwalik. Sy het gesien wat gebeur het, maar nie tussenbeide getree nie omdat sy gesien het hulle is amper klaar. Sy is ʼn senior personeellid en kon besef het dit is gevaarlik omdat my kind kan siek word as hy kaal op die koudste dag van die winter só skoongemaak word. Die juffrou is toe na die skoolhoof om te sê wat gebeur het en dat my seun huil. Die skoolhoof het toe gaan kyk vir skoon klere, maar daar was nie. Dit is tóé dat sy my vrou (presies om 12:49) gebel het. Ons woon skaars vyf minute se ry van die skool en my vrou het soontoe gery om vir hom klere te vat.”

Toe die 36-jarige ma daar opdaag, het haar seuntjie buite op die skoolhoof se skoot gesit met ʼn handdoekie om hom. “Die skoolhoof sê dit was haar manier om hom te troos en compassion te wys, want hy het toe nog gehuil. My vrou het hom daarna huis toe gevat,” het die pa gesê.

Die skool het glo aanvanklik Maandag ʼn ander weergawe vertel, maar die ma was nie dadelik bewus daarvan nie. Hulle het dit eers die volgende dag uitgevind toe hulle Nel se veelbesproke plasing op Facebook gesien het. Sy het die foto, wat haar kollega geneem het, op Facebook gedeel omdat sy ʼn passie vir kinders het. Sy was van mening dit wat gebeur het, is nie aanvaarbaar nie, en sy wou graag die ouers opspoor. Die seuntjie se ma was woedend toe sy Dinsdag die plasing sien en het dadelik haar seuntjies uit die skool gaan haal.

Die seuntjies is in dié kleuterskool sedert hulle een jaar oud is.

Die pa het gesê hulle is besig om ʼn nuwe kleuterskool vir hul tweeling te soek en dat hulle nie met die twee oor die voorval praat nie. “Sy boetie het eergisteraand egter uit sy eie gesê hy het sy boetie jammer gekry en wou graag na hom toe gaan toe hy hom so erg hoor huil.”

Die pa het gesê hy gaan beslis verdere stappe doen deur die departement van maatskaplike werk en die departement van onderwys van die voorval in te lig sodat ʼn behoorlike ondersoek by dié kleuterskool gedoen kan word.

Childline is ook intussen van die voorval bewus gemaak en begin volgende week met ʼn ondersoek om te bepaal of dit moontlik kindermishandeling was.

“Wat vir my die ergste is, is dat hulle niks fout sien met wat gebeur het nie en ‘die hele bohaai ongegrond is’, volgens hulle. In ʼn stadium wou ons weet of hulle dit met hul eie kinders sou doen, waarop die juffrou geantwoord het sy sou nie,” het die pa gesê.

Die eienaar van die kleuterskool kon Vrydag steeds nie vir kommentaar bereik word nie ná verskeie pogings sedert Dinsdag aangewend is. Sy is glo Dinsdag in die hospitaal opgeneem en moes Woensdag ʼn operasie ondergaan, maar is intussen ontslaan. Maroela Media kon wel Dinsdagoggend die skoolhoof bereik, maar sy het geweier om oor die telefoon kommentaar te lewer en het ʼn persoonlike onderhoud versoek. Sy het sedertdien op geen verdere navrae reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Oor Reageer ·

Water is LEWE. Water is ‘n GESKENK van Bo. Water (koud of warm) moet met ‘n DANKBARE hart GENIET en gebruik word.

Ouer ·

Ek weet darem nie of ek so kalm soos hierdie seun se ouers sou kon bly nie. My bloed kook, en dis nie eers my kind nie!!

Bokkie van der Merwe ·

Kyk as dit my kind het 1000 duiwels op hulle neergedaal.Ek spuit nie eers my honde met koue water af nie.Die ouers het rede om kwaad te wees.Sluit daai kleuterskool.

Christo ·

@ Bokkie , n Duisend duiwels is te min. Man , vrou wit of swart pienk of pers, jy sal nie die lig van n volgende dag sien nie, dit is onmenslik!! My kind is my trots en ek sal alles op offer vir haar en ek sal haar besekerm teen als wat ek kan, as iemand haar seer maak of te na kom dan sal ek dit my missie maak om hulle te laat betaal. Ek as ouer is hoogs ontsteld hier oor.

Miranda ·

Ja… kinders maak hulle self vuil… myne het dit ook gedoen toe hulle klein en besig met potty training was. Maar nog nooit het enige iemand hulle met koue water afgespuit om skoon te maak nie. Ek het hulle wel in die bad gesit en met WARM water afgespuit om die ergste vuil af te was en dan bad water ingetap of verder afgewas met ‘n warm lappie en seep! Dis skandelik en vernederend vir daai outjie – en ek kan nie glo die onderwyser sien niks verkeerd daarmee nie!

Tanya ·

Ek ril om te dink dat daar NOGSTEEDS dalk kinders in daai skool is en dat die ander ouers nog nie hul kinders onmiddelik uitgehaal het nie! Dink net as hy dalk vir 3 jaar lank so afgespuit is…

Hilda ·

My vraag is net, kan so klein seuntjie die plek so bemors dat hulle hom nie binne kon skoonmaak nie? Dis mos nie n grootmens nie! En ek twyfel ook dat n grootmens so iets kan doen. Dis nie n olifant nie dis n klein seuntjie. Hulle antwoorde is onaanvaarbaar.

Zumie ·

In ‘n land vol moord en doodslag lyk hierdie vir my maar na flou non-nuus.

Moord VS Kindermishadeling ·

Regtig Zuma…. Zumie…
Is kindermishandeling non-nuus?

Kobus Smit ·

Stem saam. Los tog nou hierdie flou storie en vertel eerder of daai 2 swart plaasmoordenaars wat ontsnap het uit aanhouding daar in Noord Wes al opgespoor is. Een van die 3 is gevang en toe loop die storie dood. Dit was n maand of 2 gelede

Nog n mamma ·

Duidelik het jy nie kinders nie. Want ware ouers sal dit nie toelaat nie

Zumie ·

Liewe MoordvsKindermishandeling kyk gerus in die howe hoe lyk regte kindermishandeling en liewe nog’n mamma – ek het 2 dogters maar ek dink steeds dat afspuit met koue water van ‘n kind een van die minder gevaarlike goed is wat met ‘n kind kan gebeur. Kyk liewer vir goed soos mishandeling, swak, verkeerde of geen opvoeding en oorbeskermende ouers as jy nadelige faktore soek. Soos ek Rustenburg onthou is koue water meestal ‘n verligting…..

Jeannette ·

Ek neig om saam te stem met julle Zumie en Kobus Smit. Dit is onaanvaarbaar wat met die ou seuntjie gebeur het, dat hy in die verskriklike koue met koue water afgespuit is soos ‘n mens ‘n hond (miskien) sou was. En sy ouers het die volste reg om die skool, die onderwyseres en die skoolhoof aan te vat en deur die regte kanale ondersoek(e) van staple te stuur , maar regtig? Die seuntjie is nie dood of het klaarblyklik nie drie-dubbele longontsteking opgedoen deur aan die koue water blootgestel te word nie (mense glo lyk my nog altyd in daai ding van koue wat verkoues, griep en lugweginfeksies veroorsaak, al is dit bitter ver van die waarheid).

Daar is belangriker goed as ‘n bevuilde seuntjie wat vyf dae gelede so behandel is. Mense word vermoor, vroue word verkrag, kinders word verwaarloos, oorloë en natuurrampe vind plaas. En nee, ek het nie kinders nie (dankie tog nie, as ek so kyk na hoe party mense aangaan oor hul ou bloedjies).

EvW ·

Behandel my kind so en ons sal sien of dit non nuus sal wees!!!!!! Jy gee seker nie om v kinders nie…..

EvW ·

Hoop die welsyn maak julle plek toe want maak nie saak watse verskoning julle het noe dit was viesluk wat julle teenoor daai kind gedoen het

Ja Zumie jy is 100%... ·

…reg!
Media en owehede moenie ons tyd mors met bietjie koue water uit n tuinslang nie! Wag tot die kind blou geslaan is of dood is aan brongitus… DAN is dir n juicy storie..
Ja ja. Verseker. ZUMIE vir President!

Ronell ·

Ag nee regtig, is dit nodig om so gevoelloos te wees? Dit is ‘n klein weerlose kindjie wat homself nie teen volwassenes kan verdedig nie, en ja die geval is net so erg soos moord en doodslag, dit is kindermishandeling. Ek is heeltemal oortuig daarvan dat jy as volwassene nie eers in die winter in ‘n swembad sal spring nie want jy weet voor jou siel dat koue ‘n skok op jou liggaam is en gevolglik eintlik pylik is.

chrissie ·

Kyk een ding kan ek sê, as dit my kind was het ek behoorlik gesorg dat daar nie meer een kind in daardie skool is nie..ek was self n kleuter juffrou, en het baie sulke gevalle gehad..jy trek maar die ou kleertjies uit en leen by n ander maatjie wat wel het met daardie ouers se toestemming, of jy sorg maar as skool vir ekstra kleertjies wat die skool altyd byderhand hou. Dit is onanfaarbaar dat dit gebeur!!!

FJD ·

Geen kind verdien om so behandel te word nie, die verskonings is maar flou ek kan hulle een ding belowe as dit my kleinseun was sou hulle meer as net koue water in die winter op hulle kaal sterre
gekry het, sies wat n skande !!!

Alida ·

Hier word nou werklik ‘n groot lawaai gemaak oor eintlik niks. Ja, ek stem saam dit is winter en dit is koud. Sekerlik is daar tenminste een warm stort of bad by die skool. Hoeveel keer het ons nie ons kinders op die gras laat hardloop in die somer en natgespuit met die tuinslang nie. Die kinders het teruggekom vir nog want dit was groot pret.
Ons was nie daar om self te sien hoe dit hanteer is nie dus bly ons maar stil.

Ruby ·

Wat het jou kinders wat in die SOMER met water natgespuit word met hierdie storie te doen?

Francois le Cochon ·

@Alida. Stem saam. Hier word nou ‘n berg van ‘n molshoop gemaak. Om in hierdie situasie ‘n kind buite af te spoel, selfs met koue water, is niks mee verkeerd nie. Kinders sal selfs mekaar in die winter met koue water natspuit, en dan is dit groot pret.

Tonka ·

Stem 100% met jou saam Alida. Koue water in die Winter stem ek nie mee saam nie. Ek het self my seun in die Somer met die tuinslang afgespuit as hy n glips gehad het. Hy self het dit altyd geniet en gedink dit is groot pret. Hy is vandag n grootman met eie kinders en dink nog dit was lekker snaaks dat sy pa hom so skoon gemaak het.

Kathy ·

Somer is nie winter nie ja my kinders is ook nat gespuit oo die gras hulle was egter nie kaal nie en nooit ook nie verneder nie. Daai skool kan bly wees dit was nie een van my kinders of kleinkinders nie.

Bekommerde Mamma ·

Alida, bly dan maar eerder heeltemal stil, want jy praat jou kop se nonsens.

Arizona ·

Alida, jy spuit jou kinders af in die somer want dis warm en sonnig, net soos kinders toegelaat word om te swem in die somer, wys jy my n ouer wat hulle kinders in die winter laat afspuit met n tuin slang, asseblief man. Jy jouself trek seker meer as een laag klere aan voor jy uit gaan buite toe nie. Hierdie is niks anders as kindermishandeling nie. My seuntjie is 3 jaar oud en glo my ek sal alles behalwe kalm gewees het. Ek sou hulle rede gegee het om my onder polisie bewaaking by die skool weg te neem.

Nog n mamma ·

Die feit dat die seuntjie besig was om met water en toilet papier die badkamer skoon te maak wys alreeds hoe bang hy was, dat hy nie die vertroue gehad het in een van die onderwysers om hulle vir hulp te vra nie maar eerder self dit wou skoonmaak en dan net om verneder te word. Ek stem saam ek sou ook nie so kalm gewees het nie

Jeannette ·

Of miskien is hy net geleer deur mamma om skoon te maak waar jy gemors het? Dalk het dit niks met vrees vir die juffrou of skoolhoof te doen nie?

Anne ·

Ek het dieselfde gedink. Klink of die kind te bang was om iemand te vra om hom te help. Skandelik om ‘n kind in die winter met koue water buite af te spuit. Wonder of hulle dit met hulle eie kinders sal doen.

Oumie ·

Foeitog…My hart huil vir hierdie ou seuntjie, en vir soveel ander kindertjies wat mishandel word in dagsorg ens. Want mishandeling is dit beslis! My vraag is, hoekom sou die ou seuntjie homself probeer skoonmaak het met toiletpapier en water? Dalk bang gewees dat hy gaan raas kry of erger nog…Afgespuit word met koue water? Hoeveel keer het ek al die woorde gehoor…”my kind/kinders is vreeslik gelukkig in die skooltjie waar hul is” ..Net om dan later te hoor hoe sleg hul behandel was. Voor die ouers maak sommige oppassers/onderwysers/skoolhoofde asof jou kind hul na aan die hart le…maar agteraf is ‘n ander storie. Sies vir almal wat bewus was van wat met die seuntjie gebeur en hom gehoor het, en toe verkies het om ander tekyk en doof te speel. SIES!!!

Elize C ·

Oumie, dit was my 1ste gedagte ook, dat die kindjie self probeer skoon maak het omdat dit dalk presies is wat van hulle verwag word by die skool: as hulle ‘n glipsie gehad het, moet hulle self skoonmaak. Ek glo as ‘n 3-jarige kindjie onder normale omstandighede skielik ‘n maag-aandoening kry en sy broekie bevuil, hy eerder sal begin huil en onbevrees na ‘n juffrou sal loop om te kerm daaroor en te vra vir hulp, hy gaan NIE self probeer skoonmaak nie. Dit is vir my duidelik hy was bang vir die gevolge. Ek het nog nooit verstaan hoe sommige mense dink DIT is die manier om ‘n kind te potty train nie, om hom so met nat/vuil broekie te laat loop vir ure, of hom self te laat skoonmaak. Koue tuinslang-afspuit gaan wragtag ook nie die trick doen nie! Magtag man, dit maak die kind net NOG meer op sy senuwees wat ‘n waarborg is vir verdere glipsies. Soms vra ‘n kind ook om verskoon te word want hy wil die toilet gaan gebruik, dan word daar gesê hy moet eers wag, dis nou-nou pouse of wat ook al. Jinne mense, besef tog net ‘n kleintjie van daardie ouderdom knyp (onbewustelik) in elk geval tot hy basies nie meer kan hou nie, veral as hulle besig is om te speel, voor hy sê hy wil gaan, hy kan nie dan NOG langer wag nie! Ek stem saam met chrissie: DIT is hoe dit hanteer moet word.

Oumie ·

Alida om ‘n kind in die somer te laat speel met water uit ‘n tuinslang kan jy regtig nie vergelyk met koue water op die koudste dag in Rustenburg nie. Regtig?

Alida ·

Lees my kommentaar behoorlik dan sal jy verstaan wat ek se.

Ai tog ·

As mens regtig nie kan lees. Die kleintjie is buite in koudste dag met koue water heel kaalgat afgespuit sonder handoek ingeneem, niks kan vergelyking met somer afspuitregverdig. Ons het juis boodskap mooi gelees. Onmenslik, onregverdig en 1ste stappe in kindermishandeling, wat gebeur agter toe deure as jy al so roekeloos in openbaar is. Verder ons almal maak foute, dit is hoe jy regmaak, hul jok, smeer toe, ek is positief dat n verskoning en berou die einde van alles sou wees. Sulke mense mag nie met kinders werk nie.

Swartkat ·

Daar is seker nie water beperkings in Rustenburg nie want dan was dit onwettig om die tuinslang te gebruik. Kan bly wees sy het nie die kind in die tuimeldroer gesit nie. Boikot haar sy dink net aan die geld!!

Uvonka ·

Aan alle Mamma’s en Pappa’s wat kinder by daai kleuterskool het, maak hulle deure toe. Die arrogansie en vele verskonings van die personeel is onaanvaarbaar. Dit maak nie saak wie, wat , waar of hoe nie, dit was wreed om dit aan die outjie te doen. Ek sidder om te dink wat nog als daar gebeur het of in toekoms sal gebeur.

Lba ·

Ek stem volmondig saam. En as dit vir party mense so oninerressnt is horkom lees en dan nog komentaar ook lewer

Mielie ·

Gaan die skool oom nou besoek word deur die LUR of doen hulle dit om politieke redes

Susan ·

Die skool probeer nou naarstigtelik na strooihalms gryp en elke storie word verdraai om hulle onbevoegdheid in hierdie geval toe te smeer. Die werker word nou blameer, maar hy of sy sou NIE gedink het dit sal reg wees as hy nie voorheen daarvoor opdrag gekry het nie. Al hoekom hulle nou so keer is omdat dit in die media is waar dit hoort.

Lea ·

Se nou maar die outjie was van n ander ras, Oompie Lesufi sal die skool self gaan sluit het…en dit sou op elke tv en radiostasie bespreek was EN Rustenburg sou by die tyd in ligte wees,maar nou is dit nie… Stem saam met jou Susan

Ada ·

O My genade mense – kry julle kinders uit daardie skooltjie so gou as moontlik, want as hulle dink daar is niks mee verkeerd met wat hulle gedoen het nie – wat is daar nog wat hulle dink “niks mee verkeerd” is nie!

chrissie ·

Sekere mense moet dalk maar bietjie in die winter met koue water afgespuit word AANGESIEN dit mos nie so koud is nie… belaglik!

Jeannette ·

@Chrissie, ek kry genoeg (omtrent daagliks) ‘n yskoue stort, want ons water toevloei in ons badkamer is maar temperamenteel. Een oomblik staan jy nog onder ‘n lekker warm stort en die volgende oomblik sjwoesj ‘n straal koue water oor jou. Ek het al fiks geword van die flink-uit-die-bad-uitspringery! :-)

Blom ·

My hart! En die arme seuntjie het selfs probeer skoonmaak dan word hy so behandel! Ek hoop die ouers lig al die ander ouers in wat daar aan die gang is.

Lcom ·

WEB CAMARAS IN SKOLE ,OP DIE SPEEL GRONDE ,EN IN KLASKAMERS SO OUERS KAN SIEN WAT AAN GAAN VAN N SELL FOON AF ENIGE TYD. MISKIEN SAL JULLE KINDERS BAIE BETER BEHANDEL WORD.

Alida ·

Ek is bly daar is darem mense wat saam met my stem. Kinders is nie bang vir water nie winter of somer!!! Verstaan my tog asb nou : Ek het gevra of daar nie ‘n bad of stort met warm water was om die kind mee af te spoel nie.

?!? ·

Alida, as die kind so gelukkig was in die water soos wat jy probeer voorgee, sou hy nie so geHUIL het nie. En lank daarna nog so geHUIL het nie! Dink jy dit was trane van blydskap?

Almal wat hier kommentaar lewer dat dit nie so erg is nie: die sleutelwoord hier is die kind het geHUIL!

Sou julle self wou hê iemand moet dit aan julle doen, grootmense? Sou julle dit geniet het? Nie een van julle sal eerlik “ja” kan antwoord nie.

Jeanette, jy spring uit die stort – dit wys juis jy wil nie eens koue water wat jy VERWAG gaan/kan kom (jy gaan mos stort en weet jou warm water is onbetroubaar) hê op jou lyf binne die stort, die badkamer en jou huis nie – maar die seuntjie moet koue water op sy kaal lyfie aanvaar op ‘n bitter KOUE dag BUITE? Hy kon nêrens heen “spring” nie…

Ek praat onder korreksie maar ek dink ek het al ‘n dokumentêr gesien waarin Jode in die Nazi-kampe op dieselfde wyse só kaal in die koue met water natgespuit is …

Dit gaan my verstand en begrip te bowe dat ENIGEEN kan dink dat dit nie so erg is om ‘n driejarige WEERLOSE kind op ‘n yskoue dag met koue water nat te spuit nie – dit is eenvoudig WREED.

Wouter ·

Die skool het verkeerd gehandel. So eenvoudig soos dit. Dit kan blywende skade veroorsaak. N Kind se potty train dae is n belangrike tyd. Respek op privaatheid en dat dit ok is om glipsies te hê. Dit moet met kennis en deursigtigheid aangepak word.

Maryna ·

Ek weet darem nie. Ek sien nie eers ñ emmer nie. As die badkamer so bemors was… Kon hulle hom mos elk geval eers skoongemaak het en dan die badkamer. Glo my daar het my kop my verlaat. Daar word op daai kind gepik… Hoop nie daai ouers stuur ooit hulle kinders terug na daai skool toe nie. PATETIES!!! Hoop childline kan regtig die ouers help.

Marinda Bakkes ·

Glo my ek is so bly dit het media en nuus dekking gekry anders sou ons nie bewus gewees het van wat daar gebeur het nie, en terselfdetyd hou dit die ander skole op hul tone. Baie dankie Maroela dat julle ons op hoogte hou en weereens dankie Annelie dat jy dit op sosiale media gesit het. En aan die ouers wil ek vra gaan aan met die ondersoek… die wat dit nie nuuswaardig vind nie skrol verby, dis mos maklik, jy hoef nie te lees nie, hier is wel ander wat belangstel en dit volg…

Mel ·

Wat my pla is hoekom die seuntjie eers self probeer skoonmaak het. My opinie – hy is al voorheen ‘geshame’ oor hy dalk ‘n glips gehad het.
Ek is oor die algemeen ‘n ‘rustige’ ma – wat nie net blindelings my kinders se kant vat in enige situasie tensy ek dit van alle kante bekyk het nie – maar hierdie sal my mal maak! Dis onmenslik om ‘n kind buite in die koue af te spuit! Dis erg genoeg om hom in die koue net kaal buite te gehad het.
Ek is bly dit word ondersoek.

bren ·

Totaal onaanvaarbare gedrag!!! daai arme ou dingetjie het n normale glipsie gehad; en dis hoe hul dit hanteer? kla hul aan en sluit die skool!! Mal onderwysers met mal tegnieke; toesig is nodeloos ZERO!! my kleinkind se hande was in rooiverf gedruk deur n juffr omdat sy blommetjies gepluk het, en moes so loop hele dag! watse tipe mens doen dit?? nee wat, ons kinders is ons toekoms; hoekom hul nou al breek en uitstres??

MMM ·

OH my goodness…..die feit dat hy homself skoonmaak wys nie dat hy bang was nie dit beteken hy het maniere want obviously het die seuntjie hom verskriklik bevuil hy moes n plan maak. dit het niks met bang geit uit te waai nie.

ons weet nooit die omstandighede in so plek nie.

hoe op AARDE HOE OP AARDE wil julle mense hierdie klassifiseer as kinder mishandeling?!?!?!?!?!?!

het julle aal ooit gesien hoe lyk n kind wat simpel geslaan is? nou wil julle n vrou in n tronk laat sit wat n kind met n tuinslang afgespuit het…in die selfde tronk waar iemand n kind gebrand het of geslaan het of erger verkrag het….mens moet regtig verder dink as dit asseblief.

ja die skool kan ander stappe neem en `n beter stelsel insit m hierdie gevalle te beheer. maar kindermishandeling? moenie belaglik wees nie asseblief. dit is nie regverdig nie.

hierdie ruk handuit omdat mense flureer op hierdie tipe gevalle waar hulle ondewysers kan nail. kyk wat het gebeur met die klas toe die een swart maaitjie aleen sit toe is dit ook hand uitgeruk.

niemand is perfek nie. Sê jy stem nie saam nie. maar ek belowe kind van 3 of 4 sal nie getraumatiseer wees vir sy lewe agv n tuinslang nie.

moenie drastiese stappe soos kindermishandeling in die selfde klas as hierdie plaas nie.

daar is ander measures. regtig waar……

Sonneblom ·

MMM, ek stem saam met jou. En heelwaarskynlik bly die persoon wat die seuntjie afgespuit het in`n informele nedersetting , maw hulle kindertjies word dalk op `n gereelde basis met koue water gewas. Vir hulle is dit nie norm. En baie ver verwyder van kindermishandeling.

Anne ·

Dis nie ‘n informele nedersetting nie, so vir my as ‘n ouer sal dit nie aanvaarbaar wees nie PUNT.

cor ·

Duidelik kan mens sien hulle het saam gespan om hulle kant te vertel met n bietjie stroop daar by.As hulle niks verkeerd sien met die handeling nie. Ek wonder wat is die skoonmaker en die juffrou beloof om met die hoof saam te stem.Dit is geen wonder die jeug van vandag het soveel issues nie want die plek wat hulle vormings jare is vaal hulle totaal. Ek dink die gemeenskap moet ook begin om ‘n soort gelyke aksie soos met Spur op die skool te organiseer.

Eish ·

Daar gaan my ou volk al weer met hul dwarstrekkerigheid! Dis n ” Cover up” van die skool en onmenslik om n kind so te behandel. Ry hulle tot by Daantjie in die kallerhok!

LB ·

Ek weet dit is nie altyd vir almal moontlik nie, maar as mense hul somme doen van kleuterskool koste, ekstra klere vir kantoor, 2de motor en versekering, huishulp omdat jy nie tyd het vir alles nie, ens ens… bly eerder tuis en voed self jou kinders op, hou jou tuiste veilig en doen jou eie huiswerk dan is die tipe nonsens nie nodig om te gebeur nie en kan jy kies hoe om jou kind te behandel.

Hennie ·

Ek vemoed ek gaan nou gelooi word maar ek glo ook hierdie gebeurtenis word onnodiglik heeltemal uit verband geruk. Ek het self my kinders so op die grasperk skoongespuit wanneer hulle n glipsie gehad het. Hule is vandag ook al volwassenes met kinders en ek kan nie agterkom of hulle enigsins iets daarvan oorgekom het nie!

Sê maar net ·

Selfs in die winter terwyl hul huil en die handdoek gerieflik ook in die kombuis vergeet?

heksie ·

ELKE SAAK HET 2 KANTE – MAAR WEES EERDER DANKBAAR HY IS AFGESPUIT MET DIE TUINSLANG EN NIE DAARMEE GESLAAN NIE!! OP 3 IS DIT OOK BIETJIE ERG OM SO “GLIPS” TE KRY. DALK POTTY TRAIN KLEUTERSKOOL HOM, MAAR TUIS DRA HY NOG DOEK!!

?!? ·

Hoe weet jy?

Hy is badkamer toe – dit sê hy wou toilet toe gaan maar was nie betyds nie.

Joey ·

Heksie jou nasm pas perfek by jou. Ek dink jy moet liewer jou mening hou….die kind is 3….regtig.

Sunette ·

Ek moet werklik my hoed afhaal vir hierdie ouers want laat ek nou vir julle se as dit my kind was sou ek vandag in die tronk sit. Ek weet hoe my kinders voel as iets soos die magie wat spoel gebeur. Hulle breek ‘n glas of mors op vloer en mens kan sien die vrees op hulle gesiggies. Hoe kan mense ‘n kleintjie so straf vir oets wat so klein is maar wat vir hulle reeds so trumaties is. Mens vertrou iemand met jou kosbaarste besitting en dan doen hulle dit. Dis onaanvaarbaar. Make them pay!!!

Redz ·

Die mense wat sê dat die aangeleentheid nie nuuswaardig is nie…of dat die ouers onnodig kla….dit het baie duidelik nie met julle kinders gebeur nie. Wonder hoe sou julle reageer het!

Ouma ·

Man kyk, ék noem dit HARTELOOS!! Hoe kry mens dit oor jou hárt om ‘n kind van 3 op die koudste dag van die jaar, kaal buite te laat staan en met KOUE water af te spuit na ‘n glips……Dis WREED ….. én dan nog die handoek binne te vergeet? Enige mens met net ‘n páár breinselle , sal dit nie doen nie. As die kind sou siek word, sou ma en pa hom moes gesond kry.
Baie mense werk by kleuterskole omdat hul nie ander werk kan kry nie, en nét vir die inkomste, en voel boggerol vir die kinders . ”n Persoon wat aanteken by ‘n kleuterskool moet weet, dit is harde verantwoordelike werk, en jy het energie nodig. Jy kan nie net op jou boude wil sit nie. Jy moet opstaan en gaan kyk wat aangaan met die kinders. Mens het eintlik net ‘n hart vir ‘n kind nodig om ‘n goeie kleuterskool juffrou te wees. Want as jy ‘n hart het, sal jy altyd jouself in die kind se plek stel.

In die winter dra kinders dik en meer klere en sukkel om dit af te trek of selfs by te kom om betyds op die toilet te kom. Iemand moet saam met die kind badkamer toe stap en kyk of hy regkom, en ‘n handjie bysit indien dit nodig is om te verhoed dat sy klere bemors word. Ja wat die oog nie sien nie,……. maak die hart mos nie seer nie… .. Ai!

Ouer ·

Baie mense oorreageer as hulle dink hulle kinders word te na gekom. Ek sou regtig nie ‘n storie daarvan gemaak het nie, maar ‘n mens sou tog verwag dat ‘n kleuterskool geriewe het om sulke situasies binnenshuis en privaat te hanteer.

Sê maar net ·

Jy sal nie ‘n bohaai maak nie en mense oorreageer…
Ek was ook ‘n onderwyser. En nou ‘n ouer. NEE hul oorreageer nie. Werk jy miskien by die skool?

Willem ·

As die ras van die vrou en die seun net omgeruil was , was daai skool reeds afgebrand.

Bekommerde Ouma ·

Kindermishandeling is ‘n kriminele oortreding sover ek weet. Hierdie Swart vrou moet in hegtenis geneem word vir kindermishandeling. Verswarende omstandighede: Sy en die tuinwerker het gelag terwyl hulle ‘n onskuldige 3 jarige wit seun mishandel. As dit omgekeer was het ons dalk die politici en polisie se aandag getrek en sou Coligni dalk herhaal word. Ek is ‘n ouma van ‘n 3 jarige seuntjie en kan nie slaap nadat ek hierdie artikel gelees het. Ek is so hartseer. Ek hoop regtig daar sal geregtelike optrede wees en ander kleuterskole en kinderoppasers sal hieruit leer. Dit is wreed verby. My innige simpatie aan die ouers en die twee seuntjies. Stuur hulle albei asb vir berading, hierdie kan negatiewe effek op die kind later jare he.

Alida ·

Poppie is doodgeskop deur haar stiefpa! DIT IS MISHANDELING! Begin om die twee goed te vergelyk asb.

Geskok ·

Ek kan nie glo wat ek sien nie… net omdat daar iets erger is wat kon gebeur het, maak nie wat hier gebeur het aanvaarbaar nie!!!
Wat jy se Alida is dat dit eers nuus word wanneer die kind dood gemaak word of fisiese beserings opdoen… dis oor mense soos jy wat jou blind hou dat dinge soos met poppie hand uit ruk. Was sy en haar boetie nie ook juis in die hartjie van die winter nat gespuit met n tuinslang nie?

Ai tog ·

Dink jy regtig Poppie se hel het op daai dag begin. Of met n soveel geweld – nee dit begin so en ek se weer, as hul bereid is om dit in openbaar te doen, wat gebeur agter daai toe deur. Stel jy voor ons wag eers tot hul n kind dood geslaan het of kind kamma van die muur dood geval het. Dan is dit te laat. Kom ons maak so met jou wat n volwassene is Alida, dan praat ons weer. Jy is beslis hul familie of vriend en werklik as dit so is. Beraad hul eerder, jy is by die verkeerde groep. Inteendeel jy maak dit erger.

Jodine ·

Regtig. Hoe stupid kan n persoon wees. Ek sou verseker een helse bohaai opgeskop het as dit my kind was… seker daar was ander maniere om di kind te kon skoon maak. Hul sal dit ni met hul kinders doen ni maar doen dit met ander mense se kinders…. jy los jou kind by n skooltjie en en gaan werk. Dink hul is veilig en word mooi na gekyk maar dan word dit gedoen. Ek sou haar met n tuin slang nat gespuit het. Kinders maak glipsies….. ek hoop die pa vat dit verder….

Jodine ·

Jy kry verskillende vorme van mishandeling. Die is net so goed soos mishandeling. As ek my kind nat spuit in die winter oor n glips is dit dan ni mishandeling nie…. ? Natuurlik is dit.. en ek moet verseker iets skort om so iets te wil doen.

Sê maar net ·

Die gesegde :the hand that rocks the cradle rules the world.
Daarom het ek bedank en kyk ek self na my kinders. Ongelukkig is dit nie moontlik vir almal nie.
Die juffrou en die werker het die kind “gestraf”
Moenie dat hul hiermee wegkom nie. Ek dink waaragtig ook nie dit was die eerste keer nie. Kry die seuntjie vir berading.

Jip ·

@Alida….vat jou koue hart en kommentaar, en gaan vang n koue stort. Moet asb nie met n handdoek afdroog nie en gaan doedoe nou.
Ek stem saam, sit bietjie kameras in elke klas en speelgrond. Sal verseker baie minder voorvalle soos hierdie wees, wat nog te se van bewyse ne. Ons as ouers hoes en betaal vir ordentlike opvoeding en toesig, dan kry ons dit. Nee, jy kan ongelukkig nie skoolgeld vergelyk met n maandelikse salaris wat soveel ander uitgawes ook dek nie. So nie almal is so gelukkig om self na hul kinders te kyk en op te hou werk nie. Maar ons betaal genoeg geld per kind om ordentlike, respekvolle opvoeding te verwag.

Sonamarie ·

Die dag wanneer ons kindermishandeling as ligte oortreding beskou is die dag wanneer ons ons hele menswees kan opgee. Dis tyd dat daar begin opgestaan word teen reg en verkeerd en dat ons regering ordentlike strawwe opstel en groter tronke bou.. Ons almal behoort aan unies om ons menseregte te beskerm, my vraag is wanneer gaan hulle begin opstaan vir ‘n beter regstelsel. Die skool sou knak as dit my kind was. Die skool sjoe….

Sputnik ·

Wat ‘n heksejag! Die knapie sal absoluut NIKS oorhou of opdoen of slegter daaraan toe wees as hy wel afgespoel is nie. Totale “ruk die dam onder die eend uit!”

Bennie ·

Gee die skool se naam hoekom stil bly vir wat dat ander mense kan weet

Ada ·

Indien die skooltjie dink hulle het niks verkeerd gedoen nie – kan hulle mos die skooltjie se naam bekend maak? Waarom nie bekend maak nie – het dalk iets om weg te steek?

Tressa ·

Dis glad ni menslik om so iets te doen aan n seuntjie in di winter ni, kyk as dit my kind was het daai skool op sy dak al gele want sulke goed bring di duiwel in my uit… Dis n kind en ni n wilde dier ni

Voeljammer ·

Gee die skool se naam dat ons die skool boikot soos ons Spur geboikot het In die vroeer jare het die Japaners met KOUE water gespuit om hulle te martel Hierdie is n ou klein seuntjie wat gehuil het dit bly kindermishandeling die feit bly die kind het nie toesteming gegee dat hulle hom kan afspuit nie anders sou hy nie gehuil het nie en die ouers het nog minder My raad aan die ouers Vat die saak tot op die hoogste vlak

Briesend ·

Die mense wat so skerm vir die skool, dis nie die eerste keer wat dit gebeur het nie. En daar is erger dinge wat in daardie skool gebeur het al. Die department was al ingelig oor die skool se doen en late. Ek hoop hierdie keer gee hulle aandag aan die klagtes.

Briesend ·

My volgende vraag aan die skool – julle het n bad laat insit verlede jaar al spesifiek vir die doel om kindertjies skoon te maak wat n glipsie gehad het – hoekom spuit julle nog die kinders af?

Bekommerde Ouma ·

Briesend jy ken klaarblyklik die skool, ek hoop regtig die ouers en belanghebbendes in Rustenburg staan saam om hierdie mense aan die kaak te stel. Ek is skoon naar om net te dink wat die arme kind moes deurmaak. Hy was nie stout nie, hy het toilet toe gegaan maar sy magie het geloop, hy kon dit nie verhelp nie. Hulle het sy gevoel van “beheer” ontken wat soveel sielkundige probleme kan veroorsaak. Hy moes getroos word maar het geen liefde ervaar van hulle wat hom moes versorg het. Hoe moet hy ooit weer in sy lewe volwassenes vertrou. Ek is skaam vir volwassenes wat betaal word om na kinders te kyk en dan geen passie het vir kinders nie. Ai nee mense!

Ai tog ·

Nou kook my bloed eers, dankie vir die inligting. Maak asb seker dieouers v d seuntjie kry die inligting ook vir die ondersoek. Dit is waarvoor hul bekend is. Mag almal hul kinders verwyder.

gatiep ·

Toe ek kind was sou so iets nie nuus gehaal het nie.
Meskien word kinders vandag te erg opgepiep, die seuntjie het dan niks ooegekom nie?
Lyk my almal is baie sensitief vandag op klein goedtjies.

Magda ·

Nou toe gaan staan buite sonder klere dat ons jou kan afspuit Gatiep
Moet net nie huil hoor
Hulle kan bly wees dis nie my kind nie. Weet net die hel sou gedraai het

Lucia ·

Ek is geskok! Die mense wat kommentaar lewer dat dit “nie so erg is nie”…..!!!! Gaan staan jy tog dan kaal op die KOUDSTE WINTERSOGGEND in Rustenburg en dat iemand anders JOU met die (yskoue water in die tuinslang) afspuit en besluit dan daarna of jy nog dieselfde voel!! Dis onmenslik om die minste te se!!!…… wat nog teenoor ‘n arme 3-jarige kind! Nee wat – dis “marteling” en blote vernedering. Sal my nie verbaas as daardie arme kind (waarvan ons weet – hoeveel ander kinders is dalk nie al so “gewas” nie) ‘n sielkundige knou weg het na sy twee jaar in daai kleuterskool nie. Shame, toemaar, God slaap nie…..

karen ·

Dis nie die eerste keer dat dit gebeur en sal ook nie die laaste keer wees. Daar is geen compassion van die personeel. hoe in die lewe draai mens handoekie om reeds siek kind. Dis kindermishandeling en buite die pa se planne om te vergader en antwoorde te kry, moes die saak al by kinder beskerming aangemeld wees. Daar is geen verskoning daar is duidelike foto van kaal seuntjie op die koudste dag van die jaar. Die senior aan diens het haar nie gesteur aan huil van 3jarige die skoonmaker het elke oomblik geniet. In Hemelsnaam hy is 3 ! ek bid daardie skool maak toe soos in toe. amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.