ʼn Tienerseun is Dinsdag by ʼn skool aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat vervalste geld van nagenoeg R50 000 in sy besit gevind is.
Sers. Harry Manaka, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting van ʼn onderwyser ontvang dat een van die leerders by ʼn plaaslike hoërskool in Duduza, tussen Brakpan en Nigel, in besit was van vervalste R100-note.
“Die onderwyser het die leerder met die groot bondel note gesien en die polisie ontbied. Die polisie het vinnig gereageer en ingegryp voor die note gesirkuleer kon word,” het Manaka gesê.
“Die polisie het verder ondersoek ingestel en is na die seun se huis waar hulle nog vervalste note, met ʼn waarde van R47 000, gevind en op beslag gelê het.”
Die leerder is in hegtenis geneem en later in sy ouers se sorg vrygelaat. Hy moet binnekort in die hof verskyn. Sy naam mag ingevolge die Kinderwet nie genoem word nie aangesien hy minderjarig is.
Die Duduza-polisie het intussen vasgestel dat een van die leerder se familielede glo met vervalste note handel dryf. Die saak word verder ondersoek en nog inhegtenisnemings word verwag.
As die geld opraak , druk jou eie. Liewe land wat is sy volgende oortreding?
Snoepie geld
Haa Ha Ha Ha!!!!
Seker oppad om n vervalste sertifikaat te koop met daai vervalste geld.
Nou daar’s nou ‘n outjie wat baie geld maak op so ‘n jong ouderdom!
En hier dink ek, ek het als al gehoor duidelik nie!
Wat op hierdie aarde!!!!!
Wonder of die huise van sy ouers, familie en vriende al deusoek is vir die drukker/s wat die note druk.
Seker geborg deur Sahara?