Seun ná moord op pa: ‘Ek sal ʼn stem wees’

Danie van Heerden (links) by sy seun Chris. Foto: Facebook

Chris van Heerden wil sy bekendheid as internasionale sportman gebruik om die wêreld in te lig oor die gebeure in Suid-Afrika nadat sy pa verlede maand koelbloedig vermoor is.

Danie van Heerden (61) is op 27 Desember in De Deur naby Vereeniging doodgeskiet.

IOL berig Van Heerden se vermeende moordenaar, Sabelo Dlamini, is verlede week op borgtog van R5 000 in die Vereeniging-landdroshof vrygelaat. Dlamini is ʼn veiligheidswag vir die Rooimiere.

Dlamini het Van Heerden glo doodgeskiet ná ʼn hewige konfrontasie. Die voorval is op video vasgelê en wyd versprei.

In die video kan gesien word hoe die twee mans in ʼn hewige woordewisseling betrokke is en hoe Van Heerden die bakkie waarin Dlamini gery het se sleutels afneem.

Van Heerden beweeg dan terug na sy eie motor waarna Dlamini hom volg en ʼn skoot afvuur. Van Heerden het Dlamini van diefstal beskuldig. Hy ontken dit egter in die video en sê Van Heerden probeer sy bakkie kaap.

Van Heerden is Vrydag vanuit die AGS-kerk in Meyerton, suid van Johannesburg, begrawe. Chris, een van Danie se 13 kinders en die internasionale weltergewig-bokskampioen, het ná afloop van die begrafnis in ʼn video gesê hy het nie net vir sy pa nie maar ook vir sy beste vriend en held totsiens gesê.

Chris sê in die video dit is “nie oukei” dat sy pa se vermeende moordenaar op borgtog vrygelaat is nie. “Ek sal van nou af in die bokskryt veg vir die mense van Suid-Afrika wat vrede in die land wil sien.” Chris woon in Amerika.

Hy verwys verder in die video na lede van politieke partye wat op podiums staan en die moord op wit mense aanmoedig. Hy sê ook dit is nie reg om enige lewe te neem nie en dat mense in Suid-Afrika in vrees lewe.

“Ek sal ʼn stem wees. Mense is bang om op te staan. Noudat ek self ʼn statistiek is, sal ek die goeie geveg veg en die woord versprei. Die regstelsel in die land is korrup en dit werk nie. Dit moenie oukei wees om ʼn ander man se lewe te neem nie.”

Chris eindig die video deur te sê hy sal sy platform as internasionale sportman gebruik om vir die mense van Suid-Afrika wat verandering wil sien te veg. “Ek gaan dit gebruik sodat die wêreld kan weet wat aan’t gebeur is.”

Danie was ook ʼn bekende bokser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ANONIEM ·

Dankie tog dat Chris so dapper is om hiedie verder te neem, dalk neem die buiteland stand punt in hierdie kommunistiese regering moet tot n val gebring word. Sterke aan jou en jou familie, jammer vir julle verlies.

Kokkie ·

Dankie, Chris. Jou ‘nuwe geveg’ is ‘n wonderlike manier om jou pa se nagedagtenis te eer. Sterkte !

Nettie ·

@Karolis – “As dit andersom gebeur het”?

Jy bedoel, as die wit boer die swart/bruin man geskiet het? Dan was die wit boer steeds in die tronk, nadat sy borgtog geweier is omdat hy ‘n “gevaar” vir die gemeenskap sou inhou en het die EFF/ANC lankal ‘n optog gehou by die hof of betoging aangevuur, waartydens onskuldige mense en staatseiendom afgebreek/afgebrand is.

jannie ·

As dit anders om was sou die blanke persoon nou nogsteeds in die tronk gesit het Isak sonder enige borgtog.

Pierrie ·

Dis ‘n jammerte dat hierdie eers moet gebeur voordat ons bekende mense soos Chris se steun kry oorsee. Wonder wanneer die ander Afrikaanse mense gaan inspring, of moet hierdie ook eers gebeur met hulle? Charlize?

Andre Stander ·

Vergeet maar van Charlize Theron… Sy ondersteun die ANC met finansiële donasies. Daar is berugte moontlik die EFF ook… Nie fop-nuus nie, doen jouself n guns en google haar uitsprake vir- en donasies aan die ANC party…

Tragies.

Andre Stander ·

Dit is wat nou nodig is in hierdie land – mense wat opstaan, sê ‘genoeg is genoeg’, wat voet neersit..

Ongelukkig kan ons nie meer wag totdat ons eers n slagoffer van erge misdaad was vóór ons begin opstaan vir ons self begin praat nie…

Karlien ·

André wat op aarde het Charlize Theron hiermee uit te waai?

Jerry ·

Tragiese voorval om die minste te se daarvan! Weereens n bewusmaker van hoe belangrik dit is dat mense twee keer moet dink voordat hulle mense in SA konfronteer. Psigies glo mense soos Dlamini dat hulle bo die wet verhewe is en dat hulle met idees soos “jy wil my voertuig kaap” in die howe sal wegkom. Mense moet eenvoudig begin verstaan dat konfrontasie en konflik in enige vorm in SA vermy moet word en dat daar meer verdraagsaam en omsigtig omgegaan moet word in die benadering tot sulke situasies. Versamel slegs bewyse, le klagtes en laat wetstoepassers toe om die wet toe te pas en volg gereeld die vordering van n saak op! Ideologies gesproke sien die Pan Africanist populiste vir Dlamini as die slagoffer en nie vir Danie van Heerden nie. Sou die regbank wat hierdie saak gaan aanhoor hierdie Afrika ideologie aanhang sal daar nie geregtigheid wees vir die wederregtelike moord op Danie van Heerden nie en sal geen haan ook daarna kraai nie. Die onafhanklikheid van die regbank wat die saak gaan aanhoor, sal dus getoets word!

Werner ·

Dus wat jy se jerry is los dit maar as jy sien dat n misdaad gepleeg word want jy kan al die bewyse na die wetstoepassers toe vat hulle maak nie eens n saak oop nie het dit laas week weer gesien as jy nou nog nie agtergekom het dat die regbank net vir sekere mense geld nie sal jy seker ook nie

Gaitsigubib ·

Dis presies wat hy se Werner. Afriforum moet niks se van die plaasaanvalle nie. Die TLU moet stil bly as daar gepraat word van grond vat sonder vergoeding en solidatiteit moet ophou om te gaan uithelp wanneer stakers die land verwoes. Wanneer CR lieg oor moorde op blankes moet die VF stil bly. Op die weegskaal is polities korrektheid aan die een kant en die waarheid aan die ander kant. Dis seker elke mens se reg om n kant te kies?

Nettie ·

Werner, Jerry praat net die waarheid. As jy enigsins glo dat daar ‘n regverdige regstelsel VIR ALMAL in die land bestaan, maak jy ‘n groot fout en loop jy met oogklappe aan.

Kyk maar vir die Doodskis2, Penny Sparrow, Mev. Stofberg, die KFC-6 ens. ens. ens. Vra húlle of daar regverdige regspleging in hul gevalle was. Dan neem jy maar die talle voorbeelde van haatspraak en dreigemente, uitgespreek deur Andile Mnxgitama, Julius Malema en ander ANC-losbekke: wat het daarvan gekom? “Sweet blue all”, dis wat.

Janet ·

Ons innige meegevoel. Ek was so kwaad toe ek dit die eerste keer gelees het. Ons staan saam met jou. Kan dit nie meer hanteer hierdie wetteloosheid nie.

IK ·

Met ‘n wit vel moet jy maar versigtig trap in hierdie land maak nie saak of jy reg is. Om iemand trompop te loop (wit of swart) kan jou weens spanning in die land duur te staan kom. Dis al ‘n geruime tyd dat ek my ‘dom- en doof’ hou wanneer iemand my uittart of aansluiting probeer vind waarvan ek nie hou.

R Burger. Namibië ·

Dankie Chris dat jy sterk genoeg is om standpunt in te neem. Ek bid uit my hart dat daar BAIE stemme by jou gaan aansluit. Dis lankal tyd dat landsburgers self opstaan, want jul Regering is net n klomp puppets! Mag ons Hemelse Vader jul familie versterk nou en met jou standpunt. Dis skreiend dat die man uit is op borg! Kom ALLE Suid-Afrikaners, staan op en vat hande met Chris en veg teen hierdie siek euwel. Seën vir julle almal

Magaret Henderson ·

Ons lewe in n land waar daar Geen wette teenoor blankes is ni, Ons boet op elke draai, elke dorpi in die land word daar n blanke vermoor en hul kom skotvry, Ons is opi oomlik niks – So sad om te weet jys hier gebore het groot geword in di land waar jy kommer vry kon lewe, nou kan jy nie eers jou rugdraai nie of di vyand skiet jou in die rug en kom skotvry, Dankie Chris dat jy nie net vir jou Vader op kom nie, Maar ook vir Duisende Suid Afrikaners,

Callie ·

Dis juis die ruggraatlose kruipers wat probeer in hoekies wegkruip wat die witman het waar hy is. Soos ramaphosa dit gestel het, as jy hulle eers hier het is dit maklik. Jy kan doen met die witman wat jy wil. Belas hom en wees onregverdig. Hy sal nie opstaan nie uit vrees dat hy alles sal verloor. Die witte het mos skatte op die aarde vergader en nou. Wie gaan opstaan. Niemand meer van hulle nie. Anders sou ons wittes mos ook voor die hof gestaan het en gedreig het as hierdie man borg kry. Nee ons sal dit nje doen nie.

jakes ·

Watter buitengewone omstandighede het die landros in ag geneem toe Dhlamini borg gekry het? Dit was n skedule 6 misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.