Seun onthoof: Vyf jonges nou vas

Die Umlazi-landdroshof. Foto: Google Streetview

Vyf jong mans verskyn Vrydag in die hof nadat ʼn 15-jarige seun vroeër vandeesweek in KwaZulu-Natal vermoor en onthoof is.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê buiten die vier jong mans wat reeds in verband met die seun se dood in hegtenis geneem is, is die vyfde verdagte (19) Donderdag in die Umlazi-omgewing in hegtenis geneem.

Al vyf moet in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord. Van die verdagtes word ook van die onwettige besit van ʼn vuurwapen aangekla.

Maroela Media het vroeër berig ʼn inwoner van Umlazi het Dinsdag ʼn gruvonds gemaak toe ʼn 15-jarige seun se kop omstreeks 06:15 naby die Embizeni High School gevind is.

“Die polisie is ontbied waarna die seun se liggaam ook in die omgewing gevind is. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun net ná middernag deur onbekende mense by sy huis ontvoer is,” het Gwala gesê.

Volgens Gwala was daar ʼn koeëlwond aan die seun se liggaam.

Speurders van die Umlazi-polisie in samewerking met die Umlazi-misdaadintelligensie-eenheid, honde-eenheid en metropolisie het alle leidrade opgevolg. Dit het die span na ʼn huis in die omgewing gelei waar twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Twee ongelisensieerde vuurwapens is in die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, se besit gevind. Hul inhegtenisneming het later die dag tot die inhegtenisneming van nóg twee verdagtes, ook onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, gelei.

Die motief vir die moord is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oog vir n oog ·

Onthoof hulle ook! Dat hulle ook daai angs en pyn ervaar, wat daai arme kind ervaar het!! Hulle is uit die hel…

m ·

Kan nie glo dat sulke jong mense so bloeddorstig kan wees nie. Die wereld het mal geword.

E ·

Laat hulle mekaar een na die ander onthoof en die laaste een moet hang. Solank as doodstraf nie gewettig is nie het hulle geen vrees nie want hulle het lewe ongeag hulle dade!

WeesSterk ·

Die duiwel rule die aarde, dis verseker. hy kan maar vergeet, maar naby my sal hy nie kom nie!

Selfde straf ·

Gee huld ieselfde straf as wat hul uitdeel, dan kyk ons hoe gou stop hierdie gemors, maar nee Mense regte kommissie glo mos in mense reg as jy misdaad gepleeg het, jy kry nog meer regte as jy ander se reg op lewe geneem het, dit is nou feite.

Kosie ·

Mense, mense, lees julle nie die Bybel nie. Kyk maar na oral in die wereld waar daar soorgelyke mense woon watse gruwel dade hulle pleeg. Daar rus n vloek op hulle en NIKS wat hulle doen kan dit verander nie. Ek se nie dit gebeur nie met ander volke ook nie, maar…….Maak oop julle oe. Ons blanke probleem is ons is herder en leier loos en ons het affalig van God se woord geword. Dalk is daar baie van julle wat nou kwaad is vir my. As julle is, dan sien ek julle op die 22ste in Bloemfontein. Groete.

Lou ·

Did afgryslik, maar om billik te wees moet hulle dieselfde straf kry as die Waterkloof vier.

tamboti ·

Toe doodstraf afgeskaf is, het die moord syfer drasties gedaal!
NIE!!! (regtig?) – O jammer maar dis wat die slim menseregters mos vir ons vertel……………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.