Seun ontslaan ná wag hom glo aanrand

Beserings wat die seun tydens die beweerde aanranding opgedoen het. Foto: Verskaf

Die tienerseun van Lephalale (Ellisras) in Limpopo wat na bewering Donderdag deur ʼn veiligheidswag erg aangerand is, is ontslaan en sterk by die huis aan.

“Sy lyf is nog baie seer en hy raak baie ontsteld as daar oor die voorval gepraat word, maar andersins is hy in ’n goeie toestand,” het die seun se pa, wie se naam nie genoem mag word nie om die 16-jarige seun se identiteit te beskerm, Sondag aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het vroeër berig die seun moes Donderdagaand in die hospitaal deurbring nadat hy vroeër die dag glo deur ʼn veiligheidswag van ʼn plaaslike winkelsentrum in die dorp met ʼn knuppel en plathand aangerand is.

Die seun is daarvan beskuldig dat hy Maandag ʼn geheuestokkie by die PNA-winkel by die winkelsentrum gesteel het. Die seun het Donderdag omstreeks 10:00 in die parkeergebied van die winkelsentrum geloop toe ʼn vrou wat by die winkel werk hom glo gesien en herken het. Sy het die veiligheidswag geroep en hulle het die seun na bewering in die winkel ingesleep, die deure gesluit en hom in ʼn kamertjie toegesluit waar die wag die seun glo “pimpel en pers” geslaan het. [Sien foto’s hier]

ʼn Werker by die winkel het intussen die polisie ontbied, waarna die polisie die seun in hegtenis geneem, geboei en agter in ʼn vangwa gesit het. Die polisie het sy ouers omstreeks 10:20 in kennis gestel dat hy in hegtenis geneem is op aanklag van diefstal. Toe hulle verneem van die beweerde aanranding het hulle daarop aangedring om hom na ʼn hospitaal te neem, waar hy opgeneem is vir waarneming.

Die PNA-groep se hoofbestuurder het Vrydagmiddag “met skok en afgryse” op die voorval gereageer.

“Die PNA-groep wil dit onomwonde stel dat ons hierdie optrede ten sterkste veroordeel,” het Herman Botha, die PNA-groep se hoofbestuurder, aan Maroela Media gesê. “PNA onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom. Ons het reeds ʼn skrywe aan die betrokke sentrumbestuur asook die sentrum se veiligheidsmaatskappy gerig waarin ons versoek dat die aangeleentheid onmiddellik ondersoek word en daar sonder voorbehoud opgetree sal word teen die veiligheidswag, of enige ander mense wat hulle wel skuldig gemaak het aan aanranding.”

Botha het gesê die maatskappy het ook ʼn interne ondersoek van stapel gestuur om die betrokkenheid van enige ander mense by hierdie “betreurenswaardige voorval” te ondersoek en hulle sodoende in staat te stel om ʼn behoorlike, ingeligte besluit te neem met betrekking tot toepaslike stappe waar nodig.

“PNA wil dit benadruk: Die aanranding van enige mens, in enige omstandighede, hetsy skuldig aan ʼn misdaad of nie, is totaal onaanvaarbaar.”

Die ouers het ʼn klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die veiligheidswag aanhangig gemaak.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het Sondag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en dat die ondersoek voortduur.

Die ouers oorweeg dit ook om siviele stappe teen sekere partye te doen.

ʼn Saak van diefstal is ook teen die seun aanhangig gemaak en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Dirk ·

Verstaan dit nie.os die aanrander bekend of moet hy mog gesoek word. Verseker moes hy al Donderdag in tronk gewees het. Gatvol nie die woord

Rabes ·

Ek betwyfel dat hy weer sy hande aan ander se besittings sal sit

Ounooi ·

Rabes,
Enige person is onskuldig tot die teendeel bewys kan word. Die MINDERJARIGE kind is in hegtenis geneem, maar die wag en kie is op vrye voet? Hy is NIE IN die winkel betrap met enige iets nie maar verder in die sentrum “deur n werknemer herken, die winkel INGESLEEP EN DEURE IS GESLUIT. Hy is na n kamertjie AGTER in die winkel INGEDINGEDWING en hulle het hom DAAR BINNE aangerand! Omdat hy wit is was hy binne in n Sentrum “herken”, dis hoorsê. Jy en mense soos jy veroordeel sonder om te dink. Hy is n kind! Waar is die wag vandag? Sit saam met sy pelle in ‘n shebeen en spog oor die “whitey” wat hy so bietjie rondgeklap het.
HY HOORT AGTER TRALIES VIR AANRANDING!!!!
Sies vir jou!
Dink voor jy sulke kommentaar lewer. Ons kry swaar genoeg onder hulle onderdrukking, moet dit nie verder aanpor nie!

Anoniem ·

Rabes, hou jou uitlatings vir jouself. Jy weet nie wat die feite is nie en jy ken nie die kind nie. Hy is onskuldig

Polla ·

Mooi man,beslis sal hy dink en n wag respekteer. Daai vrou sou mos nie die wag verniet geroep het nie.

Hester ·

Dit is absolute snert wat jy praat , alles is nog bewering en nog STEEDS geen rede om n kind so aan te rand nie!!!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Dog kinders mag nie meer geslaan word nie teen die wet….hierdie seun is minderjarig…….dis onnodig om deur hierdie pyn te gaan so is dit ook vir ons nou onnodig om PNA te gebruik….

Peet ·

Die aanrander nog steeds nie toegesluit nie. Waaat! Poging tot moord en vry! Genade want hy is mos wit! My beste vriend is dadelik gearresteer en toegesluit oor hy en sy vrou ‘n argument gehad het. Hierdie is ooglopend duisend maal erger!!

Pieta ·

Dit moes nogal ‘n groot argument gewees het as iemand die polisie bebel het. Hoop jou beste maaitjie het sy les geleer.

Annie van tan Sannie ·

Praat jy nou van die kind of die wag Arrie? Die seun moet nog skuldig bevind word maar daai wag is mos beslis skuldig aan aanranding ens ens

Ben ·

Die gereg moet besluit of hy skuldig of onskuldig is. Niemand het die reg om iemand so aan te rand nie. Hier lyk dit vir my of daar baie haat teenwoordig was, meer na n ras aanval. Verskuilde haat.

Stompies de Lange ·

Julle bly seker in Suid Afrika as julle teen die tyd nie weet wat om julle aangaan nie, dan sal julle ook seker nooit weet nie. Swart is baas en wit is klaas.

E ·

Ek weet van ń bejaarde oom met Alzeimers wat erg verdwaal het, by die winkelsentrum ń sjokolade gevat het en so erg aangerand is dat hy later in die selle dood is.

Om iemand oor ń lekker of memory stick so aan te rand is barbaars. Ek sweer as ek daar was het ek vir daai oom die sjokolade betaal en sy mense probeer opspoor of vir die seun se ouers se no. gevra om hulle in te lig van wat gebeur het.

Hoe barbaars het ons nie net geraak nie?

Sê maar net 1 ·

Ek onthou daai voorval. Dit spook nog by my. Vader wees ons genadig.
My volk keer terug na jou God

johan ·

weet hoop die ouers lees ook hier….. n kind onder 18 mag onder geen omstandighede agter n polisie voertuig gesit word nie oor nie in n gemerkte voertuig en moet in n motor vervoer word…. volgens die kinder wet… so die polisie het ook verkeerd gehandel teen die kind.. ander punt waar is die bewyse van die diefstal hy het in die parkeer area geloop ..ek hoop die diefstal is op kamera anders nie ….ouers vat hulle goed op

Andre De Villiers ·

SKOKKEND !!! Ek gaan nie doekies omdraai nie. Die wag ( neem ek aan ) was n swart man. DIS NIE EENS NODIG OM DIT TE ONTLEED NIE. Met die wrede onmenslike EN BAARBAARSE ONAANVAARBARE wyse waarop die WIT seun letterlik gemartel was wys weereens die rasse haat in ons land. Daar was geen,ek herhaal geen rede vir die WREDE optrede deur die wag nie, maak nie saak wat die oortreder gedoen het nie!! DIE WAG MOET AANGEKLA WORD VIR MOORD .

johan II ·

Attie jy probeer lekker hard om mense uit te lok…jy is die “saamstaan probleem” waarmee ons sit…skaam jou man. Dalk moet jy maar uit SA trek.

Tertia ·

Ek sien nog ‘n boikot kom…. en om ‘n kind so aan te rand oor ‘n stokkie is verregaande. Daardie is poging tot moord. Klaar. Ek hoop teen Maandagoggend is die sekuriteitswag en sy werker vriendinnetjie agter tralies PNA. Dat hulle maar kan aansoek doen om borgtog. En die gereg sy gang kan gaan. Wat geld vir die een, geld vir die ander.

Callie ·

Van julle het regtig hulp nodig. Rabes jy moet dalk rabies gedoop word. Regtig, kyk na die kommentare en besef die mense in die land het dit verloor

BBrandtBesteainDiealand ·

PNA het mos in die sterkste woorde moontlik hulleself teen die voorval uitgedruk en aangedring dat die sentrumbestuur, wat in beheer is van sekuriteit, alle moontlike stappe neem om die voorval te ondersoek.

Verder is hulle nie by magte om mense te arresteer nie.

Mense is met reg ontstel oor die voorval, maar hierdie stelling van jou is mos nou gruwelooslik onregverdig.

Nee man, moenie belaglik wees nie!

BBrandtBesteainDiealand ·

Ag kom nou!

Lees die artikel! Waarom moet die hele PNA groep gestraf word vir die misdaad van ‘n enkele werknemer?

As jy die artikel gelees het sou jy sien hulle doen alles in hulle vermoë om geregtigheid te laat seëvier.

Wil jy nou hê al die maatskappy se verantwoordelike en wetsgehoorsame werknemers en hul families (insluitende Afrikaners) moet nou werkloos word?

Nee man!

Ada ·

Dit gaan nie oor of die kind skuldig is aan diefstal nie. Dit gaan oor die aanranding. Dit het nie gegaan oor die iefstal van die doodskissaak nie. Dit het daar gegaan oor aanranding en om iemand in ‘n kis te stop. Die geval hier is dat die kind in ‘n kamertjie “doodskis” gestop is en daan aangerand is.
Die diefstal hier- indien die kind skuldig is – kan met die betaling van die geheuestokkie reggemaak word en ‘n waarskuwing is goed genoeg. Die aansranding met die doel om ernstig te beseeer es egter eits heeltemal anders. waarom is die skuldiges nog nie in aanhouding nie? Die doodskis twee moet dan onmidellik vrygelaat word?
Ek hoop die kind se prokureur kry die aanranders agter tralies.

wynand ·

B Brand, indien PNA geregtigheid wil laat geskied moes die aanranders al aangekla en agter tralies gewees het. Ek boikot hulle dus ook.

Annelize ·

Ek stem Wynand. Die bestuurder is NET SO aanspreeklik vir hierdie aanranding as die Wannabe Rambo. Ek hoop die bestuurder word ook voor stok gekry. En aan watter Sekuriteitsmaatskappy is die Rambo verbonde, sal dit baie graag wil weet.

BoelieBrandBesteInDieLand ·

Dit blyk mos nou duidelik uit hulle skrywe dat hulle besig is om stappe te neem om die skuldiges aan die pen te ry.

Julle het duidelik ook nie ‘n begrip van die regstelsel nie. Waarvoor moet hulle die persone laat aankla? Hulle kan nie namens die seun die klagtes by die polisie lê nie – dit kan bloot die seun en sy familie doen. Hulle kan ook nie die polisie se werk doen en die boosdoeners self arresteer nie.

Insover dit betref die werknemer, moet hulle eers al die feite op die tafel kry voor hulle ‘n disiplinêre verhoor en aflegging kan onderneem – anders kan die werknemer hulle voor die hof sleep, skadevergoeding eis en watter stappe hulle ookal teen hom/haar geneem het ongedaan laat maak.

Julle is vinnig om kortpaaie te vat en mense net sommer skuldig te verklaar, sommer sonder om ‘n regverdige proses toe te laat om die feite na vore te laat kom, en dan sommer sonder om twee keer te dink straf te begin uitdeel.

Julle is in beginsel besig om dieselfde gekrenkte denkproses te volg en onreg te pleeg as die sekuriteitswag en die bestuurder!

#BoikotOnreg

Ben ·

Geen familielid of vriende van my sal by PNA ingaan nie voor die rassistiese aanranders aangekla is nie.

oogies ·

Jy weet daar word altyd vir ons gese moenie gereg in eie hande neem nie so wat het dan nou hier gebeur………..As hy wel die stokkie gevat het wat ek baie sterk betwyfel hoekom is hy nie dadelik in die winkel gekonfronteer deur die vrou wat dit gesien het nie hoekom wag tot hy die winkel verlaat en dan soos n dier moes behandel word.Ek is so woedend hier waar ek sit want GEEN kind mag so behandel word nie. Ek staan 100% agter die ouers moet dit asb nie so los nie,want jy weet was dit nou anders om was daar vandag weer betogings oral in die land .Hulle kan mos maar maak wat hulle wil ek is so GATVOL vir dit.

Ouboet ·

Ounooi jy se iemand is onskulig tot die teendeel bewys word, maar dan vind jy die wag skuldig en se hy hoort agter tralies?
Dan wonder julle nog hoekom word witmense deesdae so vinnig skuldig bevind aan alles, ons het almal geleer hoe oordeel jy iemand op grond van sy ras

Ook n Ma ·

hoekom se die koerant altyd, of gebriuk die woord na beweering of beweerde en beweer. die fotos is tog duidelik dit kan nie beweer wees nie. Hy is aangerand en klaar

Ray ·

Ouboet, Ai tog, het jy nie die hale en klappe op die foto gesien nie. Clicks verkoop brille. Ek stem saam, as die kind iets gevat het moes hy in die winkel gekonfronteer word. Nie in ‘n parkeer area nie. Sonder om omstandighede te verduidelik, ek is self valslik beskuldig jare terug deur ‘n petrol joggie dat ek hom aangerand het. Ge arresteer en in die vangwa gegooi. Hoe kan jy somer net iemand uit ‘n parkeer area trek en se dit is daai person. Hy kan moontlik gelyk het soos die person wat sy gesien het. ook al die kettingwinkels laai hulle pryse om voorsiening te maak vir die koste van diefstal (maak dit nie reg nie) maar hulle gebruik sulke metodes.
Uiteinde vd saak ek is bereid om geld in ‘n fonds te sit as die ouers een stig vir die kostes vd hofsaak. Dink Gerrie Nel het nodig om betrokke te raak. Gee nie om of die wag swart of wit is nie. Hierdie is aanranding en ja vergelykbaar met die doodskis saak.
Wat was die regter se kommentaar daar nou weer “basic human dignity” ?

Alien ·

Polla is jy” siek” ….moet wees as jy dink dit is goed om ‘n kind so aan te rand, ongeag wat hy gedoen het. Ek dink jy moet bietjie in die spieel gaan kyk, daar is jou kompetisie.

Frikkie ·

Skuldig of nie wie geen enige iemand die reg om enige iemand so te behandel. EK veroordeel die hardhandige optrede van die persone wat hulle daar aan skuldig gemaak het. As die jong man skuldig is sal hy sy straf verdien. Maar die ander partye moet sommer terselfde tyd hulle aanspreeklikheid aanvaar en boet daarvoor. Wat so gese gewees het as dit andersom was as die jong man die wag en die dame so aangerand het. Vir die kind se ouers wil ek net se, maak nie saak of jou kind skuldig is of nie gaan voluit met die saak. Ek sou hulle tot in tant Kobie se kalwer hok gedagvaar het. Hier gaan dit oor geregtigheid en niks anders nie.. Sterkte vorentoe………

Meraai ·

Ek lees deur al hierdie kommetaar en dan maak dit my hart seer om te dink dat sommige van ons GROOT mense hierdie soort geweld goed praat. Hetsy die kind die stokkie gevat of nie gevat het nie bly dit kommerwekend dat hy nie Maandag al gekonfronteer is nie. Maar dat die dame gewag het tot Donderdag en hom dan skielik identifiseer. Dit is hartseer om te sien hoe kinders mishandle word. Ek hoop die ouers los dit nie hier nie. Jy weet daar is n spreek word wat sê merke kan genees maar die emosionele skade wat daai kind moes deur maak is nie iets wat ooit sal weg gaan nie. Baie sterkte aan die gesin. Mag daar teen die skuldiges die nodige stappe gedoen word.

Eunida ·

Kyk,skuldig of onskuldig,daai kind is vreeslik geslaan,dit is duidelik ,hy het gehoop die kind slaan hom terug,dan was dit dadelik tronk toe met daai seun.Goeie ding hy het nie terug geslaan nie.En geen mens kan ‘n persoon drie dae later ‘herken’as die dief en hom sleep tot by die winkel nie,sover ek weet moet hulle die artikel aan hom kry?

Uvonka ·

Duidelik gaan dit oor niks anders as mag!!!!! Dit is verskriklik dat hulle nogal daarmee wegkom ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.