Seun oor geld met sambok doodgeslaan

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Tienerseun se liggaam is Woensdag vasgebind aan ʼn wasgoedlyn aangetref nadat hy glo met ʼn sambok aangerand is.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die Mokwena-nedersetting in Thaba Nchu naby Botshabelo in die Vrystaat plaasgevind.

“Die 14-jarige slagoffer se ouma het Dinsdag glo agtergekom dat sy R500 vermis en het vermoed haar kleinseun het dit gesteel,” het Xuma gesê. “Die ouma het haar 30-jarige seun, die slagoffer se oom, en haar 22-jarige buurman gevra om na hom te gaan soek.”

Die oom en buurman het die seun opgespoor en teruggeneem na die huis waar hulle hom glo aan ʼn wasgoedlyn vasgebind en met ʼn sambok geslaan het. “Hulle het vermoedelik die seun herhaaldelik geslaan en hom oornag aan die wasgoedlyn vasgebind gelos.”

Die oom het Woensdag omstreeks 05:00 na die seun teruggekeer en hom dood aangetref. Hy het sy ma daarvan in kennis gestel en sy het die polisie ontbied.

Die oom en die buurman is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lucia ·

Wat van die Ouma?? Waars haar bewyse dat dit hy was? More kry sy dalk die geld op n ander plek en dan wat? Ek se sy moet OOK in hegtenis geneem word!!! Sies!!!

m ·

Het die samelewing nou mal geword???? Help die kind eerder reg……

Anoniem ·

Eenvoudig wreed… Maar al die moorde le voor die voete van ons regering. Hul laat dit toe!!!!!!

Boer ·

Al die aan valle en moorde word gefinasier met ons belasting geld

Anoniem ·

Hoeveel kinders gaan nog deur loop onder famielie??? Hoe doen mens dit??? Jy slaan jou eie vlees en bloed dood regtig waarheen gaan ons land en sy mense… Julle kon tenminste net n saak van diefstal gaan le het… Duidelik is die mense van SA besig om gek te word… Wonder of dit tedoen het met die min reen die hitte of die water…. My hart breek elke keer as ek die goed sien of lees… Ons moet ons kinders beskerm nie dood maak nie…

10 ·

Die Beste Riglyn vir enige samelewing is uit sommige kerke uitgeskuif en verwater, asook uit die skole en uit die ouerhuise.
‘n Vakuum is gelaat en kyk na die resultaat.

Anoniem 2 ·

Kan n mens so wreed wees. Dis nou al die hoeveelste berig oor n kind wat dood gemaak word deur hul familie.

Anoniem ·

ek is stom geslaan hoor! ek het nie woorde om te beskryf wat ek voel elke keer as ek sulke goed lees nie!

wat nou ·

Dit is hoe hulle mekaar self uit sort. Niks en niemand gaan dit verander

Liewe heksie ·

Seker die voorvaders wat dit voorgestel het wragtag ek sou die sapd gevra het om hom vir n nag of twee toe te sluit wragtag

Rita ·

Ek het naar geword toe ek dit lees….ek probeer my indink deur hoeveel pyn daardie arme kind gegaan het…..
Dit is die wreedste, wreedheid waarvan ek nog gelees het….ek
Ek hoop dit moet met aldrie ook gebeur….ook die ouma….
RIP arme kind…..my hart bloei vir jou….maar nou is jy sonder pyn en lyding….

Penellope Jones ·

Liewe genade tog.
Ek ka nie glo wat ek lees nie……..

Lance ·

Uiters barbaars maar dis al taal wat hulle lyk my verstaan …

Harry ·

Sien sal teen pa wees. Dogter teen ma en ma teen man . En anders om. Dis die tyding DAT die gesin besig is om te verbrokkel en Satan die wereld oorneem. Will julle nog regtig story oor openbaring. Dit gebeur hier voor ons wereld wyd. Scary maar tog van n wetenskaplike oogpunt opwindend. DAT die Bybel so waar word in ons tyd.

My mening ·

Ai dis hartseer. Ons woon in ‘n klein plattelandse dorpie. Elke keer as dit CPS, ongeskiktheid en gewone pensioen pay was, is dit ‘n dronk nes op straat. Vir 2 dae moet die kinders vir hulle ouers wegkruip en honger ly want as hulle huistoe gaan rand hul dronk ouers hul aan. Daai CPS geld is veronderstel om gebruik te word om vir die kind te sorg. Maar hulle sien nooit dat geld vir hulle gebruik word. Miskien was die outjie honger? Miskien het hy klere en skoene nodig gehad. Miskien moes hy geld vir iets by skool hê. As hy dit nie steel en vir homself gebruik gaan hy weer swaar kry vir die maand wat voorlê. So baie ouers se kinders is net ‘n middel tot’n doel! Dis hoekom hulle nie ‘n dinges omgee vir die kinders nie. Dit breek my hart!!!

Jan ·

En nou skop die moordenaars se menseregte in. Dit nadat hulle die mees fundamentele en basiese reg van ‘n ander – naamlik die reg om te lewe – negeer het en hom dit ontneem het. Goeie pakslae soos van ouds sou die ou net goedgedoen het, en definitief nie doodgemaak het nie.

charlene ·

As `n kind steel, straf jy hom. Ja `n hou op 2 is dalk goed. NIE moet `n sambok nie!!!
Jy help die kind reg, jy vermoor nie die kind nie!! Dis `n siek samelewing waarin ons leef, hoe slaan jy `n kind met `n sambok dood?!?!!??? Hoe los jy `n kind so aan `n paal, meeste van ons kan nie eens ons diere vas maak nie. Ek hoop albei word baie, baie erg gestraf.

Coreli ·

My hart bloei vir almal wat sulke dinge oor hulle harte kry.
Eendag is eendag wat jy Rekenskap moet gee !

Tinkie ·

Dit is erg 2 kinders waarvan ons weet dit is erg om dood geskop en dood geslaan te word waar is die ouma sluit haar toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.