Seun op fiets doodgery

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

’n Jong seun op ʼn fiets is Saterdagmiddag dood toe ’n motor hom in Athlone Park in Durban getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is na die toneel in Nyathiweg onder die N2-brug ontbied waar ʼn motor ʼn kind op sy fiets getref het.

By hul aankoms op die toneel is die kind in ʼn kritieke toestand gevind weens ʼn ernstige kopbesering.

Volgens Herbst was paramedici besig om hom te stabiliseer toe die seun se hart gaan staan het. Die paramedici het tevergeefs die kind probeer bybring en hy is later op die toneel dood verklaar.

Dit is nie in dié stadium duidelik of die bestuurder van die motor ten tyde van die paramedici se aankoms steeds op die toneel was nie.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fietsers ·

Nounet terug gekeur Vanaf n vakansie in Holland. Jy Sal dit nie daar kry nie. Dis amazing om te sien hoe kinders daar buite Kan speel en fietsry (in verkeer).
Nie in ons land nie. Dis hartseer. Sterkte aan die seun se ouers.

fred ·

in hierdie land is fietsryers en voetgangers “free game”…ek praat van ondervinding…. respek vir niks of niemand nie as hulle in n kar klim…

willem botha ·

Ek kyk so na die berig en wonder of daar n ongeluk was volgens die feite blyk dit ook of die polisie nie eers seker is nie.Maroela media waar kry julle die inligting van n neef in Bloemfontein se tannie op Paternoster?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.