Seun op N1 doodgery

Argieffoto

ʼn Vrystaatse seun (11) is dood nadat ʼn voertuig hom die naweek getref het terwyl hy die nasionale pad by sy tuisdorp probeer oorsteek het.

Moleleki Thunywa het Sondagmiddag saam met twee maats in ʼn watergat op Ventersburg geswem. Op pad huis toe het hulle die N1 probeer oorsteek toe ʼn wit Isuzu-bakkie uit Winburg se rigting op pad na Kroonstad Thunywa tref.

Sers. Mamello Mokhuoane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die Isuzu en nog motoriste op die toneel het Ventersburg se polisie en nooddienste ontbied. Hulle het Thunywa op die toneel dood verklaar en sy naasbestaandes in kennis gestel.

Genl.maj. Modise, bevelvoerder van die Thabong-polisiegroepering, doen ʼn beroep op ouers om deurentyd te weet waar hul kinders is. “Dis ook belangrik dat ons ons kinders oor padveiligheid leer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronel ·

Ek het vandag amper iemand raak gery op die N14 rigting oos vanaf Lanseria. Hulle staan langs die hoofweg en begin dan net skielik hardloop oor die pad. Gelukkig het ek baie spoed verminder toe ek hom langs die pad sien en kon ek uitswaai maar dis nie altyd moontlik op n hoofweg nie. Ek grap van alles die metro sien baie keer wat gebeur en doen niks. Volgens my is dit steeds nie wettig om op n hoofweg te voet te wees nie…. Of is ek verkeerd?

Wouter ·

Dis omdat die ouers nie van kleins af die kinders leer wat reg en verkeerd is nie. Die hele lot van hulle loop op die snelweë. Steek strate oor waar daar nie voetoorgange is nie ens! Die grootmense stop nie by stopstrate nie. Hulle gehoorsaam geen padreels nie. Jammer vir die kind, maar sy ouers moet verantwoordelok gehou word. Nie die Isuzu bestuurder nie.

Lou ·

Op Ventersburg is daar ‘n groot tonnel vir voetgangers onderdeur die nasionale pad. Maar ek sien selde dat dit gebruik word.

bgj van der westhuizen ·

dit is n groot probleem in suid afrika mense loop net oor pad en nie waar hulle die pad moet oor gaan nie en dit is die verkeers afdeling se probleem wand hulle beboet nie mense wat dit doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.