Seun op N3-snelweg doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Jong seun, vermoedelik 10 jaar oud, is Dinsdagmiddag op die N3-snelweg in Durban doodgery.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die seun is deur ʼn nutsvoertuig op die EB Cloete-wisselaar getref.

“Die seun was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Meiring gesê. “Die seun se liggaam het in die vinnige baan gelê. Daar word vermoed dat sy liggaam sowat 20 m geslinger is nadat hy getref is.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

POP ·

Hoe nou< die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Bollie man. Die kind was op die snelweg. Hier by ons moet ons soms tot stilstand kom want as die skool uitkom loop hulle die pad vol. Grootwild.

Asjas ·

Is daar nie ‘n wet teen voetgangers op ‘n snelweg nie?? Ek kry die bestuurder vreeslik jammer, ek dink nie dit is iets wat iemand ooit verwerk nie. Ek is baie jammer vir die kinder/s ook, waar is hul ouers? Gee hulle nie om oor hul kinders nie?! Wat soek kinders op ‘n snelweg? Ek is seker as daar ‘n skool of iets naby was sou die Regering al ‘n brug gebou het sodat kinders veilig kan oorstap, maar … dan het ek ook al gesien hoe daar ‘n veilige oorgang oor ‘n pad naby is maar “eish, dit was net 3 tree te ver ek was te moeg”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.