Seun op pad skool toe doodgesteek

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Hoërskoolseun is Donderdagoggend op pad skool toe in Vanderbijlpark met ʼn mes doodgesteek.

Sers. Gertrude Makhale, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgotso Bapela (18), ʼn leerder van die Vaal High School, en sy vriend is omstreeks 07:40 in Mumfordstraat deur drie verdagtes oorval.

“Die drie verdagtes het Bapela glo van sy selfoon en skoolsak beroof, voordat hulle hom met ʼn mes gesteek het. Die vriend het dadelik hulp ontbied, maar Bapela is dood voordat nooddienswerkers en die polisie by die toneel opgedaag het,” het Makhale gesê.

Daar word vermoed dat een van die verdagtes ook ʼn leerder was aangesien hy die kenmerkende grys skoolbroek en swart skoolskoene aangehad het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Enigiemand wat sien dat ʼn jong mens ʼn selfoon of skoolsak probeer verkoop, word gevra om die Vanderbijlpark-polisiestasie by 016 910 9046 of 071 675 7246 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PIETER ·

Hoe tragies is dit nie mens is nerens meer veilig nie ,kin oppad skool toe en boet met sy lewe ,sterkte aan famielie en hoop di skuldiges word gou gevang

Koos1 ·

Mielie, ek dink nie navorsing is nodig nie, dit is algemeen bekend, maar dit bly die groot wit olifant in die vertrek. Ek dink dit is hebsug. Vir lank in ons land is mense onderdruk en een van die grootste wapens waarmee die massas opgestaan het was brugerlike verset. Daar is gevra dat die mense die land onregeerbaar te maak deur nie wette na te kom nie. Na soveel jare van wetteloosheid, kan jy nie verwag dit moet skielik ophou nie, en die regering van die dag help nie juis die probleem stop nie, ook weens hegsug. As my president goed waarop hy nie geregtig is nie, en vir homself toeeien en boonop sy parlament (kaders) gebruik om hom te beskerm…… hoekom mag ek dan nie? Dis erg dat ‘n vrou helderoordag op straat met ‘n mes dood gesteek word, dat ‘n kind gedood word oppad skool toe en daar is 100de voorbeelde, maar ek dink dis ‘n kwessie van opvoeding. My vraag is net hoe ver nog? Wat moet nog gebeur? Ek bid vir ‘n spoedige Goddelike ingryping. Ek het twee kinders van 7 en 11 en weet regtig nie van iets anders as om gedurig te bid nie.

m ·

Ai tog dis so tragies. Hierdie wetteloosheid in hierdie land sal moet begin die nodige aandag geniet van die regering. Ons as ouers moet ons dood bekommer oor ons kinders se welstand want lyk my niemand is nerens mee veilig nie.

Dewald ·

My kinders is 2 weke terug ook geroof van hul selfoon en tablet,kinders is nerens veilig nie,veral by die wifi spots wat orals op is maak dit meer onveilig vir hulle.

sproet ·

Die skole in Vanderbijlpark begin om 07:25, Hoekom was hy nie al by die skool nie maar by die parkie ‘n hele end van die die skool af ?

SkarrelKind ·

sproet – wat maak dit tog nou saak?? ‘n Kind is vermoor vir ‘n selfoon. Sien dit vir wat dit is – tragies, barbaars en onnodig. Sou jy dieselde onsensitiewe vraag gevra het as dit jou kind was?

Mary ·

Sproet, wat weet jy van sy omstandighede en hoekom hy moontlik laat was? Dat hy oppad skooltoe was en sy lewe wou verbeter is wat tel!

Net ek ·

Siek verby. Die arme kind het dit nie verdien nie. Sterkte aan die ouers.

TDW ·

As kind het ek met my fiets skool toe gery, parkie toe en kafee toe, en toe eendag verander dit alles. Maar ons mag nie sê dat dit beter was in die apartheidsjare nie, dis mos rassisties! Witmense se monde word mos net gesnoer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.