Seun, pa en skoonpa tydens plaasaanval geskiet; twee sterf

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Familie van Vryheid in KwaZulu-Natal is in rou gedompel nadat ʼn man, sy pa en sy skoonpa tydens ʼn plaasaanval geskiet en twee van hulle in die aanval gesterf het.

Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood nadat hulle deur 12 verdagtes oorval en geskiet is. Billy se pa, Lood van Rooyen (76), is ook geskiet en sterk tans in die hospitaal aan.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Gwala was die mans op die familie se plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt buite Vryheid, toe 12 verdagtes omstreeks 20:30 die huis binnegekom het.

Volgens Gwala bedryf die familie ʼn winkel op die plaas, maar hulle is glo in die huis oorval. Dit is nie duidelik of die huis en die winkel langs mekaar geleë is nie. Die verdagtes het die drie mans glo geskiet en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Gwala kon nie bevestig of daar nog mense in die huis was ten tyde van die voorval nie.

Billy is na ʼn hospitaal gehaas, maar is op pad daarheen dood. Lombard is Woensdagoggend in die hospitaal dood.

Gwala het gesê ses mans is Dinsdagaand in die omgewing vasgetrek en deur die polisie ingeneem vir ondervraging. Hulle is egter nog nie formeel aangekla nie, omdat hulle nie sonder twyfel met die voorval verbind kan word nie.

Twee sake van moord, poging tot moord en huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

SNEL ·

Dis skokkend om te dink wat hierdie familie nou moet deurmaak; om n man en Pa saam te moet verloor of man en seun, dis vreeslik. Baie sterkte aan almal betrokke.

truter ·

wil net se eks jammer oor wat gebeur het . onthou net een ding . GOD het deur sy tuin gestap en n paar blommetjies gepluk vir sy koningkreik . want dit was so mooi ! toe kom haal hy sy blommetjies ! god sal niks laat gebeur as dit nie sy wil is nie [ amen ] !!!

Esther ·

Ek het nog altyd ‘n teer plek in my hart vir die plaas aanvalle, tot vier weke terug het dit meer persoonlik geraak…. iemand vir wie ek lief is, in sy huis oorval en so erg aangerand dat sy oog op sy wang gelê het – hy het dit nie oorleef nie.
Hulle kom in jou huis en doen met jou en jou eiendom net wat hulle wil – geen manier wat die motief roof is nie… hoekom jou martel tot jy dood is? dit omdat hulle honger is!?!?
Hoekom bind hulle jou nie net vas en vat vir hulle ‘n stuk brood en gaan nie!
Wat se lafaard moet jy wees dat jy met ‘n groep van twaalf ‘n weerlose gesin aanval – is ons boere op die plase vir hulle so ‘n groot bedryging!!!
Mag die Vader hulle genadig wees op die Oordeelsdag want ek as mens het geen genade vir sulke lede van die beskawing nie.

Jammer vir julle hartseer en seer. God wees met julle die pad vorentoe!!!!!

paul ·

Jy sien, voor 1994 was dit terrorisme en kon jy hulle almal doodskiet sonder nagevolge. Vandag is dit dieselfde, maar jy stel jouself bloot aan vervolging as jy teen die terroriste optree.

Boer ·

En so word die boere daagliks vermoor, gewone blankes word oorval en vermoor in hul huise,voertuie ens, dan staan leiers soos die EFF Malema en ANC Zuma en verkondig haatspraak en rassime teenoor die blankes , kla hul aan van volksmoord!!!!! Hulle hits dit aan, komaan blankes, hoeveel moet nog gebeur tot ons wakker skrik. Dis tyd dat ons blankes ‘n regte leier in ‘n organisasie vind wat durf het om dit wereldwyd te openbaar. Ek sal lewe, ek sal sterwe, vir jou Suid Afrika…

Hannelie ·

Ai Boer ek wens ons kan iets omtrent hierdie sinnelose moorde op ons boerevolk doen. Ons hande is afgekap, want solank as wat Zuma regeer, sal daar niks gebeur. Ons kan net vir die boere en ander mense bid wat nou die teiken is van aanhitsing.
Sterkte aan die familie.

Vicky ·

Solank as wat die Boervolk nie op hul knee vergifnis vra oor ons nie meer n Godsvreesende volk is nie, sal die Here ons nie bevry nie. Dit het ernstig tyd geword dat ons moet saam staan en bid dat die Here ons moet help. Alleen gaan ons nie die vyand se mag oor ons kan aanvat nie. Kom Boere volk. Begin ernstig bid.

DMC de Koker ·

Ek sal nie lewe en sterwe vir Suid-Afrika nie. Ek sal lewe en oorwin vir God ons Heer en tweedens SA. ( Die mag van lewe en dood lê in die tong).

Woedend verby ·

@Vicky, hoe kan jy sê dat solank ons nie op ons kniee om vergifnis vra nie, sal God ons nie bevry nie, KEN jy my?? Weet jy wat in my hart en in ander mense se harte is?? Ons kan nie eers meer kerk toe gaan sonder om aangeval te word nie!! Nie almal van ons is Goddeloos nie, meeste van ons is gelowige mense, en juis oor ons gelowig is, is dit moeilik vir ons om n lewe te vat, al is dit self verdediging!! Ja ek stem saam dat ons almal moet saam staan en niks gaan gebeur to dit gebeur het nie.

Ons is almal gatvol vir die sinnelose moorde!! Hulle kom nie om te steel nie, hulle kom om ons te vermoor en die wet is so dat die kriminele meer regte het as ons wat volgend die wet leef en ek het genoeg gehad!!

Ons gaan moet saam staan soos Vicky gese het en ek stem saam met haar anders gaan ons almal wreed vermoor word!

ONS MOET ALMAL BY MEKAAR KOM EN N HELSE GROOT OPTOG HOU! As dit vir hulle werk,dan sal dit vir ons ook werk!! Ons kan nie bekostig om nog te wag nie!!

Baie sterkte aan die familie met die groot hartseer, ek huil saam met julle!

elize naude ·

@boer
“ek sal lewe ek sal sterwe vir jou suid afrika…”???
tja dan moet jy die situasie aanvaar… ek is geen dooie held!!!

m ·

Sak hulle nou al in sulke hordes toe op weerlose mense op plase. Wys net hoe lafhartig hierdie mense is.

Gesiggie ·

Nog boere…nog n moord”’ ag nee… wanneer gaan dit stop”’ My innige meegevoel aan die Familie . Ek kan nie glo dat 12 van hul wil toesak? en nou is net 6 vasgetrek”’ en nog net formeel aangekla…. kry hierdie monsters wat nog n Familie se lewe verwoes het… ASB iemand doen iets… Sterkte aan Lood, mag jy gou herstel…

angie Van Rooyen ·

Ai dus baie tragies, dus familie van my man, lood van Rooyen, waar gaan dit stop…

Cobus ·

Die wêreld maak oë toe vir die wrede blanke moorde. In SA wonder ek of die moordenaars die slagoffer as ‘n “mens” of ‘n “ding” sien? Google “betekenis van lekgoa” en laai die “Is Jesus Christus” pdf af, dan sal u verstaan hoekom ek die vraag vra…

Rina Pretorius ·

dis baie eg, dis hoe die EFF en ANC die boere van hulle grond afkry om oorname te vergemaklik, hulle wil on vrouens en kinders verkrag en die mans vermoor, dit gebeur onder ons oe en ons is so in onmin in ons eie land dat niemand bekommerd is of ons lewe of doodgaan nie. Maar een ding kan hierdie “mense” weet ons Vader sluimer of slaap nooit nie,

Patriot ·

volksmoord ! Soos uitgestippel deur die ANC se vryheidsmanifes !

Sharkie ·

Dit is so sinneloos. Sterkte aan die van Rooyen familie en spesiaal aan Karlien wat haar geliefdes moes afstaan aan die dood. Karlien onse God slaap nie! Almal sal gevind word en swaar gestraf word. God sal vir jou berusting bring in hierdie moeilike tyd.

Theuns ·

Die POLITIEKE PARTYE se niks oor PLAAS MOORDE nie. Selfs Media Huise se niks. Dankie vir Maroela Media se kommentaar wat blitsvinnig verskyn sodra so iets gebeur! Wat is die probleem vir die stillte? Doen die Boere self iets moet hulle die misdaigers met hand skoene hanteer. As die misdadigers net ‘n skraapie aan hom het word hulle GEJAG asof hulle die kriminele is? Parys in die OVS is ‘n goeie voorbeeld. Zuma kan maar sy HAATSPRAAK uiter sonder dat hy iets oorkom? Vir die families van die Plaas vermoordes, on huil saam met julle!!

DMC de Koker ·

Regtegnies kan Zuma ook in die Internasionale Strafhof vervolg word, nie net vir wat hy aanwakker en aanblaas hier in SA nie maar ook vir sy beskerming aan die volksmoordenaar van Christene in Sudan Omar Al Bashir. Om egter te hoop en te vertrou op internasionale (een wêreldorde) instellings dink ek persoonlik is wensdenkery. (As hy ooit daar opeindig en geregtigheid geskied tog op ‘n manier, moet tog nie sy maatjie Julius vergeet nie.)

Theresa B ·

So word ons boere summier elke dag uitgemoor. Geen haan kraai daarna nie. En nou gaan ek nie verder kommentaar lewer oor wat ek dink nie……………………………………..

Martin Strauss ·

Dit is so verkeerd, ek raak so kwaad. En as boer werk ek met 100de can hulle per dag en jy kan nie help om te wonder wie van hulle dalk ini nag by jou huis gaan kom kak maak nie?? Hoe kan mens nie anders as om almal van hulle dan onder dieselfde kam te skeer nie?? Ons moet net altyd op en wakker wees en altyd gereed wees om jou en jou familie te beskerm! Dit maak my verskriklik kwaad, hulle was in my jaart n week terug, maar ek mag hulle mos nie skiet nie, ekt wel op hulle geskiet, maar sit jou vuil pote in my huis en jy en jou maatjies sal nie weer die son sien opkom nie. Ons moet saamstaan, regtig hoe lank gaan ons dit nog toelaat??

Wikus ·

Ons dorp is verskeur. Hy los sy vrou en 2 seuns agter. Die oudste seun is maaitjies met my dogter in graad 2. Hy is voor sy vrou geskiet. Volgens wat ek hoor, maar kan nie bevestig nie, wou hulle haar ook skiet, maar een van die ouer verdagyes het daarteen besluit.

Nita ·

Nog plaasmoorde! Dis om van te ween! Daar is geen genade vir die wit boere nie! Hulle is mos die gronddiewe wat met mag en mening uitgeroei moet word. N Vuur van haat is aangesteek en sal nie geblus word tot alles vernietig is nie.

Yolande ·

Ek is so lelik kwaad dat ek verskriklik lus is om te vloek maar sal eeder nie. Ok, moor uit gaan groot, maak soos julle wil, tot kospryse in hulle glorie hoog is dan wil julle mos toitoi oor alles duur is en julle dit nie kan bekostig nie. Dis mos nie julle skuld nie, geen gemors in hierdie land is mos julle skuld nie. Dis Jan van Riebeeck se skuld, dis 22jaar terug se apartheid se skuld, dis slegs wit mense is rassiste se skuld…nee regtig word wakker julle is besig om julle eie nageslag in armoede en swaarkry in te moor. Maar toemaar dan is dit mos nogsteeds nie julle skuld nie.

gerhard jacobs ·

Dit is jammer om elke dag te hoor hoe ons boere en wit mense uitgemoor word. Om vir die regering te wag om op te tree gaan ons nerens bring nie. Teen die tyd wat hulle gaan optree is ons wittes almal uitgemoor. Ons sal moet saamstaan as n volk en self optree of ons gaan die gevolge dra. Sterkte aan al die families wat al deurgeloop het.

Riaan ·

Malema het in Sondag se Rapport gese , hulle hou nie van wit mense nie, dit is al wat ek se.

Yolande ·

Waar is die blerry like knoppie as mens hom die dag nodig het

Morne ·

Dis ons witmense se probleem. Ons almal het altyd iets te se maar wanneer dit tyd is om saam te staan is almal te bang. Dit gaan net erger word tot ons net n klein handtjie vol oor is. Staan op vir jou mede mens. Dit witmens kan mekaar net oordeel. Wanneer gaan ons wakker skrik en saam staan. Ja ons kort n leier. Wie sal dit wees. Steve Hofmeyer is my vote

pieter ·

PARYS,PARYS ,AS JY JOUSELF VERDEDIG EK WEET SO WRAGTIG NIE WAT MOET EK MEER SE AS DIT NIE.EK VRA ELKE OGGEND DIE LIEWE VADER OM VERWARING ONDER DIE ANC IN TE STUUR, BID ASB SAAM MET MY.

Marietjie ·

Innige meegevoel met familie en vriende. Ek wonder wat dink die wit mense wat Malema
groot gemaak het van sy dade? Die makste hond byt die seerste, en so sterf die afrikaner
volk uit sonder dat n oog geknip word. Wanneer dit n swarte is hardloop die media en TV
om die nuus te berig. Malema word deur Zuma uit party geskop, nou staan hulle saam om
teen die wittes op te staan.

E ·

Was nog nooit n voorstaander van E.T. nie, het ook jare terug gedink die man is bietjie te erg, maar as hy nou sou opstaan ou matie!!!!!
Dink ons kort n opvolger.

wynand ·

Vicky ek stem met jou saam – ons sal moet saamstaan en bid en weer teruggaan na die Gelofte wat ons gemaak het in 1838. Te veel mense ignoreer dit of het vergeet daarvan. Dit is baie nodig dat dit weer herdenk word en dat ons almal saam bid – Ons het te ver afgedwaal.
Groot simpatie aan die gesin. Dit gaan nog erger word volgens Siener se boek wat ek gelees het , baie erger voordat dit beter gaan – nog baie gaan gebeur voordat ons weer die leiers van S A gaan wees. maar ons gaan dit wees. Lees asb Stem van ‘n Profeet.

KP ·

Hierdie is terroriste wat die boere terroriseer die boere sal hulle self moet bewapen en self beskerm. Die regering gaan niks daaromtrent doen nie.

Liza ·

So verskriklik hartseer….. wat kan ons doen behalwe op ons kniee gaan en pleit dat ons Vader moet intree….. Vir myself is dit te laat om pad te gee, maar my kind stuur ek oor die verste oseaan weg van ons geliefde Suid-Afrika want hier is geen toekoms vir ons kinders en hul kinders nie….. so hartseer ……

Thelma ·

Jammer vir julle verlies Karlien, jy verloor jou pa en man in ‘n oogwink, geen woorde kan jou en die seuns se seer beskryf. Ek bid vir jou vir kalmte.

KLEIN ·

En alles word in die stryd gewerp deur die ANC om die skuldiges van die Vrystaat bus ongeluk te kry Maar wat doen die ANC om die skuldiges van moord op blankes in die hande te kry.

Charlotte ·

JA NET NOG N STATISTIEK…..En daar word NIKS daaraan gedoen nie!!! Hulle kan moor soos hulle wil want niks gebeur nie…….ek is woedend!!! Sterkte aan die ARME mensies wat alleen moet agterbly….julle is in my gebede!!

Allie ·

Wil net graag weet, gaan die aanvallers ook so “gejag”word soos waar wittes ander persone per ongeluk uitgehaal het?

mariaan ·

Hierdie goed gebeur omdat die aanvallers nie bang is nie. Boere is sagte teikens en ongewapen. Dis tyd dat die bordjies verhang word. !! Die regering doen niks en is ook nie van plan om iets te doen nie.

mariaan ·

En die regering lees nie koerante nie. Niemand lig hulle in dat daar nog ń plaasaanval was en nou gaan hulle vergadering hou daaroor hou nie. ń Paar minder blankes of boere maak eenvoudig net nie vir hulle saak nie. Dis tyd dat ons dit besef.

Snip ·

En so gaan dit maar net aan en aan en jy mag nie haat nie. Ek kan nie meer hierdie nonsense hanteer nie. Dinge raak nie beter nie man.!!!!!!

Andre ·

Jy moet slegs jou naaste liefhê en natuurlik as jy ń naaste het, het jy ook n verste. Die kerke met hulle liberalisme hop so saam met die politiek rond.

Hulle is nie my naaste nie!!
Exo 2:11 En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.
Exo 2:12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.
Exo 2:13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?

Veritas ·

Die disipels het Jesus gevra wie hul naaste is en Jesus het hulle die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel. Toe vra hy hulle’ Wie, sou julle sê, was die man se naaste?’ Hulle antwoord toe, ‘Die een wat aan hom medelye betoon het’. Jesus antwoord deur te sê ‘Gaan en doen julle net so. Dit is tog hieruit duidelik dat diegene wat nie medelye met jou het nie, nie jou naaste is nie.

Piet Boer ·

Aan die familie wat oorleef het: Ek huil saam met julle. Ek moes eers tot bedaring kom voor ek kommentaar kan lewer; dit só ontstellend! Ek is woedend van magteloosheid. Ons het nie ‘n leier nie.
Weet iemand hoeveel boere is sedert 1994 vermoor?
Mense, kan ‘n saamtrek gereël word waar ons ‘n leier + planne vorentoe kan begin bespreek?
As ons NIKS doen nie is daar volgende week weer só ‘n berig op Maroela.

Sue Dewar ·

Ek stem saam met ‘Boer’. Hoekom is daar nog nooit verdere ondersoek gedoen in die saak waar ñ swart man, destyds op TV 2 vir Riaan Cruywagen gesê het, dat die regering vir hulle dvd’s gee, wat hulle wys hoe om plaasmoorde te pleeg nie, en dan word hulle R2000 per moord betaal. Daardie onderhuoud was dieselfde aand op tv, toe hulle die saak waar die polisie glo hulle honde op “illegal immigrants” ‘geleer’ het. Die honde-storie het wêreldnuus geword, terwyl die plaasmoord-dvd-storie onder die mat ingevee is.

alida ·

Sue Dewar, bring dit asb onder Solidariteit en Agri Forum se aandag sodat hulle ondersoek kan instel na sodanige DVD en weer na die TV onderhoud kan kyk om hulle van die feite te vergewis.

pat aldrich ·

Ronnie het die kinders op die plaas gaan help nadat hy sy werk verloor het. Hy sou nie n vlieg skade aandoen nie. Ons was vriende. Sy vrou het in Villiers agtergebly om sakies agtermekaar te kry voordat hulle permanent daarheen sou verhuis. Tragies. As jy die mense ken dan voel jy die verslaendheid aan. Die ongeloof hiervan. Druk wapen teen jou kop en trek die sneller.

Hartseer ·

Dis verskriklik om daagliks te lees van nog blankes wat vermoor is. Is ek die enigste blanke persoon wat wonder wanneer kom ek aan die beurt?
Ek is hartseer saam met almal wat geliefdes op hierdie vieslike manier aan die dood moes afstaan.
Mag God ons genadig wees…

Koos ·

Die berig is nie heeltemaal korrek nie. Billy is geskiet en sy skoonpa Ronnie Lombard is geskiet. Oom Lood is deur 3 aanvallers oorrompel en gemartel in die huis. Die kluis het hulle probeer oopmaak maar kon dit nie oop kry nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Koos

Dankie vir jou terugvoer. Die inligting in die berig is wat ons van die polisie ontvang het. Ons het reeds met die familie kontak gemaak en wag vir hul terugvoer en bevestiging van die gebeure.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Expat ·

Ek en my familie bly nou al 12 jaar in New Zealand. Ek mis my familie maar ek bekommer my nie een dag oor my kinders se veiligheid nie. My hart breek in stukkies elke keer as ek van die sinnelose moorde en aanvalle in SA lees!!

NET EKKE ·

“Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied..
Amen”

Ons mense bloei,
ons mense word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na die Almagtige vir leiding.
Kom ons bid en kom ons glo…

Dankie dat jy ‘n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan ‘n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.

Al wat oorbly is om dit aan al die mense te stuur in jou adresboekie wat ook soos jy bekommerd voel oor ons toekoms, wat ook, soos jy, weet dat ons hulp en redding net van die Almagtige Skepper af kom.

Kyk hoe verander ons Vader dinge, wat vir ons onmoontlik is!

Bolander ·

NET EKKE. Wat n pragtige gebed. Ek het al so baie gebid en saam met mense, maar ai. Hoelank gaan hierdie wreedaardigheid nog aan hou? Ek is ook een van miljoene blankes wat baie bang is en net wil hê hierdie barbaarsheid en hartseer moet verdwyn. Het al gedink om die land te verlaat maar waarheen en jy het baie geld nodig. En hoekom moet ek my geboorteland verlaat??? Is aanhou bid al oplossing?????? Jammer as ek ongelowig klink. Het nog altyd baie na aan HOM geleef. En hy het my al deur baie hartseer gedra. Sonder HOM sou ek dit nooit gemaak het nie.

Norman ·

Mense God het ons verstand gegee,gebruik dit asb.
Boere en wit mense wat nie boere is wil nie saam staan nie.
In die dorpe word ons beroof gekaap en somer aangeval.Die boere is n makliker teiken as n dorpenaar,dit gaan swaar met wit mense omdat hul nie die werk kry asgevolg van sy wit vel,bbeee. Maar die boere sal nie dink om gedeeltes van sy plaas op te offer om stads jaapies goedkoper bly plek te verskaf en sodoende veiliger omstandigheede te skep en die anc en sy trawante se planne in die wiele te ry nie.NEE dan verloor hy geld! Tot dan gaan dit swaar gaan met die wit volk.
Baie jammer aan die van Rooyen famielie.

gatiep ·

Norman jy is so reg daar.
Die Afrikaner is nou geskei in twee groepe die een lot jaag net geld aan.,en die ander lot kan net kla want dis al wat hulle kan doen want hulle het nie mag en geld om iets te kan doen nie En so gaan ons kinders eendag van ons bestaan lees in die geskiedenis boeke.

Tiger ·

Hoekom is die Valke nie besig met die’ “plaasmoord” nie???Kan enige iemand my ‘n aanvaarbare antwoord gee hierop?Ek twyfel.Dit was nie ‘n rower bende nie maar ‘n terroriste bende en moet as sulks behandel geword het deur die owerhede.My man se hy sal voor die voet skiet sou ons aangeval word hetsy deur een of een honderd.Hy gee nie om wat die regering of wet se nie.
Ons simpatie met die familie van die wat oorlede is en sterkte aan die oom in die hospitaal.

Henk Venter ·

Toe twee plaas aanvallers na bewering deur die boere vermoor is, is die Valke onmiddellik ontplooi om die moorde te ondersoek en boere links en regs toegesluit.
Is die Valke reeds in hierdie aanval ontplooi?

Sonja ·

Vanoggend ook ‘n plaasaanval in BHS, gelukkig is hulle nie beseer nie en die 2 aanvallers is gevang.

dewald20 ·

Op die oomblik dink ek Orania is die veiligste plek om te woon ek dink ek gaan n skuif maak soontoe.

Gemsbok ·

Ek stem saam.

Op Orania kan ons na mekaar omsien sonder dat ons heeltemal omsingel en geinfiltreer is met mense wat ons leed wil aandoen bloot omdat ons Afrikaners is.

Theresa ·

Moordenaars. Weer in ‘n groot groep, want dis hoe dit by hul werk. Vang en sit weg vir altyd. BAIE simpatie aan die familie – dis ‘n ongelooflike verlies.
Ek vra al lankal vir statistiek van hierdie moored op ons blankes.

Lance ·

Nie een van die 12 het n gewete nie …watse tiepe mense is die …mense het nog n gewete . Wat gaan dit neem voor die minister van polisie opstaan en iets doen ….nee hy is te besig om te help geld tel ….

net ekke ·

Ek weet ek het gebed geplaas maar ek is woedend in my hart hy bloei en bloei God het sy mense wapens in hul hande gegee ons moet ons wapens optel al moet ek in die tronk gaan sit God het Daniel in die leeukuil opgepas God sal ons nie in die steek laat nie ek is kwaad maar bid sal ek bly bid God sal uitkoms gee maar hvl nog kan ons vat?????

Flippie ·

Nog ‘n boer wat ek ken is daarmee been. My innige simpatie gaan uit na die families en vriende wat hierdie aakligheid moet verwerk.

Hierdie gemors waarin ons verkeer moet vierkantig voor die deur van die regering gelê word. Dit is elke landsburger se konstitusionele reg om in veiligheid te lewe en dit is die regering se plig om toe te sien dat dit gebeur.

arno ·

Eerstens jammer aan die familie. God sal jul die innerlike krag gee. Ons bid vir julle. Tweedens was dit weerlose mense(boere) op n plaas. Stap ons ooit in hulle areas in en moor n familie so uit!? Nee! Dis skokkend! ONS WIT MENSE het nie meer plek in die land nie. Zuma en malema kan haatspraak maar solank ons wittes dit gaan toelaat so lank gaan hulle ons uitmoor!

JB ·

Die regering ontplooi sy moordenaars nou letterlik by die dosyn. Steeds geen optrede en massa-aksie deur diegene wat geteiken word. Eendrag maak mag..WIE HET DAARDIE LEUSE UITGEDINK? Dit is so die antitese van blankes in SA. Jare se dwarstrekkery, beterweterigheid, rugstekery en verraad is eerder so tipies van hierdie deel van die bevolking. Passief sal ons terugsit en toelaat dat ons uitgewis word.

Daan ·

My hart gaan uit na die familie van hierdie mans. Om die lewe van ‘n ander te neem is afskuwelik. Ek sien ongelukkig ook baie gebede en praat van “hulle” en “ons”. Dit is baie maklik om gou ‘n boodskap te tik van hoe walglik dit is en dan ‘n gebed of seënwens. Plaas daar word werklik iets gedoen. Ons leef in ‘n moderne wêreld. Deel hierdie berigte met vriende oorsee. Begin petisies. Die blanke is soos ‘n kat. Elkeen wil in sy eie rigting, maar ‘n klomp katte saam kan ‘steeds n groot lawaai maak.

Brian ·

Daan, die tyd vir gemeenplase is verby. Neem dit elders asb.

Pieter ·

En dan is daar wragtig nog mense en organisasies wat Volksmoord ontken!
Ek weet nie wie haat ek meer nie, dié wat die daad pleeg, of dié wat die daad (volksmoord) ontken!

Andre Erasmus ·

Hierdie is aan al ons wit Afrikaners en lesers gerig. Met ‘n swaar gemoed wil ek graag die volgende beroep aan jul almal doen en hoe ver dit ookal moontlik mag strek. Ek het al die kommentaar oor die spesifieke plaasmoord gelees. Waarom dan? Omdat ek en ons familie skielik daardeur geraak word. Voor vanoggend se oproep het ons almal (en baie ander Afrikaners) net gehoor van al die plaasmoorde en miskien gese: “ai dis sleg of ons gebede gaan vir die families op”. Maar skielik wil ek iets doen, geregtigheid he, vergelding, optrede en vervolging he, haat en wantroue in alle swartes word gekweek, en so kan ek aangaan. My opregte beroep aan u is dat ons as wit Afrikaners moet ophou om die uitwissing van ons nasie te ignorer. Kom ons veg terug vir ons en ons kinders se behoud. Kom ons trek saam soos dit al jare vir ons voorgeskryf word, hetsy deur die Bybel of Siener en ander se boeke. Wat ons alreeds 22jaar gelede moes gedoen het en NIE omdat ons ewe skielik direk daardeur geraak word nie. Maar wel voor die volgende plaasmoord en enige ander moord op die Afrikaner gedoen word.
Wie is “DeLaRey”?

(neef van Ronnie Lombaard)

hercules ·

~ geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte ~

Jaco Grobler ·

Skokkend. Ek bid vir die naasbestaandes, afrikaners en land. Ek is egter moeg vir mense wat sê ons kan nie saamstaan nie. Hoeveel buurtwagte is daar, hoeveel sekuriteits groepe onder boere in verskeie streke, hoeveel van ons wat Afrikaanse besighede ondersteun? Oorgenoeg feeste, skoue, sport en kultuurbyeenkomste waar afrikaners dit reël, vir hoofsaaklik afrikaners en wat ook dan so bygewoon word. Dink biedjie watter ander kultuur begin sy eie dorpe, universiteite, skole en tegniese instansies. Wie gaan VN toe om sy saak voor te lê en uitkoms te soek vir ‘n bloeiende volk. Meneer en Mevrou wat altyd moun ons kort ‘n leier, trek jou vinger uit, daar is mense reg rondom jou wat NOU besig is om ons erfenis te bewaar. As jy te verdomp sleg is om biedjie navraag te doen in jou omgewing oor waar jy kan inskakel, of self iets aan ‘ons’ saak te doen nie, is dit goed so, maar ek weier dat jy sommer net goedsmoeds alle Afrikaners onder een kam skeer as passiewe mense wat net hulle eie aggendas wil bevorder.

willie ·

Lafaarde kom in groepe. Volksmoord op die hooste graad. As die 12 gevang word, wat ek betwyfel, moet hulle asb nie seermaak nie. Gee hulle n coke en n kussingkie om te sit in die vangwa, want anders skend julle hul regte. Groot rasistiese hofsake, want die agtergeblewe bloedjies was tog maar net honger… En dit als van Riebeeck se skuld…

Sputnik ·

As mens oplees van wat in die res van Afrika met die boere/blankes gebeur het, is dié tipe rampokkery nie nuut nie – Algerië, Kongo, Angola, Mosambiek, Zimbabwe, noem maar op. Dit is tragies.

Oupa D ·

Dit is met diepe hartseer dat ek hierdie berig lees. Ek en Ronnie Lombaard was goeie vriende en ek ken sy gesin en die Van Rooyen gesin baie jare. Billy was bekend in die Zwathi-omgewing vir die opheffingswerk wat hy en sy pa (Lood) daar help doen het. Hy was mentor van verskeie opkomende boere. Hulle was so gewild by die mense wat in hulle omgewing woon, dat hy en Karlien toe hulle getroud is, deur die Zoeloe-gemeenskap met ‘n tradisionele Zoeloe-troue vereer was. Ronnie het einde 2015 afgetree en het toe ‘n nuwe grondontwikkeling vir Billy gaan help bestuur. Nou is hulle beide doodgeskiet – deur gierigheid! Twee seuntjies sonder hulle pa en ‘n vrou sonder haar man! Dis so skokkend en grusaam dat dit my naar maak. Mag die moordenaars gou gevang word en die hoogste moontlike straf ontvang, al kan dit nooit vergoed vir die verlies nie. Ai, mense! Ons moet bid vir hierdie land – dis 5 voor 12!

Dirk Bosman ·

Die stilte aan die kant van ons politici is oorverdowend.

Johann Marx ·

Flip, jy is die enigste persoon met kommentaar wat sin maak. Hoe kry ek jou in die hande? Weet nie of Maroela dit gaan toelaat nie, maar [email protected]. Kontak my.

E ·

As daar so baie komentare is beteken dit net een ding, ons mense het genoeg gehad! Ook n teken dat as ons hande vat en saamwerk daar beslis iets gedoen kan word, maar ek is bevrees woorde en petissies gaan niks oplewer nie. Wat is die volgende stap?

Oupa D ·

‘n Baie goeie vraag! Wat is die volgende stap? In my beskeie opinie: Raak ontslae van die huidige rigtinglose en ruggraatlose regering deur seker te maak dat ons ALMAL van nou af gaan stem om hulle te verwyder. Dit klink dalk sinneloos, maar ons kan hulle werklik so verswak dat hulle verplig word om na die stem teen hulle te begin luister – iets wat hulle tans weier om te doen. Dis al wat ek en jy as ‘gewone’ mense kan doen. Stem in die munisipale verkiesing, stem in die nasionale verkiesing – hou aan om jou stem te gebruik oral waar jy gaan – dis al wat oorbly vir ons!

tamboti ·

Andre, Flippie en Johan Marx, ja ons sal moet stry vir ons oorlewing.
Aan al die bidders: al staan dit in die Ou Testament, (sulke sake van oorloee en oorlewing word nie in Nuwe Testament behandel nie) verstaan jul nie dat God net ‘n nasie wat bereid is om hulself te verdedig – of aanval, sal help in die stryd soos bv. by Bloedrivier en soos telkemale in OT. Dink jul die Almagtige God het Sy gesindheid verander omdat ons nou demokrasie en menseregte het? Julle bid dus vir die verkeerdelik vir vrede en beskerming en teen God se Wil. As jul dan nie kan vereenselwig met kragdadige opterede en daarvoor bid nie, bid dan tenminste dat ‘n sterk leier sal opstaan en deur God gesalf en geseen wees om dit te doen!

Ounooi ·

Die volgende blanke wat in die wapenwinkel waar ek werk in kom en sy vuurwapens inhandig omdat hy of sy nie lus is om te hernu nie, gaan ek skud tot hulle wakker word. Mense gaan julle lisensies se verval datum na en hernu 90 dae voor dit verval. Ons gaan elke vuurwapen nodig he.

Anoniem ·

Kan of wil die blanke volk nie verstaan nie. Indien jy nie n vuurwapen het nie moes jy al gister een gekry het. Bewapen jou ten alle tye en hou die vuurwapen byderhand. Tref veiligheids maatreels en kom tot die besef dat die witvel die teiken is. Asb. word wakker!!!

Willie ·

Daar is ook ander wapens waarvoor nie hoef lisensie te he nie….

Wickus de Bruin ·

Ek, vrou en jongste seun was ook slagoffers van n gewapende roof. Presies wat die woord beskryf, “slag”offers.
Ons regering het geen plan om aanvalle deur terroriste aan te spreek nie. Junie gaan dit 4 jaar wees sedert die voorval. Saak al 7 keer al uitgestel. Twee keer daarvan het die staatsaanklaer nie eers opgedaag nie. Ons bid elke dag dat alle slagoffers met die genade van Bo sal aanhou veg om staande te bly tydens verhore indien die terroris agter tralies is. Indien die terroriste nog vry loop dat die slagoffers veilig sal wees.
Ons volk moet terugkeer na ons Vader en by Hom alleen skuil totdat Hy ons eendag kom haal. Ons bid vir julle.

HB ·

Ek wonder hoe lank ons volk dit nog gaan vat dat ons volksgenote vermoor word in beplande tereur aanvalle. Tien mense word in Parys, Frankryk geskiet en daar is amper die derde wereldoorlog! Duisende van ons volksgenote word jaarliks koelbloedig in hul huise en op plase doodgeskiet soos honde, gemartel en beroof, maar dit wil voorkom asof ons ons koppe net skud in verbasing en dan stilletjies dankbaar is die dood is nog nie in ons kraal nie. Solank ons kan rugby kyk, met die Fortuner op vakansie gaan en geldmaak is ons te gemaklik en in ons eie ou wereltjie vasgevang met die gevolg dat ons dit gelate maar aanvaar. Die bybel praat daarvan dat jy die ander wang ook moet draai, maar ons volk word al spreekwoordelik gesproke gesodomiseer. Wanneer gaan ons opstaan vir ons voortbestaan. Ons voorvaders het die ganse magtige Britse empire aangevat oor die spul geluide gemaak het om die land te vat. Het ons eens trotse dapper volk ‘n volk van papbroeke geraak wat nie iets gaan doen nie omdat dit nou nie juis met ons naweekplanne inpas nie. Word wakker my volk!

martie ·

My hart is baie seer vir al ons mense wat so seer gemaak word en vermoor word asb kom ons staan saam stem vir n leier ek vra vir STEVE HOFMEYER kom lei ons asseblief ons boere ons kinders .Hoekom moet ons dit aanvaar JESUS HELP ONS ASSEBLIEF

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.