Seun pleeg glo selfmoord oor rapport

Argieffoto

ʼn Graad 11-leerder van ʼn Gautengse skool het Woensdag glo sy eie lewe geneem nadat hy sy skoolrapport gekry het.

Steve Mabona, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het Vrydag gesê die seun was ʼn leerder aan Strauss Secondary School in Ekangala, noord van Bronkhorstspruit.

“Die seun se ma het na bewering op hom afgekom waar hy aan ʼn balk in die motorhuis gehang het. Paramedici is ontbied en hulle het die seun na die plaaslike kliniek geneem, waar hy met sy aankoms dood verklaar is,” het Mabona gesê.

Die departement het sy skok en hartseer oor die voorval uitgespreek.

“Dit is tragies dat so iets gebeur het. Om jou eie lewe te neem is nie ʼn opsie nie,  aangesien daar beskikbare hulpbronne is om leerders by te staan. Die departement doen ʼn beroep op ouers en die gemeenskap om leerders se gedrag noukeurig dop te hou en betyds op te tree as hulle onraad vermoed,” het Mabona gesê.

Mabona het gesê berading word voorsien aan almal wat deur die tragedie geraak word. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan die seun se familie Vrydagmiddag besoek.

“Die departement doen ʼn beroep op leerders om nie hul eie lewe te neem nie. Om ʼn graad te druip beteken nie dit is die einde nie. Almal misluk in ʼn sekere stadium. Ons moet aangemoedig word om oor te begin en te strewe om ons doelwitte te bereik,” het Lesufi gesê.

Leerders wat depressie ervaar, kan ondersteuning van Childline verkry deur hulle tolvry by 0800 055 555 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nettie ·

Stem saam skole moet dit baie mooi hanteer. Ouens en leerder moet voor die tyd gesprekke hê dit so n skok vir albei. Skool sielkundiges moet hierdie probleme met ouers vroegtydig bespreek. Dit is hul verantwoordelikheid

Mercia ·

Dis so hartseer en onnodig. Het die skool nie voor die tyd met die leerder en sy ouers gesprekke oor die seun se vordering gehad nie? Niemand moet uitvind hy/sy druip op ‘n rapport nie?! Dit sou uiters onverantwoordelik wees om die nuus so te breek.

Louisa ·

Mercia, dis nie altyd so eenvoudig nie. Dit kn dalk ‘n goeie rapport bewees het, maar die kind het dalk gedink hy het of kon beter gedoen het. My hart gaan uit n hom en sy ouers en fmilie.

Ekke ·

Skole kan regtig n berader vir kinders kry om met hul te praat n dag voor skole sluit en dan hul Raport gee en te bespreek as n kind nie geslaag het nie.dis regtig n groot probleem wat moet aan gespreek word.en die skool kinders wat al dood is deur pad ongelukke omdat hul op ander dorpe moet gaan sport speel ..Stop dit nou .

Nettie ·

Stem saam skole moet dit baie mooi hanteer. Ouens en leerder moet voor die tyd gesprekke hê dit so n skok vir albei. Skool sielkundiges moet hierdie probleme met ouers vroegtydig bespreek. Dit is hul verantwoordelikheid

Regtig? ·

Nee regtig, om te druip gebeur nie in n oogwink nie. Die kind EN sy ouers kry die hele jaar terugvoer. Daar word toetse geskryf, gesmeek dat kinders moet huiswerk doen en leer. Wat wil julle nou nog van onderwysers verwag? Kan jul kinders nie maar net deur hulle aangeneem word aangesien die skool vir alles moet verantwoording doen nie? Jy weet mos jou kind sukkel. Wat het die ouers gedoen om te help?

Charmayne ·

Hoe op dees aarde moet party kinders goeie vordering maak as klasse oorvol is. Dit is nie die onderwyser se skuld nie, dit is die departement se skuld. As daar meer skole gebou word, meer onderwysers aangestel word, en korrupsie stop gesit word , sal kinders wat stadig vorder beter opvoeding kry.:@

Nettie ·

Ek weet waar hulle nou glad vooraf met die ouers of kind gepraat het nie. Die kind se sport erekleure is dadelik van hom afgevat die onderwyser het hom gevra om sy baadjie voor ander mense uit te trek. Hy het sopas sy rapport en die skok gekry. Hoe swak dit now deur die skool hanteer nie. Hoe verneder is daardie kind nie. Sielkundiges by skole het n groot verantwoordelikheid teenoor kinders. Hulle moet kinders voorberei. Druk op kinders is groot. Sosiale media waar dié kinders uitgehaal word deur mede maats. Plaas ekstra druk op kinders. My vraag mag die kind se sport erekleure van hom weggeneem word omdat hy gedruip het?

sug ·

Nettie, is daar ‘n ander berig wat erekleure noem? Ek sien dit nie in die berig nie.

Landie ·

Kom ons wees bietjie eerlik. Dis gewoonlik nie ‘n skok as ‘n kind druip nie. Jy druip nie net skielik as gevolg van een slegte punt nie. Gewoonlik stuur die skool lank voor die tyd ‘n brief na die ouers wat hul nooi na n vergadering om hul in te lig van hul kind se swak prestasie en ook om ‘n aksie plan bymekaar te sit van hoe om die kind te help. Maar soos gewoonlik is alles die skool, skoolsielkundiges en onderwysers se skuld. Wanneer vat ons as ouers bietjie verantwoordelikheid vir ons eie kinders en kyk bietjie dat huiswerk gereeld gedoen is en dat daar geleer word vir toetse en eksamens? Dis my verantwoordelikheid om my kind se punte gedurig na te gaan en as dit nie na wense is nie die skool te nader sodat hul my kan raad gee oor moontlike oplossings. JOU KIND IS JOU VERANTWOORDELIKhEID. NIE DIE SKOOL S’N NIE.

Wendy ·

Landie, ek stem saam. Jou kind is jou verantwoordelikheid, maar baie kinders het meer hulp nodig wat die skole GLAD nie aanbied nie. Ek het self twee kinders wat hulp nodig het en ek het al gehuil, gebaklei, mooi gepraat, gaai gelek en probeer om koop. Ons skool stelsel is oorvol en onnies het nie altyd die tyd of stel soms ook nie belang om te help nie. Daar is goeie onnies. Hulle is ongelukkig net te min en is gewoonlik nie in n hoof pos nie…. Ek as mamma sorg dat huiswerk gedoen is, ek sit saam met altwee in verskillende grade en leer. Weet jy dalk enigsins hoe moeilik dit is vir ouers ook. Ek is nie die enige ouer wat dit doen. Daar is baie van ons! So die skool moes anders opgetree het hier!

Veritas ·

Die druk, om te presteer, is hopeloos te hoog op vandag se agenda. Kinders kry nie meer kans om kind te wees nie. Sommige kinders word gedruk om beter as ma of pa te presteer so alof almal ewe begaafd is. Ondersteuning vir die kind wat sukkel, is soms heeltemal afwesig. ‘n Kind wat op skool sukkel, is nie noodwendig lui nie. Sommige het net nie die vermoë om te kan leer nie alhoewel daar niks met sy intelligensie skort nie. Ek dink hier byvoorbeeld aan Tony Factor wat nie sy skoolloopbaan kon voltooi nie maar tog ‘n baie suksesvolle sakeman geword het. Die liefde en aandag wat ‘n kind by die huis kry en dít wat hom vorm om ‘n gerespekteerde lid van die samelewing te word, is van baie meer belang as skolastiese prestasie. Om te presteer is goed maar om in ‘n liefdevolle omgewing groot te word, en daardeur goeie waardes aan te leer, is baie meer belangrik. Geen kind behoort ooit sovêr gedruk te word dat selfmoord as ‘n uitweg gesien word nie. Nie deur ouers, onderwysers of maats nie

LOLLIE ·

Elke jaar is dit my grootste bekommernis dat van my kinders ook in so depressie inval as dit by einjaar Raporte kom. Juis omdat Wiskunde maak dat jy dalk jou GR moet oordoen sou jy dit druip. Dink dis onregverdig van Departement. ALMAL nie ewe sterk in Wiskunde nie …

Mariana ·

Ek stem saam klasse is te vol en kinders van ooral word met busse aangery die kinders wat in die omgewing van hulle skolle bly word benadeel en die staat doen net mooi niks plaas hulle skole bou nader aan elke leerder se bly plek en ook minder leerders per klas so doende sal daar ook beter toepasing wees van onderwys dis belaglik hoe skole oorval word en klasse tot 40 per onnie is en so word die onie as die vark in die verhaal gemaak komaan. Dis die goverment wat te blameer is nie ouers of onnies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.