Seun pleeg selfmoord by PTA-laerskool

Marnus Vorster. Foto: Verskaf.

Marnus Vorster. Foto: Verskaf.

Marnus Vorster, ʼn 12-jarige leerling aan die Gereformeerde Gekombineerde Skool Dirk Postma in Pretoria se Moot-omgewing, het Maandagoggend by die skool selfmoord gepleeg.

Vorster het homself omstreek 05:45  in ʼn buitekamer van die kerkgebou, wat op dieselfde perseel as die skool geleë is, met sy skoolserp gehang. ʼn Werker het op sy liggaam afgekom.

Hannes Noëth, skoolhoof, het Maandag aan Maroela Media gesê Vorster se dood is ʼn groot skok vir die skool. “Marnus was baie lief vir uitdagings, hy het altyd die voortou geneem en het namens die groep gepraat,” het Noëth gesê.

Vorster was bipolêr en het medikasie ontvang. Daar word vermoed dat ʼn traumatiese ervaring wat verlede week plaasgevind het, tot sy besluit om sy lewe te neem, bygedra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

CAV ·

So jonk. Aaai tog. Alle medelye en innige simpatie aan die ouers wat deur die moeilike tyd nou moet gaan

Leeutjie ·

Daar is soveel kinders wat bipoler is en my vraag is: Sien onderwysers dit raak? Hierdie is vir my ‘n ongelooflike ontstellende onnodige dood wat plaasgevind het! Daar is soveel kinders met hulpkrete. Het ons leerkragte die geoefende oog om dit raak te sien of word dit net doodeenvoudig geignoreer want die tyd of intense belangstelling is nie daar nie! Ek wil geensins tone trap nie maar ek kry my kleinkind by ‘n naskool smiddae en sien baie kinders wat geisoleerd sit en baie ongelukkig en hartseer lyk!

Ek het al ‘n ouer rapporteer by die skool wat baie sleg met haar stiefseuntjie werk en dit is baie goed deur die hoof en personeel hanteer.

Ies ·

Klein Marnus was gediagnoseer en op medikasie .
Sy skool – Gereformeerde Skool Dirk Postma was bewus en
die personeel het een en almal ongelooflik steun gegee aan hom
en sy gesin . Hulle liefde en moeite was beslis meer as die
ekstra myl . Dankie .

Elizabeth ·

Ag hoe verskriklik jammer, hoe absoluut aaklig. Arme arme kind. Maroela, asseblief, ek vra mooi dis selfdood NIE selfmoord. Baie en innige simpatie aan die ouers, familie en maats.

Ramona ·

My meisiekind is ook maar net twaalf en ek kan nie my lewe in dink sonder haar my inigste simpatie aan die ouers en familie lede wat deur die swaar tyd gaan ek het nie woorde nie maar vra Mag God Julle Dra

andre ·

Waar kom selfdood vandaan. Ek is 70 en dit het nou in die laaste paar jaar eers begin pos vat. Selfmoord bly selfmoord en is altyd tragies.

EMK ·

Andre – dis meer “compassionate”. Mens kan jouself fisies nie vermoor nie…ag ek wil nie eers op dit ingaan nie, los maar die kritiek. Sielkundiges en andere is dit eens dat daar konnotasies aan die woord selfmoord is wat onnodig is. Laat dit maar daar… dalk moet jy meer lees oor die onderwerp dan sal jy verstaan.

Delia ·

Selfmoord en selfdood is altwee horribale woorde…..waarom nie net se hy het sy eie lewe geneem nie?

sarie van heerden ·

Word daar nie teveel gepraat en geskryf oor selfmoord en sodoende jong kinders idees te gee nie? Ons moet alle wee ondersoek want so kan dit nie aangaan nie.

anon ·

My meisiekind ok 12 sy onlangs begin om vir my te se sy wil by haar ouma wees sy se di kinders by skool lelik met haar en dat hul haar spot datvsy disleksie is ek was al by skool dat hul kan kyk wat aan gaan

EMK ·

Anon – moet dit nie los nie, maak seker die skool volg dit op, maak nie saak of hul dalk dink jy is ‘n “lastige” ma nie, hou aan met dit. Almal is nie eenders nie, wat van een kind se rug afrol soos water van ‘n eend se rug is 1000% erg vir ‘n ander en kan tot hartseer ly. Ondersteun jou kind en vertel haar elke dag kinders soos sy is JUIS geskep sodat ons kan leer van haar siekte – sy moet trots wees op haarself, dis nie ‘n skande nie.

Carli ·

Agge nee, shame man. . . Dis erg dat mense op al hoe jonger ouderdomme nie meer kans sien vir die lewe nie. So bitterlik hartseer. Ek bid vir die ouers.

lee ·

05:45???????????? goeie groet hoekom so vroeg arme kind by skool aflaai??? nee o jinne.. So jonk en soveel wat ng voorgele het.. Rus in vrede Marnus

Annie ·

Sy ma begin 6 uur in die oggende werk en was die enigste een wat hom kon aflaai. Ek het hom geken, dis n verskriklike ding wat gebeur het en ons is almal verslae daaroor. Daar is bemoeienis met hom gemaak, meer as wat buitestaanders van weet. Ons bid die sterkte van die Here toe vir sy hele gesin, dis met een woord, tragies.

A ·

Sommige ouers woon en werk vêr en het geen ander keuse as hom hul kinders vroeg af te laai, my kind gaan net so vroeg skool toe, ons probeer wel by hom bly totdat daar nog maats is, maar ek dink nie dit is altyd vir ouers moontlik. Ons leef in baie moeilike tye, finansieel en ander.

MissE ·

Ai die arme familie en vriende, veral die ouers. Mens kan nie help om te wonder wat verlede week gebeur het wat tot hierdie gelei het nie.

Kosie ·

Een van sy medeleerlinge se Pa is verlede week in ‘n motorfietsongeluk oorlede, hy was ‘n polisieman.

Annemarie ·

Dis soooooo hartseer! Ons kan net bid dat ons Hemelse Vader die familie en vriende sal troos en dra in die tyd. Sterkte v julle

Mari Theologo ·

Rus in Vrede liefiekind my hart gaan uit na ouers!!!

anonnie ·

Dis v my sooo hartseer en onnodig. Wat op deesdae aarde moes daai arme seuntjie nie deur gemaak het om tot op daai dra sties besluit te kom. My innige meegevoel aan sy ouers en familie.

Letizia ·

My innige simpatie aan hierdie seun se ouers, famielie, naasbestaandes en vriende. Wat hierdie mooie kind tot dit gedryf het en op so jong ouderdom is traumaties vir almal om hom. Ek weet Oktober is die maand waar die meeste selfmoorde plaasvind. Mag hy by Jesus rus vind.

Tersia ·

Marnus, jy was pragtig, ek onthou jou as klein seuntjie… altyd vol lewe en bang vir niks. Rus sag xxx

johanna nortman ·

Dus regtig baie jammer dat so n jong kind dit moes doen. Dus jammer dat die kind so vroeg by die skool afgelaai is. Hoekom nie na n maatjie toe gevat nie en dat hy en die maatjie saam skooltoe kon gaan.

Bia ·

Dis vir my so hartseer om iets soos dit te lees !! Dit breuk eintlik mens se hart om te dink dat iets n kind se lewe so kan beinvloed laat hy besluit om selfmoord te pleeg.. So jonk en so pragtig en so ONSKULDIG.. Ai mammie , in die Here se hande is hy nou veilig waar niks hom seer kan maak nie , aan die vriende en familie : my hart gaan uit vir julle ek kan myself nie eens in dink hoe julle moet voel nie !!! Liewe Jesus is met julle almal !!

Albert Cronje ·

Wat ‘n hartseer dag. Die arme kind en ook die gebroke ouers. My hart gaan uit na julle.

Ella ·

Hoekom moet die media so onsensetief melding maak oor die metode van die sterfgeval? Is dit enigsins nuttig.
Indien die kind medikasie ontvang het kan dit die oorsaak van sy selfmoord gedagtes wees. Dit is bekend dat sommige antidepressante dit doen. Google maar bietjie. Dit kan dalk al die betrokkenis help om nie skuldgevoelens te hê nie, en ander oordele te onderdruk.

Patat ·

Hoe moes hulle dit gestel het, Ella? ‘n Mens sê ‘n ding soos hy is, dan wonder niemand daaroor nie.

Sterkte aan almal wat hom geken het.

Ouer van bipolere tiener ·

As ma van ‘n bipolere tienerdogter, is hierdie enige ouer van bipolere kinders se grootste vrees. My hart gaan so uit na die ouers en ander naasbestaandes. Iemand wat nie direk met psigiatriese siektes te doen het nie, kan geen opinie/raad gee nie. Elke geval verskil ook van die ander, daarom kan ek nie ‘n opinie oor hierdie geval gee nie. Net die ouers self weet hoeveel trane het hul al gehuil, ook voor sy tragiese selfdood, hoe hard het hulle probeer om hom te help, hoeveel slapelose nagte, hoeveel smeekgebede dat hul kind net “normaal” kan wees, hoeveel doktersbesoeke, besoeke aan sielkundiges, hoeveel probeerslae met verskillende medikasie omdat elke mens anders op medikasie reageer. Die samelewing het GEEN idee nie. Die dokter is ook nie te blameer nie, psigiatriese siektes word met “trial and error” behandel, dit is nie ‘n eksakte wetenskap nie. My dogter is 4 jaar gelede gediagnoseer na verskeie selfmoordpogings. Soms gaan dit baie goed, en dan, skielik op ‘n dag, kom mens deur die Genade net betyds op haar af – nog ‘n poging, uit die bloute. Ek het ophou tel hoeveel keer dit al gebeur het, en dank die liewe Vader vir elke dag wat Hy ons vir haar spaar. Die lewe is vir sulke mense ‘n stryd, elke “lewendige” dag ‘n oorwinning. Die arme kind is oorlede aan ‘n siekte, net soos kankerpasiente die stryd soms verloor, het hy ook die stryd verloor. Liewe ouers, moet nooit julself verwyt nie. Mag die Here julle krag gee en jul troos in hierdie onuitspreeklike hartseer.

Magda ·

Jou skrywe het my diep geraak. (Ouer van bipolere tiener). Dis so bitter hartseer dat kinders reeds hiermee moet sukkel. Alle sterkte, wysheid en krag met jou dogter. My hart gaan uit na die ouers, familie, vriende van Marnus asook die personeel van die skool. Wat ‘n tragiese dag.

Ouer van bipolere tiener ·

Baie dankie Magda, jou woorde van bemoediging beteken baie.

mary ·

Ouer van bipolere tiener
Jou woorde het trane by my wange laat afrol. So wys. So diep met pyn wat uit my foon se screen bars.
Ek bid vir julle ook.
Nog nooit dit so hoor stel dat dit n stryd is wat hy verloor het soos n kanker passieent….
Dankie

Ek weet ·

Ek weet presies wat Magda oor praat. My siekte het eers begin reageer nadat ek n lank tyd in n kliniek was sodat die dokters met trial en error my meds regkry. Dit was verskriklik, ek was op siucide-watch dag en nag! En glo my ek kry nogsteeds dae wat nag is, en ek kan meeste van die tyd nie eens se of verduidelik hoekom ek net wil verdwyn. Meeste mense wat ek ken verstaan die siekte glad nie, maak simpel comments en dit veroorsaak net meer agressie wa dan meer rede gee vir ‘ek wens ek kon net verdwyn’.
Die beste is altyd “ruk jou reg” of “dit is nie so erg” – ek weet al die goed, maar doen dit bietjie met n kop wat net skuins is! Nie moontlik!

A ·

Sjoe, ek, en ek dink elke ouer besef dat kinders grootmaak is net op jou kniee voor God, daar is geen resep nie, alles is net genade. Ouers bly op julle kniee vir julle kinders.

Ouer van bipolere tiener ·

Ek stem 100 % saam Madelene, sien my kommentaar hier onder. Mense het GEEN idee nie… Die feit dat hy in ‘n klein privaatskool was waar die onderwysers werklik omgee en aandag aan elke kind gee, spreek klaar boekdele van die ouers se liefde vir hul kind. Die geringste kritiek van onkundige mense breek die arme ouers se harte, wat klaar stukkend is, net nog verder. Mag hul troos kry in die wete dat hul kind nou gelukkig is in Jesus se arms.

isabel ·

Jammer vir julle verlies mamma en pappa. Dit is regtig baie hartseer en ek dra julle op met gebed aan ons hemelse vader.Mense moet asb nie oordeel nie, die mamma en pappa het al klaar so baie seer!!

Ouer van bipolere tiener ·

Chane, ek is ook baie ingelig m.b.t. Illuminati – ek ken die alomteenwoordige oog, driehoek, prisma (piramiede), kopbene, pentagram, baphomet se kop, obelisk ens. Kan jy asb verduidelik waar sien jy die Illuminati tekens in sy prentjie? Die seun het blou strepe op die papierbord se riffels getrek, verder sien ek ‘n tulp aan die bokant, ‘n klomp aan die linkerkant, ‘n kruis in die middel, lyk selfs soos ‘n meule in die klomp ens. Die kind is in ‘n Christen privaatskool, al gee dit geen waarborg dat hy ‘n persoonlike verhouding met die Here het nie, het hy definitief die Here geken. Die insinuasie wat jy maak is vreeslik, ek hoop dat jy dit met feite kan staaf?

Sune van Heerden ·

Dagsê

Ons het Chane se kommentaar uitgevee weens die sensitiwiteit van die saak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

suzaan ·

Ek is ‘N onderwyseres. En eks baie ongelukig dat dit bloot weer die onderwysers se skuld is. Ek hou skool by ‘n hoërskool. Ekt al 100de kinders se lewe of huislike probleme probeer verbeter. Ek kom sopas van ‘n hospitaal af waar een van my oud matrieks op sterwe lê aan kanker. Dink dalk daaraan dat dit wreed is om ‘N juffrou te wees. Al daaie kinders voel soos jou eie kinders. Want ons sien daai kinders meer as hulle ouers! Ek sal enige iets doen vir my kinders. My hart is in stukke oor die kind ook. Dis nie die juffrou se skuld. Ons het julle kinders liewer as enige iets in die wêreld.

Ouer van bipolere tiener ·

Suzaan, ek het die grootste respek vir onderwysers. Die onderwysers wat met my dogter werk, doen ongelooflik baie moeite vir haar, al is daar baie kinders in die klas stuur hul vir my persoonlik whatsapps as hul onraad vermoed. Hul stuur vir my bemoedigende boodskappe in swaar tye. Ek beleef hul opregte liefde. Ek haal my hoed vir julle af, moenie toelaat dat oningeligte mense jou mismoedig maak nie. Ons waardeer julle!

A ·

Ek het ook baie groot respek vir onderwysers en kan getuig dat die betrokke skool se onderwysers werklik omgee vir elkeen van daardie kinders en alles in hul vermoë doen om te help. Hulle is soos ‘n klein familie, die kinders ook, almal gee vir almal om – o ja daar is maar sy normale rusies onder die kinders maar dit word vining hanteer en die volgende dag speel almal weer lekker saam.

Linda du Plessis ·

Al die hoekoms en waaroms maak nie in hierdie tragedie saak nie. n Pragtige seun is nie meer hier nie.Mag die Engele hom styf vashou en mag God sy ouers deur die donker tyd bystaan.

Melanie ·

Ek het ook by ‘n graf gestaan met my skoonseun wat selfdood gepleeg het, ag wat maak dit saak wat ons dit noem, dis gedoen . My seun is ook gediagnoseer vir PTS en nou glo verkeerd is eintlik Bipoler. Dreig heeldag met selfdood en gebruik dit om ons te manipuleer want hy weet hoe verwyt ons, onself oor ons nie daar was vir ons skoonseun se hulp krete nie. Moenie oordeel nie wys nie ‘n vinger nie ons almal bly in huise van glas! Luister na Cathy Viljoen se lied ‘Huise van glas’ en dan sit jy en dink aan jou eie lewe voordat jy oordeel.

Ouer van bipolere tiener ·

Liewe Melanie, baie, baie sterkte vir julle. Geen mens wat nie self in die situasie is weet waardeur julle gaan nie. Mag die Here jul ook genoeg krag vir elke dag gee, berusting met jul skoonseun se afsterwe enbaie wysheid om jul huidige situasie reg te hanteer. Bipolere kinders kan mens die mure uitdryf met hul manupilerende gedrag, “argumentativeness” ens ek weet! En mens weet nooit wanneer is dit ‘n dreigement en wanneer is hul ernstig nie. Baie sterkte!

SNEL ·

Ja, Melanie, verwyte kan mens ry en mens kan nie help om die “wat as” game te speel nie, maar ek glo ons almal doen die beste wat ons op daai stadium geweet het om te doen. Selfs hierdie onderwyser en ouers, hulle het gedoen wat hulle kon. Dis n baie hartseer ding wat gebeur het, en my hart gaan uit na almal wat betrokke is en die ouers veral. Sterkte!!!

Louise Smal ·

Dit is SO traumaties!Ek was in trane toe ek op radio daarvan hoor. Besef te goed wat deur sy gemoed moes gaan. Sterkte aan sy ouers, familie en vriende.

Louise Smal ·

Ek stem met jou saam. Ons mag nie klippe gooi nie. Eks seker die mamma het op daai stadium beste gedoen wat sy goedgedink het aangesien sy vroeg begin werk.Ons het nie in haar/hul skoene gestap nie. Feit is: hys weg en dit is bitter hartseer. Mens kan net bid en ondersteun!

Marisha ·

Baie, baie sterkte aan Marnus se ouers, familie en vriende. Weet asb dat daardie pragtige seuntjie vandag in Jesus se arms toegevou is en dat alle hartseer wat hy ervaar het nou iets van die verlede is.

Aan almal wat kommentaar te lewer het, onthou net God het nogsteeds die laaste sê maak nie saak hoe almal oor die situasie redeneer nie. Gun asb die ouers die tyd om in vrede te rou oor die groot verlies in hul lewens.

Sterkte aan al die ander ouers wat met kinders of familie lede saamleef wat enige versteuringsiekte het. Dit is nie maklik vir daardie ouers nie. Hulle gaan elke dag deur hel want hulle weet nie wanneer is dit die laaste dag saam met hulle geliefde kind, familie lid of vriend nie.

Bid dat God Sy beskerm sal gee aan elkeen wat deur een of ander krisis gaan!!!

Petra ·

RIP Marnus, jy is nou ‘n Engeltjie by Jesus. Geen meer seer nie. Slaap rustig.

Juanita van der Walt ·

My dogter en Marnus was maats. Hulle is saam in ‘n uitreikgroepie wat in Wolmer gewerk het. Marnus se huis is 3 huise van ons af. Hy was ‘n diep flosofiese kind. Gelukkig, tog baie simpatie met almal rondom hom. Emosies was vir hom baie intens. Hy is ons ondeunde Trompie vol kattekwaad en avontuur vir altyd. My eie dogter loop deur onder Boelies by Laerskool Rachel de Beer in Pta Noord. Wens net die personeel kan meer ferm optree teen die boelies. Ek het al gaan dreig en gaan smeek. Jammer ons kan ons kinders net tot by die hekke van die skool beskerm. Lientjie het juis Marnus in ‘n Christelike skool gesit wat baie verder van hul huis was oor o.a. Boelies en skoolstandaarde. Dit was vir almal ‘n groot opoffering, maar hulle het alles moontlik gedoen om Marnus gelukkig te hou. Lientjie begin reeds 07:00 te werk en hy was ‘n “early bird”

Naamloos ·

@Juanita van der Walt – mooi, nou kan die wat weer hul monde wou rek met onderlangse skimpe oor hoekom hy so vroeg by die skool moes wees ens dit toeklap! Ek hoop van harte een van die onnies by jou kind se skool lees hier en reageer bietjie op jou klagtes! Dalk moet jy somemr die berig e-pos na die skool toe!

Hettie ·

Ander mense veral onderwysers sien bake baie probleme in minders arak maar ouers wil nie hulle samewerking gee nie as ons hulle aanbeveel na iemand wat kan help nie Die hartseerste is dat hulle ook nie die nodige fondse het daarvoor of vir die medikasie nie .n Bose kringloop!

Erika ·

RIV liewe Marnus. Mag jou ouers, familie en vriende troos by Liewe Jesus vind. Jy is nou op n baie beter plek, weg van aardse seer en bekommernisse. Daar waar jy nou is, is daar net liefde en geluk en geen meer hartseer, bekommernis of pyn nie.

Helena ·

Dis vreeslik hartseer. My jongste is dieselfde ouderdom en ek kan nie indink hoe dit moet wees om jou kind op so manier te verloor nie. My innige simpatie aan Marnus se ouers en familie. Mag God julle sterk hou in hierdie hartseer tyd.

karin ·

Liewe ouers van Marnus, mag God julle dra deur hierdie hartseer tyd. Maar treur soos iemand wat glo. Daar sal weer ‘n weersiens wees. Marnus is nou by God vir hom is daar net vreugde en geluk. Maar dit is vir die wat agterbly wat deur hierdie swaar moet worstel. Die seer vir die ouers is erg genoeg daarom wil ek vra hou op om te kritiseer. En staan hulle liewer in liefde by.

Soos ‘n skoenlapper vry is uit ‘n pappie, so is Marnus vry by God.

Tanya ·

Ek het ook so tiener dogter…kan ek dalk jou epos adres kry of iets. Sal graag met jou wil gesels. My dogter is 2 mnde gelede gediagnoseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.