Seun pleeg selfmoord ná skoolbestuur hom glo ‘boelie’

Matthew Joash David. Foto: Facebook

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ʼn hoërskoolleerder van KwaZulu-Natal nadat bewerings aan die lig gekom het dat die seun homself om die lewe gebring het nadat hy glo deur die skoolbestuur geboelie is.

Die DA in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê hy sal die Chatsworth Secondary School besoek ná die oënskynlike selfmoord van die 17-jarige leerder.

Matthew Joash David is op 31 Julie gevind waar hy in sy ouerhuis aan sy skooldas hang. Daar word beweer dat skoolbestuurslede vir Matthew ʼn “pervert” genoem het en gesê het hy is gay oor sy haarstyl. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy rook en dwelms gebruik.

Die Chatsworth Rising Sun berig Judy David, Matthew se ma, beweer sy en haar kind is onwetend na ʼn dissiplinêre verhoor by die skool ontbied waar die skoolhoof, onderwysers en die voorsitter van die beheerliggaam teenwoordig was. David was nie vooraf bewus dat dit ʼn dissiplinêre verhoor sou wees nie en beweer sy het net saam met Matthew skool toe gegaan om sy rapport te gaan afhaal.

Volgens David is Matthew tydens die verhoor nie die geleentheid gegun om homself te verdedig nie en was dit die eerste keer dat sy gehoor het dat daar probleme met haar seun se gedrag was.

Matthew het glo op pad huis toe begin huil en gesê hy kan dit nie meer hanteer om geviktimiseer te word nie. Hy is kort daarna in die gesin se huis in Westcliff dood gevind.

Lede van die Westcliff-gemeenskap het sedertdien protesoptogte buite die skool gehou en eis “geregtigheid vir Matthew”. Die betogers eis dat daar stappe teen die skoolhoof gedoen word.

Rishigen Viranna, die DA se woordvoerder oor onderwys, het gesê die bewerings oor die skoolbestuur se gedrag is baie kommerwekkend. “Indien die bewerings waar is, is dit ʼn ernstige oortreding waarvoor hulle ten volle aanspreeklik gehou moet word. Ons sal gesprekke voer met die mense wat betrokke was by die sogenaamde impromptu dissiplinêre verhoor om vas te stel presies wat gesê is,” het Viranna gesê.

Hy het gesê die DA sal die party se bevindinge by Mthandeni Dlungwane, die LUR vir onderwys in Gauteng, en Linda Hlongwa-Madlala, die voorsitter van die KwaZulu-Natalse portefeuljekomitee oor onderwys, aanmeld ter wille van “vinnige ingryping”.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die departement het senior beamptes na die skool ontplooi om die situasie te hanteer en te bepaal of die bewerings waar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Karen ·

Sjoe, so hartseer en so onnodig!!! Baie sterkte aan sy familie.

honourable member ·

Dis onaanvaarbaar. Hoop sy ouers maak n groot bohaai hieroor en dat die mense wat so gou was om te boelie ontslaan word. Uiters onprofessionele gedrag .

Johan H. ·

Blameer die anc, want jy kan jou kinders vandag nie meer bietjie vrye teuls gee om self bietjie te groei en selfstandig te raak nie,,Soos bv self winkel toe te loop nie,,, Daarom piep ons, ons kinders op,en hulle kan nie die werklike (aaklige) lewe in die oog kyk nie,, Rus in vrede jongman!!

MissDemeanor ·

Ag asseblief, dis belaglik man! Ek het grootgeword in ‘n klein Afrikaner dorpie met klomp onderwysers wat deel van die “Rapportryers” was, in die apartheidsjare. Hier en daar was daar ‘n onderwyser wat ‘n goeie effek op my nagelaat het. Die res van hulle was ook maar ‘n klomp boelies met minderwaardigheid komplekse. Kyk ek is nie ‘n “fan” van die ANC nie, maar dis super belaglik om hul te blameer vir wat hier gebeur het. Die grootmense wat die kind so afgeknou het en hom nie ‘n regverdige kans gegee het nie, is te blameer.

SeMaarNet ·

Ek stem saam, daar was goeie onderwysers toe ons in die 80tigs op skool was, en daar was bitter slegte onderwysers ook – mense wat gaan onderwys swot het omdat hulle niks anders kon doen nie – die regering het niks daarmee te doen nie.

Hannelie ·

Ek stem saam dis onaanvaarbaar. Baie kinderagtig vir ‘n skool Bestuur om die kind ‘n “pervert” te noem. Ek glo sy ma gaan die skool aanvat. Jaco is jy sarkasties?

Klink so ·

Dit wil vir my ook so voorkom. Wag tot sy kind of iemand vir wie hy lief is so iets oorkom. Hy sal lang trane huil.

jessica ·

Who are they to judge the school, sue the hell out of the headmaster and his gang. The mother should not leave this here, clean them out even if it does not going to bring her son back but get justice serve from the Chatsworth school, they have no right to juge anyone guy or not guy, its disgusting how the victimized this poor boy.

Nettie ·

@Jessica – I am sure you meant ‘gay’, not ‘guy’? A ‘guy’ is any young man and “Guy” can even be a first name.

Debs ·

Presies dieselfde het met ons gebeur, ons was geboelie deur n skoolhoof, het dit aangegee by departement so maand terug en dit word toegesmeer.

Raadop ·

Ek self sit met ‘n situasie waar ek die skool wil aangee oor hul nie regte prosedures volg nie en my kind (wat in kleuterskool is) beskuldig sonder enige bewyse. Almal raai my af om dit verder te vat want mense met geld maak slagoffers se stemme stil.

STRAF DIE BOELIES ·

As daar 1 ding is wat ek met ‘n passie haat is dit ‘n boelie. Ek was ook geboelie deur ‘n groep meisiekinders op hoërskool omdat ek met ‘n outjie uitgegaan het waarop een van hulle haar oog gehad het. Vandag het ek self ‘n kind en as ek ooit uitvind enigiemand boelie hom, sal ek uit my pad gaan om daai boelie se lewe HEL te maak. Hulle sal uit die land vlug of in die see gaan spring. Dis verseker

JANNIE ·

STRAF DIE BOELIES… om die boelies se lewens hel te maak maak dit JOU niks anders as ‘n boelie nie….

Genieve ·

Whooo maar dis n hartseer saak die ja ek stem vat die skool en sy bestuur aan om n kind so te na te kom genade is julle opvoeders wat sulke dinge kwyt raak baie sterkte vir sy families.

Jozi ·

Ja ne? Daar is elke dag kinders wat ongelooflik seerkry as gevolg van die boelies. By die skool, na skool, op pad terug huistoe.
Ons wil so graag glo dat die personeel sal optree wanneer hulle bewus raak van leerders wat op ander kinders pik.
Ongelukkig werk dit nie orals so nie, en het ons ook al tot die besef gekom dat van die ergste boelies juis die onderwysers en skoolhoofde is.
Ons mag nie veralgemeen nie, maar dit gaan maar lekker daar in die personeelkamer waar die onderwysers die leerders so beskinder.
Shame on you!

Koot ·

Party onderwysers dink ook nie voor hulle praat nie, ek en 4 vrinne was gevang rook op skool (sjoe dié sonde! lol) toe gaan n onderwyseres af oor hoe ons swak pa’s gaan maak en useless sal wees vir alle dae vorentoe rofl, patetiese vrou.

chris ·

sit met n soortgelyke geval. n familielid was geboelie deur mede leerlinge, nadat die meisie gaan kla het by die leiers asook die onderwysers(die onderhoof onder andere) is sy uit gelag en verder gespot. sy is tans in die hospitaal en kan nie meer loop of haarself help nie .
het weg gekwyn is basies net n geraampte, geen finansies vir beter mediese sorg nie.
is al raadop en weet nie hoe om die situsaie verder te neem nie.

Mossie ·

Tuisonderrig sou die beste oplossing wees wat skoolopleiding betref. Maar eers sal daardie jong meisiehart en gemoed eers gesond gedokter moet word. Sterkte met die lang herstelpad!!

Iemand ·

Jis dis baie hartseer. Ek hoop die meisie word beter. Toe ek op skool was was daar ‘n stadium dat ek geen vriende gehad het nie, soos in “0”. Elke pouse het dit gevoel asof die hele skool my kan sien en kan sien hoe alleen ek is. Hulle oe het deur my gebrand. Dit was aaklige tye, maar ek het besluit dat dit my vuurdoop sal wees en dat dit my sterk sal maak. Ek het begin maak asof die mense wat my lewe hel maak net gladnie bestaan nie. Hul was letterlik onsigbaar vir my en ek het my besig gehou met ander dinge. Tyd maak alles beter.

E ·

Hierdie kind is op ń beter plek. Ek daag enigiemand uit om my te verduidelik hoekom daar mense is wat glo as jy selfmoord pleeg gaan jy hel toe.
Die tong is ń klein ligaamsdeeltjie, maar soos God sê steek dit ń groot vuur aan.
My pa het altyd gesê: “jy het 2 ore en 1mond vir ń rede”.Lyk my die arme kind is met ń listige tong tot die dood toe gedryf, maar die ‘engeltjies’ se ore werk nie vir ń ander se seer nie.

Die wêreld is ń baie siek plek.

Mossie ·

Daar was so n paar maande terug ook so n hartseer geval in Springs waar die graad 7 seun homself met sy skoolhemp in sy kamer gehang het. Ook agv n onderwyseres en klasmaats wat hom gespot en geboelie het. Die ouers het telkemale in die hoof se kantoor opge-eindig in n poging om die geboelie stop te sit, maar sonder sukses. In die week is weer berig oor n hoërskoolseun wat geskors is oor sy optrede en omdat hy die onderwyser weer boelie terwyl dit op video vasgelê word. Waar en wanneer gaan daar n stop kom aan hierdie dinge? Hoekom kan sekere onderwysers nie soos opvoeders en volwassenes optree nie en hoekom kan sekere leerders nie respek aan volwassenes betoon nie?
Sterkte aan Judy David-en-gesin, dis n bitter hartseer en onnodige gebeurtenis, mag julle vrede en berusting vind by God!

VanAfrika ·

Abigail, as jou sewe jarige in die kar klim en vir jou sê “hy wil nie meer hier wees nie” (selfmoordgedagtes) dan lui die gevaar klokke. Sy maatjies en broer het toe uiteindelik vir my kom vertel wat in die klas gebeur. Hy is van graad een af geboelie dat hy ADHD is, enige maklike tjol verskoning van elke onderwyser. Die onderwyseres het hom glo elke dag op die stoep laat staan terwyl die ander klas geloop het, was hy stout op die stoep deur verveeldgeid was hy na n mans onderwyser gestuur en die het hom in die kamertjie voor in die klas gevat en hom geslaan met n krieket kolf. Toe weet ek hoekom die 7 jarige van my selfmoord neigings gehad het. Sy graad 2 juffrou wou sterker dosis het vir concerrta, toe ek vir sy dokter die instruksie gee toe sê hy ek moet vir daardie onderwyser sê sy moet ophou lui wees en op haar werk fokus en die diagnose los vir hom as sy patient se dokter. Sy was nie gelukkig oor die terugvoering nie. Toe hy hoërskool toe is, toe sê hy uit sy eie mond hy wil nie concerta gebruik nie want dit maak hom lomerig en hy kan nie konsentreer nie. Nog n teken dat ons kinders net gedrug word. Ritalin en Concerta moet verban word en onderwysers moet beter aandag aan ons kinders gee, aktief of nie. Wees ook versigtig wat jy sê, dis baie gevaarlik.

Abigail smith ·

As leerlinge homoseksuele pornografie onder ander leerlinge versprei en dit op die arme onderwyseres se lessenaar laat le met die doel om te skok, glo ek het die skoolhoof alle rede om op te tree. Die kind is waarskynlik nooit geleer om verantwoordelikheid vir sy optredes te neem nie. Dit is jammer dat hy nou ander straf deur sy selfsugtige optrede . Die besluit was syne. Niemand anders kan daarvoor verantwoordlik gehou word nie.

MissDemeanor ·

Hy was nog ‘n tiener, daar gebeur grootskaalse verandering in hul breine (selfde as met 2 jariges). Op daardie ouderdom (net soos 2 jariges) is dit heeltemal normaal vir hulle om ekstreme gedrag te toon. Hul probeer uitfind wat hul en ander mense se grense is, hul probeer vastel of hul morele waardes van buite of van binne kom en dus eksperimenteer hul met allerhande dinge. Hul impuls beheer en hul oordeel is erg aangetas. ‘n Tiener moet nie veroordeel word nie, hul moet met ‘n liefdevolle hand gestuur word (nie gestoot word nie) maar terselfdertyd moet hul behandel word met respek vir hul individualiteit. Moenie so vinnig wees om hom te veroordeel nie, hy was nog besig om te leer wie hy is en wie hy kan wees…

adriana ·

Ek dink aan jou met die herstelpad Chris, se asb vir haar die Here het haar lief en Hy kan haar gesondmaak as sy net GLO – jy sal ook moet help met die liefde en die omgee wat ek seker is jy doen. Kry vir haar ‘n stokperdjie waaraan sy haar aandag kan weglei – dalk help dit en Bid vir haar.
Die Here aanvaar haar net soos sy is.

MissDemeanor ·

Met alle respek Adriana, die ding van “glo net dat die Here sal alles beter maak” werk net vir party mense. Ek self is ‘n ateis. My tienerlewe was baie moeilik (terwyl ek ‘n Christen was). Vir my het dinge beter geraak toe ek besef dat ek nie in ‘n god glo nie en dat ek my toekoms in my eie hande moet neem. Wat vir een mens vertroosting bring, bring vir ‘n ander mens net probleme. Maar dit is wel ‘n goeie idee dat sy ‘n stokperdjie kry. Dit is ongelooflik goed vir ‘n mens se selfbeeld as mens sien dat mens met moeite dinge kan begin regkry wat aanvanklik moeilik was, of as mens ietsie kan maak of doen en die resultate kan sien.

DS ·

E rustig! Hoekom so aanvallend? Hier gaan dit oor ‘n jong lewe wat onnodig vroeg weggeruk is agv ongevoelige mense. Hoekom sal jy nou argument oor die lewe na selfdood wil begin. God alleen kan oordeel nie een van ons nie. Sterkte aan die familie maar veral die moeder – van’ n moeder wat weet hoe dit voel om ‘n deel van jou hart uitgeruk te kry.

E ·

My pa het selfmoord gepleeg. Ek het eendag my hart teenoor iemand oopgemaak en toe sê die persoon vir my sulkes gaan reguit hel toe.

Ek kom op vir mense wat deur moeilikke tye gaan. Ons mensdom is so selfbehep dat niemand meer werklik ń oor het om te luister nie.

Ek dink ons voel eintlik dieselfe oor die saak.

Het jy iemand so verloor? As jy het, die Here sr genade is baie groot en glo vir my Hy kyk na die hart.

Liefde Groette

E ·

Wat ek ook bedoel met die tong is die feit dat daai kind seergemaak is. Wat ek bedoel met die oor is dat die betrokkenis ‘engeltjies’ beter moes geluister het.
As iemand net gehoor gegee het, was die jong seun se lewe dalk nog vir sy moeder gespaar.
Jammer as ek kras voorkom dis glad nie my bedoeling nie.
Mag God ook met jou wees. Dis nie maklik nie, ń mens leer net om saam met dit te leef en tog kom daar vertroosting soos die lewe aanstap en ons word beter mense want ons weet ons moet luister. Ons moet luister waar ander nie wil nie.

Wilma ·

Ek het ook n seun grootgemaak. Hare altyd netjies kort gesny tu hy nog op skool was. Nou 31jaar oud en hare altyd netjies. Ouers laat te veel toe. Kinders mask soos hul wil . Baie ouers tevrede daarmee. Boelie steun ek ni maar ouers moet kids dissipline ini kop prent. Nie alle kids maar te veel doen soos hul wil.

Estelle ·

Tragies! Geen kind, ongeag ouderdom, kleur, geslag of voorkeure hoort oor te gaan na so iets a.g.v. ongevoelige mense. Tieners is van nature geneig om grense te toets, hul ontwikkel immers nog. Net so is alle onderwysers ook nie sleg, daar is van hul wat werklik omgee vir hul leerders. Die skoolbestuur en onderwysers kon/moes verseker hierdie kwessie beter hanteer het. Enige opvoeder wat ‘n kind afkraak en slegse hoort in die eerste plek NIE daar…. My innige simpatie en meegevoel aan die moeder.

Loïs ·

Ek probeer hard maar kan geen sin maak van Johan H of Abbigail se kommentaar nie.

Chrisjan ·

Sjoe, met soveel kundigheid soos hierbo, kan ek n hele psigiatriese hospitaal begin.

adriana ·

Chris, ek hoop dit is vandag ‘n beter dag.
Ek glo dat met geloof hoop en liefde elke dag beter sal gaan.
Dankie dat jy dit met ons gedeel het.
Hou by die positiewe en nie die negatiewe nie – want dit maak al klaar ‘n groot verskil.
Sterkte vorentoe.

DinkBiejie ·

My innige empatie aan die jong man en sy familie. Ek hoop daar word ‘n ondersoek gedoen, om presies te bepaal wat gebeur het. Boelies hoort nie in ‘n skool nie, of dit nou kinders is wat boelies is, en of dit nou volwassenes is, soos onderwysers of bestuur van skole, wat boelies is. Boelies was te lank geduld, hulle moet begin boet.

Jeanine Niemand ·

Dis baie tragies. My seun het ook 39 gelede selfmoord gepleeg. Ook agv skoolhoof en geboelie. Dis jare terug, maar daar was nooit gepraat daaroor, net stilte. As ek so lees van die omstandighede wil ek net die mense gaan aanvat, maar hul al almal op pensioen. Dit was baie erg en die ouers moet dit nie daar los.

Speedguard ·

Sterkte en ook sterkte vir die onderwysers wat se passie dit is om met kinders te werk, ongelukkig werk die lewe so dat as een persoon veral soos in die SAPS, Metro , ondrwysers so iets doen word almal onder die selfde kam geskeer, vir die wat hul werk doen BAIE dankie, vir die wat net saam sleep (Float) en droog maak , gee pad ons het julle nie nodig nie, nooit nie, Indien die skool so opgetree het wat ek amper nie kan glo nie alhoewel alles moontlik is deesdae sal die Hel julle haal, ons moet net wag dat MM die teenkant se komentaar kry en dan al die sielkundige hulp uitdeel soos hier bo !

Johan H. ·

Lois… Wat ek bedoel is ons moet ons kinders “streetwise ” maak, bedoelende vroeg al leer ,die wereld daarbuite is eintnik baie hard en daar sal baie probleme oor n mens se pad kom, En gewoonlik mense wat die tipe goed se of doen het hul Eie Demons, en al die goed moet gerapoteer word, As die kind vroeer met die ouers gekomunukeer het en of die vrymoedigheid het om met die ouers oor als te praat kon dit heel waarskeinlik voorkom gewees het. Die lewe daarbuite is geensins mensvriendelik nie, veral nou dat ons deur die huidige regering in mekaar se kele afgedruk word, beskerm ons ons kinders dalk teveel<,,Is dit nou al bietjie duideliker? Ek kan nie namens Abigail praat nie want ek weet mos nie 100% wat daar gebeur het nie, Groete!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.