Seun pot juffrou met vuis oor pet

Die voorval het gebeur in die Sekondêre Skool Parkdene in George, ’n Afrikaansmediumskool in die gelyknamige woonbuurt met 1 400 leerders. Foto: Google Maps

ʼn Onderwyseres van George moes mediese behandeling kry nadat ʼn gr. 8-leerder haar met die vuis in die gesig geslaan het toe sy sy pet wou afneem.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê die Sekondêre Skool Parkdene het kinders belet om pette skool toe te dra omdat dit gebruik word om te wys aan watter bende hulle behoort en dit reeds tot gevegte tussen strydende bendes op die skoolterrein gelei het.

Die skool het die leerder se ouers van die voorval in kennis gestel en die polisie ontbied, sê Shelver. “Die leerder is geskors hangende ʼn tugverhoor.”

Die onderwyseres, wat blykbaar kalm gebly en nie op die aanval gereageer het nie, het mediese behandeling gekry en is na die onderwysdepartement se werknemerwelstandsprogram verwys, sê Shelver.

“Die WKOD sal geen vorm van geweld of aggressie teenoor enige onderwyser, hoof of personeellid duld nie,” sê sy. “Al het ons sosiaal-ekonomiese uitdagings in ons provinsie, kan ons nie ʼn samelewing word wat gewelddadige optrede jeens onderwysers duld of goedpraat nie.”

Sy sê kinders behoort van kleins af tuis geleer te word watter waardes hulle teenoor leerkragte moet uitleef. “Onderwysers is ons belangrikste hulpbron en gewaardeerde beroepslui en moet die respek betoon word wat hulle verdien.

“Ons het ouers en gemeenskapslede se hulp nodig. Hulle moet ook hul kant bring. Ouers moet die vernaamste verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se dissipline en waardes en moet ook ʼn goeie voorbeeld stel van hoe hul kinders moet optree.”

Sy maan ouers om kennis te neem dat as hul kind onvanpas teenoor onderwysers optree, dit uiters nadelige gevolge vir die kind sal inhou. “Ons wil nie sien dat leerders se toekoms in gedrang kom weens sulke onnodige en onaanvaarbare optrede nie en vertrou dié geval sal as ʼn waarskuwing dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

L Venter ·

Nee, wat! Wiks is weggeneem. Respek in SA is ‘n grootskaalse grap! Emosionele intelligensie is onderontwikkeld, Die eie “ek” en arrogansie is die nuwe epidemie! Korrupte leiers en “rolmodelle” ondermyn alle normes, standaarde en waardes! Tyd dat ouderdomme inaggeneem word vir toelaatbaarheid in skole! Op 20 is jy nie meer welkom in ‘n klaskamer nie! Sou sy hoedjie op sy kop vir hom vasgegom het! ?

Kobus ·

Al wat gaan help in die skole is pakslae.Jy kan nie onderig sonder n rotang nie.Ons almal is daar deur en het geen sielkundige letsels nie.

Markus ·

Hoe gaan jy daai kinders pak gee,daar is van daai kinders {manne} wat al in die 20’s is wat nou eers in gr 8 is.

Stuiwer ·

Dissipline begin by die huis, hetsy deur pakslae of ander metodes. Dit is nie die skool se verantwoordelikheid nie en om die waarheid te sê, sal ek nie wil hê dat ‘n vreemdeling aan my kind slaan nie. ‘n Mens kry maar oral wanaangepaste mense (selfs onderwysers) wat hul frustrasies op jou kind kan uithaal.

Blommie ·

maar julle laat bendes in skole toe…
LIEWE HEMEL, ja nee geen HOOP oor nie.

Afrikaner ·

Dagvaar sy ouers geldelik. As jy ouers nie hul kind opvoed nie dan moet hulle maar finansieel hoes. ‘n Kriminele rekort op sy naam is ook ‘n moet.

Hans ·

‘n Sambok wat stom is maak dinge reg wat krom is – dit het gewerk vir my!

Nel ·

Dis reg kinders behoort van kleinsaf waardes en respek geleer word, maar as die ouers dit nie geleer is nie hoe de drommel moet die kind dit dan geleer word?

Ben ·

Dis jammer Maroela se opskrif verflou die ernstige aard van die berig. Dit was aanranding, nie bloot “pot” nie…. Klein seuntjies pot mekaar.

Ag regtig ·

Ek stem saam. Die simpel opskrif water die misdaad af en maak dat die seun soos ‘n held klink. Swak swak woordkeuse vir ‘n ernstige misdryf

Estelle ·

Karen Lawrence My husband is a teacher. Kids and teachers are NOT safe in schools. He has been thrown with a dead meerkat, chased with a hammer, had to break up knife fights, break up fights where boys were beating girls with sticks, deal with a girl playing with the flesh of a dead and decaying dove carcass in class, and has to deal with drug users and dealers, high on anything they can get their hands on. I suppose as far as teachers go, he would be considered one of the “good ones”, but how do you teach in such a dangerous environment? The gardener at the school asked a pupil to pick up his plate (school has a soup kitchen) and take it to the kitchen and was attacked with a hammer for that. I can go on and on and on… the system is so broken and outdated it has turned into a horror movie. When my husband was recently moderated by the DBO, the lady complained about the low grades the kids get, my husband tried to voice his concerns and was simply told to “teach less and assess more”. I rest my case!

An outdated education model and a secular /communist government is to blame.

Se maar net 1 ·

Stem 100% saam – outdated education model en seker die belangrikste: secular/communist govt.
Morele verval. Kyk na die vorige berig oor die dwelms wat wettiglik aan skoolkinders verkoop is. Alles deel vd plan vd kommunistiese regering. Dis deel van hul revolution

jaco ·

Onderwysstandaarde en dissipline was eintlik tops in regte kommunistiese lande soos die Sowjetunie en Oos-Duitsland.
Daardie lande was vry van ‘n klomp goed wat pla in SA: goed soos plakkerskampe, 27% werkloosheid, vuil swak staatshospitale, Nkandla-styl korrupsie ens ens.
Dis vreemd dat SA al dié probleme het. Wat het al die kaders dan waargeneem en geleer terwyl hulle in exile in kommunistiese lande was?

Maryna ·

Iets wat ek nie so lekker kan verstaan nie. In watter vorm moet ons ons kinder dissipline gee as ons hulle nie mag tugtig nie??? Daai kind slaan duidelik sy ouers of sussie of boetie by die huis as hy het. Jy mag jou kind nie tugtig nie want hulle het menseregte. Ek wet julle as ons dit vir ons ouers gesê het het ons die woord menseregte in lettergrepe op ons boude gekry. As jou kind ñ gedragsprobleem het gaan koffie en koekies en mooipraatjies nie werk nie. Tugtig die wat jy lief het. So dit sê gee hom ñ pakslae… En daarby sê ek ook moet hom ook nie haele slaan nie. Goeie pakslae op die regte tyd is soos brood en jam. Ek hoop van harte daai onderwyser is ok. Sy moet regtig stappe neem. Onderwyser word so getart in skole. Hulle mag eenvoudig niks doen nie.
Gister kom my kind van die skool af. “Ma moet hoor wat sê die 1kind in ons klas vir ons juffrou”? Sy wou sy ma bel oor sy gedrag en raai wat…? Hy pluk sy foon uit en sê toe hier is my foon ek het airtime bel my ma as jy wil… Sommer baie vinnig op my agtervoete. My kind belowe die dag as hy so praat met ñ onderwyser sal hy bitter spyt wees hy ooit sy mond oopgemaak.

Phillie ·

Ongelukkig het ons boere norme oorweldig geword deur Engelse linkse normes wat die wêreld beskou as enigste norm

Karolis ·

Maryna, jy is ‘n vrou so na my hart. Jou seun klink ook goed opgevoed en wens ek hom alle sukses toe in sy loopbaan.

TP ·

@Maryna, my dogter was 14 toe sy my iets toesnou. Het haar harde klap met die hand op die boud gegee. Sy se toe sy gaan een of ander kinderbeskermingsplek bel. Ek het heel toevallig hulle kaartjie in my handsak gehad. Ek het die nommer gebel en die foon vir haar gegee om my ‘aan te kla’. Sy het my nooit weer ‘ge-back-chat’ nie! Sal nie vir almal werk nie, maar het vir my gewerk.

Swannie ·

Dit is seker die “gehalte” leerlinge wat Lesufi in die Afrikaans skole wil plaas.

DeVill ·

Verbeel jou ek het ‘n onnie gepot.

Ek sou nog steeds nie op my stere kon sit nie!

ina ·

Daar word n generasie kinders groot gemaak sonder enige respek vir ander mense,deur n wet wat ouers en onderwysers se hande bind, want jy mag nie n kind pakslae gee nie, omdat sekere ouers nie die verskil tussen tug en aanranding verstaan nie. As een van my kinders ooit so iets sou waag,of enige ander persoon nie respek getoon het noe het hulle boude gebrand.?

Ore ·

Tugverhoor = skorsing.Dan word meneer weer in ‘n ander skool geplaas waar hy bedrywighede kan hervat.Is daar nog iets soos Verbeteringskole? Of tas dit ook mense regte aan?Dis vandat ons land deur Hoofstuk 2 van die Grondwet beheer word dat alles so ten gronde gaan.Stem met Kobus,waar is die rottang?

Onderwyseres ·

Asof die Departement van Onderwys regtig iets daaraan gaan doen…al wat nou gaan gebeur is die kind gaan geskors word en gelos word. Hy gaan net nie die skool mag bywoon nie en die onderwyseres moet net aangaan….ek stem saam. Bring pakslae terug in skole, dis hoe ons kinders in vroeëer jare geleer het en NIEMAND het sielkundige letsels of geweldadige gedrag nie….

Doorsie ·

As kinders nie eens respek het vir hul ouers nie waar sal hul respek vir onderwysers vandaan kry?

Gert ·

Bring terug lyfstraf. DIT WERK. Ek se nie maak dood nie. Mens het twee ore en dit kry partykeer was in en dan wil dit nie so lekker hoor nie. Hoe kry ons die ore oop en die was uit. Mens het twee boude wat direk gekoppel is met die ore. Wanneer die boude warm gemaak word, smelt die was en die ore bly oop, tot n volgende keer. DIT WERK.

jakes ·

Om ‘gepot’ te word deur n leerling is deesdae so algemeen soos al die ander afskuwelike dinge wat die norm in SA geword het. Laerskool kinders kom selfs met vuurwapens skool toe, kinders rand busdrywers aan terwyl hy bestuur. Hierdie kinders behoort in verbeteringskole of tronke want lyfstraf in skole word nou deur kinders aan die onderwysers uitgedeel. Tot 30 meisies in een graad by n skool swanger. Waar gaan dit eindig?

Anoniem ·

Nou het dit laat geword in Suid-Afrika se skole ‘Jammer dit is onaanvaarbaar’ Wat ‘n SKANDE

JG ·

Lesufi is self seker nooit gedisiplineer in sy skooldae nie, dit is hoekom hy is soos hy is.

Marlien ·

Dit is omdat vandag se kinders nie meer getugtig mag word nie. Onderwysers nie meer veilig nie omdat kinders kan maak net wat hulle wil.

Anoniem ·

6 van die bestes sal die outjie gou weer in LYN gebring het ! Wat ‘n skande ???

Stem nie saam nie... ·

Anoniem,

6 van die bestes? Rerig? Na hy n onderwyseres aanrand…

Ek stem nie saam nie.

Toe ek 14-15 jaar oud was en my hand sou lig vir n vrou, wat nog te se n juffrou, sou my pa my nie “6 van die bestes” gegee het nie. Ek sou “20 van die ergstes” gekry het, alle voordele sou verval en ek sou moes omverskoning vra vir die ander persoon.

Santjie ·

ja… en as sy verdere stappe teen hom neem, dan kry hy sy “bende” bymekaar en reken met haar af waar sy alleen is.

Anoniem ·

Die wat pot – moet bereid wees om ook gepot te word ! Hier kom ‘n lelike ding

thea ·

Menseregte, alle waardes word mos as verkeerd gestel, die liberale media
geen waardes so word n volk gebreek

Amelda Ferreira ·

En dis hoekom ek as onderwyser by n Sekondere skool met pepper spray in my sak rondloop. Dit gaan rof mense. Onderwysers is vol stres en daar word nie veel daaraan gedoen nie. Om te se ons is bang is ook nie heeltemal waar nie, maar ons gaan onsself moet begin beskerm.

Willie ·

As daai kind hom of haar soos n man gedra, sal hul dieslefde van my kry… Ek dank die liewe Vader dat ek nie n onnie is nie.. Ek sal seer sekerik in die tronk beland!

Old School ·

My kind het my gereeld vertel wat se dinge by die skool aangaan. Party kinders van vandag dink die onderwysers is hulle maatjies en ongelukkig van gevalle wat ek weet laat van die onderwysers dit toe want daar is nie ‘n groot ouderdom verskil tussen onderwyser en kind nie. Vroeer jare sou mens nie sulke nonsens gekry het nie want jou gaaivelle het by die skool gewaai en dan sommer daai selfde middag by die huis. Dankie pa en ma vir die waardes wat julle my as kind geleer het en kon oordra aan my kind.

Dorita ·

‘n Medalje vir die onderwysdepartement wat opstaan vir die onderwyser. Ek stem saam dat dissipline en respek by die huis begin, maar die onderwysers moet ook toegelaat word om dissipline toe te pas. Vergelyk ons era (1980 + hoërskool) met vandag se era. Ons is vandag beter werkers met beter verantwoordelikheid sin. Ons onderwysers het ‘n groot bydrae gemaak

marous ·

Straf hof toe en kriminele rekord . Sy moet nie verskonings aanvaar nie . As sy hom terug geklap het , was sy haar werk kwyt en siviel gedagvaar . Laat die ongeskiktes voel wat realiteit is en foeter hom behoorlik op . Hy kan voor die hof gaan pleit vir genade .

Jani ·

Dis alles die government se skuld omdat ons nie ons kinders mag slaan om maniere te leer nie. As my kinders aan enige persoon slaan sal ek daai kind net daar vat en hom ‘n goeie pak gee voor al daai mense, en laat iemand net iets sê dat wil ek weet of hulle die kind gemaak het of ek, en of hulle sy lewens gelde betaal of ek.

Jeremia ·

Wet en orde is nodig dan kan ‘n land funksioneer soos hy moet.
Respek en dissipline is ‘n voorvereiste dan kan onderwysers hul werk doen.
Ons trek al in die deursnee gevalle by ‘n tweede geslag wat nie weet hoe om hulle kinders tuis ‘n behoorlike waardesisteem te leer nie.
Ouers is klaarblyklik bang om ongewild by hul kinders te wees.
Waar kinders baas is, ruk dit vinnig hande uit. En bendes kry selfs vastrapplek. Verbeel jou dit word geduld!
En ja, die blote gedagte dat jy pak kon kry, was genoeg om baie van ons in jou spoor te laat trap.
Kriminele en kinders is baas in die land. En die res moet dans terwyl die draai-orreltjie se musiek speel.
Onderwysers behoort “danger pay” te kry.
En basta met diegene wat altyd probeer om onderwysers die blaam en verantwoordelikheid te laat dra.
Let wel: jou plig as ouer is nie afgehandel by geboorte nie. Die verantwoordelikheid is eintlik om ‘n opvoeding te gee. Onderwysers moet kinders onderrig (leer) en het baie beperkte tyd om op te voed. Klasse is dan soms 30 plus!

Boet ·

“Mensregte”, psigoses en sosiopatie…als die gevolg van wette wat deur randfigure (o.b.a. liberales) afgewing word om hul verwronge denkes en afwykings te akkommodeer.

Swartwolf ·

Dis nie ‘n onderwyser of skool probleem nie dis eerder ‘n opvoeding probleem veral by die huis. Ouers in die algemene verwag die onderwysers moet hulle kinders opvoed ipv hulself wat dissipline en respek afdwing. Sommige ouers het GEEN outoriteit oor hul kinders nie en is bang vir hulle. Wat ons hier in die kind se gedrag sien is ‘n resultaat van ‘n swak opvoeding. Die onderwyser is ‘n slagoffer van hooligan kinders. Bygese ek moes aan my onderwysers op skool probeer slaan het…….my Pa sou die velle lewendig van my agterwereld afgetrek het.

Piet Pompies ·

Skole verskaf opvoeding vir leerlinge.
Leerlinge se gedrag ontstaan uit die ouerhuis.
Leerlinge se swak gedrag moet deur die ouers reg gestel word, nie die skool.
As jou kind swak gedrag het en jy wil die skool daarvoor blameer is jy besig om ‘n monster groot te maak wat jou eendag gaan opvreet.

Staak saam ·

Kort en kragtig, as jy oud genoeg is om jou hande te kal lig dan is jy mos oud genoeg om haar man te kan face.

Char ·

Our prisons are filled with this calibre of brats. No discipline!!

Hans ·

Hoe lyk dit, wa bly dit en wie is dit. Pa-manne sal dit ‘n lekker pakslae wil gee, daarna sal hy weet wat is respek en maniere!

VanAfrika ·

Eendag toe sê my seun vir my dat hy my na die “judge” toe gaan vat as hy pak kry. Ek stap toe kas toe, trek n leë tas uit die kas en sit dit op die bed en begin sy klere pak, haal groot swart sak uit en begin sy speelgoed pak. Hy kyk my so en vra vir my wat ek doen. Ek se vir hom dat ek hom nou na die judge toe gaan vat en dan geen ek hom sommer permanent vir die judge en dan sal ek vir die judge se “Dé, hier is n kind vir jou aangesien jy dink jy kan dit beter as ek doen, maak jy hom groot” Dit was die laaste keer dat my kind my met so iets gedreig het. My seuns het so te se nooit pak gekry nie, ek het altyd die laaste opsie gebruik voor ek die slipper opgetel het, een van daai met die rubber sole wat lekker vas suig as die eerste raps kom, toe trap ons mos nou lekker in ons spoor, vandag nog, die een is 26 en jongste 22 en dit keer my nie om hulle kort te vat as hulle iets stupids doen nie. My jongste sê mos vir my ek is te controlling. Controlling het hom op die regte pad gehou.

Juffrou ·

1. Ek hou al jare skool en het nog NOOIT n kind geslaan, geknyp, ore getrek of wat ookal ander onnies gedoen het nie – selfs nie toe dit die “norm” was nie.
2. Ek werk baie hard aan n positiewe professionele verhouding met leerders en hul ouers en ek pluk wonderlike vrugte en lojaliteit as gevolg daarvan, maar glo my: die eerste kind wat my ooit sou aanrand, gaan sleg tweede kom. Ek sal moontlik my werk verloor, maar sal nie toelaat dat n kind my intimideer/aanrand nie. Hy/sy sal in die hospitaal beland.

Karolis ·

Juffrou, ek smaak jou stukkend.
Pot jy hulle, ek het vir jou werk.

Stephanie Theron ·

No, forget about trying to discipline these kids, if they attack a teacher they should be arrested for assault. Arrest them in front of their peers so that all take note. Throw them in a cell with hardened criminals since this is what is going to happen to them in any case. No more sweet talk – you want to act like a criminal you must taught the consequences. Believe me if the roles were reversed that teacher would be in a cell. Why are children allowed to victimise adults and teachers – they must face the consequences of their actions.

Koos ·

Ek het nie kinders nie. Ek wil net weet: Is lyfstraf in die ouerhuis dan ook onwettig?

Dissipline nou taboe ·

Koos, lyfstraf is nou onwettig.

Google gerus “corporal punishment south Africa”

Voorbeeld kom van ouers ·

Mmmmmmm,hy sien dit dalk by die huis. Pappie slaan vir Mammie en nou dink kindjie kan maar ook slaan

Spike ·

As hierdie en ander kinders nou al probleme so wil oplos is daar nie hoop vir sa nie

Koos ·

Ek wonder hoeveel kinders gaan nou van die huis af polisiestasie toe stap om ouers wat hulle geslaan het, te gaan aankla.
Hoe word so ‘n “misdaad” bewys?
Wat is die strawwe vir die ouers wat “oortree”?
Hoeveel gevalle was daar al voor die howe?

Henna ·

Die WKOD voel vere vir die onderwysers. My dogter was ook aangerand deur n graad 9 seun wat baie groter as sy was oor die kind na musiek op sy selfoon geluister het wat hul nie mag in die klas nie. Sy het die foon gevat en moes ongelukkig die gevolge dra omdat sy die skoolreels probeeer handhaaf het. Kind is dissipliner veerhoor ja alhoewel sy nie eens geweet het van die verhoor nie. Hy was geskors maar in daai skool kom die kinders wat geskors is sommer weer terug sonder toestemming. Sy het daarna nie meer veilig gevoel en gee nou in die buiteland skool as gevolg daarvan.

Elde ·

Die kind se toekoms is lank reeds in sy maai in. Skors om nie eksamen te skryf nie. Kan die jaar maar oordoen as straf. Baie seker hy is n rebel en nie een van die presteerders nie.

Tascha ·

@ Willie kleur maak nie saak nie gaan kyk maar waarmee hou die wit bloedjies hulself deesdae besig. Disipline en respek begin by die huis! Die spreekwoord lui mos n pak op sy tyd is soos brood en konfyt, was dit nog toelaatbaar sou ek enige tyd ingestem het dat n onderwyser my kind mag lyf straf gee. Ek is immers met n lat of leniaal op my hande pak gegee het respek gehad vir my onderwysers en beslis nie emosionele trauma opgedoen nie. Die regering kweek algar vir die tronk met hulle simpel idees van kinders groot maak! Die Bybel sê dan ook buig die boompie terwyl dit nog jong is. Sê maar net.

Erich ·

Kla hom aan van aanranding – maak kriminele klag sowel as siviel oop. Ry hom en sy ouers tot by Oom Daantjie in die kalwer hok

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.