Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun se liggaam is Woensdagaand gevind nadat sy ouers hom Dinsdag as vermis aangemeld het.
“Die vrou wat haar seun as vermis aangemeld het, is na die toneel geneem en sy het die liggaam uitgeken,” het Moloto gesê. ʼn 39-jarige man is in hegtenis geneem en van die seun se moord aangekla.
Die verdagte sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.