Seun se verminkte liggaam gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Agtjarige seun se verminkte liggaam is agter ʼn moskee naby die Itireleng-informele nedersetting in Laudium gevind, het die polisie Donderdag gesê.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun se liggaam is Woensdagaand gevind nadat sy ouers hom Dinsdag as vermis aangemeld het.

“Die vrou wat haar seun as vermis aangemeld het, is na die toneel geneem en sy het die liggaam uitgeken,” het Moloto gesê. ʼn 39-jarige man is in hegtenis geneem en van die seun se moord aangekla.

Die verdagte sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.