Seun sien hoe pa op Kersdag geskiet word

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Veiligheidswag sal vandag in die Nyoni-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat hy glo per ongeluk ʼn 52-jarige man op Kersdag in die kop geskiet. Die man is later dood.

Paul Herbst van IPSS Medical Rescue het gesê die voorval het Maandag omstreeks 14:30 in Mandeni gebeur. Volgens Herbst was die man op pad by sy huis uit toe sy honde uit die erf en in die straat in gehardloop het. ʼn Veiligheidswag het op daardie oomblik verby die huis gestap en het sy vuurwapen uitgehaal omdat hy bedreig gevoel het deur die honde.

Volgens Herbst het die man se seun agter die honde aangehardloop en die seun het die veiligheidswag gesmeek om nie die honde te skiet nie. “Oomblikke later het ʼn skoot afgegaan. Die seun het na sy pa gedraai en hom op die grond sien lê,” het Herbst gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word vermoed dat die veiligheidswag ʼn waarskuwingskoot wou afvuur, maar dat die opslagkoeël die man in die kop getref het.

IPSS Medical Rescue is na die toneel ontbied en het onverpoosd gewerk om die man te stabiliseer. Hy is op ʼn ventilator geplaas en na ʼn hospitaal gehaas waar hy later gesterf het.

Zwane het gesê die 46-jarige veiligheidswag is in hegtenis geneem op aanklag van moord. “Daar is op sy vuurwapen beslag gelê en dit sal vir ballistiese toetse gestuur word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Spelfout ·

GESLAG gele?????? Rerig??? Is dit bie eerder BESLAG gele nie m

CAV ·

Rerig???? Hier is n man dood, en jy is bekommerd oor n spelfout
Daar is ook beter maniere om vir die skrywer te laat weet,dat daar n spelfout is

Mariné Lourens ·

Dagsê Spelfout

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

mari ·

ń Tikfout kan so maklik gemaak word,te oordeel aan jou spelling het jy so pas dieselfde fout begaan.

Spelfout 2 ·

Bie? Ek dink hulle het net soos jy ‘n tikfout gemaak

Anoniem ·

Ek wens die mense wat so graag spelfoute uitwys wil liewers nie kommentaar lewer nie. Lees en as jy sien iets is verkeerd gespel dan aanvaar jy dit, op skool vlak aanvaar hulle dit hoekom nie jy/sy nie.

Cherokee ·

Indien jy ander wil aanspreek oor spelling is jou eie spelling veronderstel om reg te wees.

johannes ·

ja dis seker dieselfde ou wat n probleem met mango en veselperske het mense word vermoor my ou.

Gerrit ·

Dit kan onmoontlik nie moord wees nie .Dit was n tragiese ongeluk die wag kan aangekla word van afvuur van n vuurwapen in n geboude gebied en dis dit hy was bedreig deur die honde wou homself beskerm en die op slag koeël het die eienaar van die honde getref ,baie tragiese ongeluk sterkte vir die familie.

Koos1 ·

Gerrit, dit is strafbare manslag, en kan tot moord wees, dit hang alles af sy sy bedoelings.
Oscar Pretorius is maar een voorbeeld van die reel dat jy moet voorsien wat kan gebeur, en is eers aan strafbare manslag en toe aan moord skuldig bevind.
As ek hier tussen die lynne lees moes die wag voorsien het dat hy iemand kan wond of dood, want hy is gesmeek om nie die honde te skiet nie, maar daar word nie vermeld dat die honde hom aangeval het nie (wat die hele prentjie sal verander).

Lientjie ·

Dis nie net ‘n ongeluk nie. Jy skiet nie ‘n waarskuwings skoot na iemand nie. Dis moord of manslag geen verskoning vir die wag nie. Dis omdat verkeerde mense met wapens uitgereik word!

Andre vorster ·

Gerrit sonder om n lang debat te voer – daar is regs definisies vir kriminele aksies en word sodanig gemeet. My kommer is dat die seun daar was en sekerlik beheer oor honde gekry het en nie teen staande het wag skoot gevuur. Klink vir my na misbruik van magsbeheer. As hy regtig so bedreig gevoel het sou hy hond/e deskiet het. Nou is gesin vernietig en wag in pekel. Sekuriteits firmas moet deurlopend opleiding gee om konsekwensies te verduidelik aan werknemers- case studies- sal n goeie formaat wees

Piet Snot ·

Gerrit, gaan Google dolus eventualis.
Dit was Oscar se probleem, soos Koos tereg uitgewys het.

Coenie ·

Hoë profiel polisieman dan verklap hy sy ik met die nonsens wat hy praat

Arnos ·

Nee, nee nee. Dis moord. ‘n Mens skiet nie ‘n waarskuwing skoot vir ‘n hond nie. ‘n Hond reageer nie daarop nie.

Tersia ·

Dink nou terug aan die dae toe mense meer ontsteld was oor iemand wat sy lewe verloor het as oor ‘n spelfout. Sterkte aan alle families wat hier aangeraak word

Delia ·

Ja Tersia, dis baie tragies, al my simpatie aan die familie!
Maar …..daardie dae kon die mense darem nog spel ook……

Boeta ·

Ń waarskuwing skoot soos ek geleer is , is geeoontlik in die lig in en nie in die grond hoe dom kan jy wees

Cherokee ·

Boeta, ek sukkel om te verstaan wat jy probeer sê maar waar jy wat geleer het is verstommend want in die eerste plek skiet jy nie na ‘n lig nie en tweedens skiet jy nooit soos in nooit ‘n skoot in die lug nie, want wat opgaan kom af en daardie koeël gaan êrens val waar niemand oor beheer het nie.

Liza ·

Ek dink dit is swak opleiding, n op geleide wag sou nie so op getree het nie. Wonder of hy op diens was , wapens moet in gehandig word as jy van diens af is. Mense kom nie meer reels en regulators na nie, dis hoekom dit so gaan

Pop ·

Waar het jy gesien jy wil mense se honde voor n kind doodskiet. En nou is die arme pa dood. Hierdie wag is n bedreiging vir die mense. Dis gn ongeluk nie, sy wapen was op hulle gerig. Sterkte aan hierdie familie.

Chrisjan ·

Wel dis duidelik die vuurwapen was in die man se rigting gerig toe dit afgevuur was so die veiligheidswag het ‘n probleem.Plaas die veiligheidswag eerder langs sy voet in die grond vas geskiet het.Maar dis nou te laat vir raad!Toe sy honde uit sy erf gestorm het is die wer in elkgeval net daar deur hul eienaar oortree.GEEN hond mag volgens wet buite jou erf wees as hy nie aan ‘n leiband is nie.Simpatie met die oorledene se familie.

Lag n Slag ·

“bie” ?????? Rerig?? Is dit nie veronderstel om “nie” te wees??

Gustav Le Roux ·

Hierdie is die selfde as die Oscar Pistorius saak. 15 Jaar minimum vir manslag.

Buitestander ·

Die man is dood niemand kan hom terug bring nie.
Of iemand verkeerd opgetreë het, is vir die hof om uit te wys en korrektigeer.
Mense die gemeenskap is in rouw gun hulle dit.
Sterk te aan die familie en vriende. Gods ryklike vertoosting word julle toe gebid.

Luister ·

Sal ek ook maar op die wa klim? Mense skep darem woes aan nuwe woorde! Korrektigeer en rouw. Tyd vir ‘n nuwe HAT.

Jan ·

Boeta, jy moet jou geld terug vra – om ‘n skoot in die lug af te skiet sonder dat jy weet waar die koeel gaan land as hy afkom is uiters onverantwoordelik. Waarskuwings skote is selde’ n goeie idee, maar net soos wanneer jy jag of teiken skiet moet jy seker maak jy weet waar jou koeel gaan stop as jy dan moet skiet.

LB ·

Hoe verskriklik tragies en onnodig! En heel waarskynlik was daardie honde net bly om ‘n ent te kon gaan hardloop en sou hulle niemand gebyt het nie. Die veiligheidswag behoort nie in besit van ‘n wapen te wees as hy nie weet hoe om dit te hanteer nie. klink na nalatigheid omdat hy beangs was . Nou is ‘n familie sonder hulle pa. .. as dit nie vir hierdie misdadige land was nie sou dit nie nodig gewees het dat daardie sekuriteitswag daar is nie!

Pop ·

Ons wag maar en kyk waar is die koeel in. Dan kan meneer wag explain as hy nou verkeerd gepraat het.

Boeta ·

Maar julle is baie slim die kans dat ń koël op iemand sal land is baie minder as ń koël wat weg skrum

Lourens JvRensburg ·

Wel Boeta, ‘n klompie jare terug in die Kaap, het “gekskeerders” ‘n .303 skoot in die lug in geskiet, min wetende dat die koël gaan afkom deur iemand se dak en ‘n slapende kind se dood sou veroorsaak.
So ja, die kans ís klein, maar hét al gebeur.

Johnny Clifford ·

Baie hartseer!! Ja woorde is da nie ne!! Hoe sal mens ooit weet dit net so snaakse voorval!! Moni die honde skiet asb maar dan sterf da n Vader!! Dink aan jul as gesin en dra jul op in ons gebede!!

Chilli ·

Aii, baie sterkte aan die gesin wat hul “Dad” so moes verloor. Mag die Engele julle omvou en vrede oor julle bring. Dis so hartseer.

Cornelius du Rand ·

Baie interessant. Die klomp regskenners. Hulle laat my lag.

Lance ·

Ek wil graag weet siende dat sekere persone meer gelet op spelling is en nie op die moord self nie,was afr.in engelse skole en sekere universiteite ń byvak gewees.Die punt wat ek wil maak is,gaan dit oor spelling of om graad te kry.

Waarskuwings skoot ·

As die ou die honde wou skrik maak waarom nie in die lug in skiet nie?.Die mense verstaan nie dat daardie patroon kan opslaan of wegskram en iemand kan tref nie.Wet bepaal egter dat jy nie in n beboude gebied mag skiet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.