Seun sien pa se gru-motorfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, in sy 50’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagaand in ʼn gru-motorfietsongeluk was in Bloemfontein in die Vrystaat.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die man het glo beheer oor sy motorfiets verloor en dat hy met paramedici se aankoms op die toneel naby sy Harley Davidson-motorfiets gelê het.

Volgens Vermaak is die man se een been geamputeer in die ongeluk en het hy baie bloed verloor. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na die Mediclinic Bloemfontein gehaas is vir verdere mediese sorg.

Vermaak het gesê die man se seun het agter hom gery toe die ongeluk plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.