Seun skiet mede-leerder in skool se badkamer

Foto: Verskaf.

Die polisie in Limpopo ondersoek onderskeidelik ʼn saak van poging tot moord en die nalatige stoor van ʼn vuurwapen nadat ʼn 16-jarige sy pa se ongelisensieerde vuurwapen saam met hom skool toe geneem en ʼn medeleerling daarmee geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag plaasgevind.

Die seun het ʼn ander leerder (18) tydens ʼn vurige argument geskiet.

“Die voorval het in die badkamer van die Denga Tshivhase- hoërskool plaasgevind,” het Mojapelo gesê.

Die 18-jarige is in sy onderlyf geskiet en sterk tans aan in die hospitaal.

Die 16-jarige en sy 37-jarige pa is in hegtenis geneem op aanklagte van onderskeidelik poging tot moord en die nalatige stoor van ʼn vuurwapen. Die pa sal ook aangekla word van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen en voer toetse uit om te bepaal of die wapen in die pleeg van enige ander misdade gebruik is.

Die polisie het ouers gemaan om daagliks voor skool hul kinders se skoolsakke te deursoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Chris de Klerk ·

Volgens my moet n saak van ongelisensieerde vuurwapen besit geopen word en seun se pa moet ook asngekla word – nevermind stoor van vuurwapen !!

Piet ·

Ek stem. Die wapen is onwettig so kan nie saak van nalatige storing oopmaak. Dit moet onwettige besit van vuurwapen wees. Aih wens die polisie kan hulle wetgewing leer

Muffin ·

Ek wonder waar het die pa die vuurwapen gekry. Ook diestal en glo ek ook nie eens hy het n kluis nie. Seun vroeg ryp maar vroeg frot.

JA wohl ·

Ja maar nou moet alle skole so lyk, met LESUFI se nuwe plan .. die afgelope week nog ‘n ander leerder met ‘n mes doodgesteek .. en ‘n ander een in die gesig geskiet .. Dit is hoe ‘n skool lyk met ‘n gebrek aan dissipline en beheer .. LESUFI kan nie wag dat alle skole in chaos gedompel word nie. Die ouers is BANG vir die kinders . . en hulle is tien teen een nie eers by die huis as die kind skooltoe gaan nie ..

Justice ·

Hier kom `n unieke geleentheid vir oud taakmag lede, valskermsoldate en spesiale magte om te gaan skoolhou.

Casper Labuschagne ·

“Die Pa se ongelisensieerde vuurwapen skool toe geneem” – die appel val nie vêr van die boom af nie. Hoe op aarde bekom jy ‘n ongelisensieerde vuurwapen sonder om in die eerste plek ‘n misdaad te pleeg juis om daardie vuurwapen te bekom? En vir watter doel hou jy ongelisieerde vuurwapens aan, anders as met kriminele motiewe?

Thea ·

Ag Liewe Vader waar gaan dit als eindig as hulle so jonk is en dit nou al doen . Maar nou ja niemand doen mos iets daaraan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.