Seun slaan ma glo met besemstok dood

 (Foto ter illustrasie: Hansie Linde)

’n Man (26) wat daarvan beskuldig word dat hy sy 58-jarige ma met ’n besemstok doodgeslaan het, het Maandag in die Thohoyandou-landdroshof in Limpopo verskyn.

Die man het hom na bewering vererg toe hy op 5 September in die vroeë oggendure tuisgekom het en nie kos in die hande kon kry nie.

Die vrou het ten tyde van die voorval saam met haar seun in die Matangari Tshiumoni-nedersetting gewoon.

“Die seun het gekla dat sy ma kos in haar slaapkamer wegsteek en ’n argument het uitgebreek.

“Die seun het glo kwaad geword, ’n besemstok opgetel en sy ma daarmee aangerand,” sê Mashudu Malabi‑Dzhangi, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo.

Malabi-Dzhangi sê die slagoffer het probeer weghardloop, maar by die hek van hul huis inmekaargesak.

“Sy is na die Donald Fraser-hospitaal geneem, maar met haar aankoms dood verklaar.

“Die saak is tot 29 September uitgestel om beëdigde verklarings van familielede te bekom.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hasie ·

Dit is omdat sekere kinders nie geleer word om self te sorg nie en net wil hê en hê en niks self wil verdien nie. Dit is ook die ouers wat die kinders geen verantwoordelikheid leer nie en verskonings soek vir hul swak gedrag.

LD ·

Waar is die respek vir jou ouers heen? Genade, ek sou nie waag my hande lig vir my ouers of enige ouer persoon nie! Dis omdat daar nie meer dissipline toegepas mag word by jou eie huis of by skole nie! Kinders ken nie van respek nie en het nog minder dissipline! Dis om van skaam te word!!!

Surfer ·

Wesens of diere? Ook weer, diere sal nie eers dit doen nie.

Belinda ·

hy was natuurlik te sleg om sy deel te bring en wil net ontvang. ai dis erg om te dink iemand slaan sy eie ouer dood. vandag se kinders is verskriklik geweldadig en dis omdat orals in hierdie land alles toegesmeer word en mense dink hul kan wegkom met alles. as jy die tv aan sit, is dit programme wat net oor moord en doodslag gaan. Daar word deesdae min familie georienteerde programme gebied… dan praat ons nie eens van die video speletjies nie…

Blomme ·

Gee mens koue rillings om te dink dit is die wêreld wat ons self geskep het. Kinders onthou hul regte maar vergeet hul verantwoordelikhede.

Heinrich ·

Dis reg, neem die Bybel en lyfstraf uit die skole en vervang dit met niks – nou is daar niks van ‘n gewete of waardestelsel nie.

modiglianigirl ·

Liewe, liewer, liefste Belinda
Jy het ‘n baie raak stelling gemaak. Die jeug word deur die media (TV ingesluit) gekondisioneer en ongevoelig gemaak. Dié vorm van geweld word op televisie geadverteer om disrespek teenoor ouers te toon is deesdae ‘n vereiste selfs die advertensies maak ouers af as onkundige idiote wat van kinders se ‘insig’ en ‘kennis’ afhanklik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.