Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige man is Dinsdag in Kwaggafontein in hegtenis geneem. Volgens Mohlala was die 56-jarige pa op pad werk toe, toe hy aangeval is. Hy is op die toneel dood.
Mohlala het gesê die seun het homself glo in ʼn kamer toegesluit na die aanval. “Toe die polisie gevra het hoekom hy sy pa doodgemaak het, het hy gesê sy pa skuld hom geld.” Die seun is in hegtenis geneem.
Mohlala het gesê die bloed wat op die man se klere en die graaf gevind is, sal vir forensiese toetse gestuur word. Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Mkobola-landdroshof verskyn.
Tipies …
Barbaars
En nou skuld sy pa hom steeds geld.