Seun slaan pa glo met graaf dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man sal na verwagting Woensdag in ʼn landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat hy glo sy pa met ʼn graaf doodgeslaan het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige man is Dinsdag in Kwaggafontein in hegtenis geneem. Volgens Mohlala was die 56-jarige pa op pad werk toe, toe hy aangeval is. Hy is op die toneel dood.

Mohlala het gesê die seun het homself glo in ʼn kamer toegesluit na die aanval. “Toe die polisie gevra het hoekom hy sy pa doodgemaak het, het hy gesê sy pa skuld hom geld.” Die seun is in hegtenis geneem.

Mohlala het gesê die bloed wat op die man se klere en die graaf gevind is, sal vir forensiese toetse gestuur word. Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Mkobola-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.