Seun spring glo van bakkie toe voertuig rol

Geen van die insittendes het ernstige beserings opgedoen nie. (Foto: ER24)

ʼn Gesin van vier is Saterdag beseer toe die bestuurder vermoedelik beheer oor die bakkie verloor, dit ʼn aankomende vragmotor getref en in die bome langs die R71 in Magoebaskloof tussen Polokwane en Tzaneen omgeslaan het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici was omstreeks 16:30 op die toneel waar nog ʼn ambulansdiens reeds met die behandeling van pasiënte begin het.

ʼn Jong seun wat agterop die bakkie gesit het, het glo van die voertuig afgespring toe dit omgeslaan het. “Hy het net matige beserings opgedoen,” sê Campbell.

Die seun se pa is ook nie ernstig beseer nie en is na die Mediclinic Tzaneen vir behandeling geneem. Die man se swanger vrou is ook nie ernstig beseer nie en ʼn baba wat voor in die bakkie saam met hulle gesit het, was ongedeerd.

“ER24 het die ma, baba en seun na die Van Velden-hospitaal vir behandeling geneem.”

Die Mopani-brand-en-reddingsdiens, die polisie, verskeie nooddienste en die Haenertsburg-buurtwag was ook op die toneel om te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Duck ·

Julle kan dankbaar wees dat jul met minimale beserings daarvan afgekom het.
Kan soveel erger gewees het, veral die mannetjie wat afgespring het.
“Live to tell the tale”

KhoiKhoi ·

Kan nie verstaan dit mense toegelaat word agter op bakkies nie.
Dit is teen die wet.
Kyk na die lisensieskyf van ‘n bakkie.
2 of 5 sittende passasiers.
Niemand is veronderstel om agterop die bak te wees nie al is daar ‘n kappie.
Geen veiligheidsgordels nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.