Seun steek glo man dood wat sy ma aanrand

Argieffoto

Aanklagte is aanhangig gemaak teen ʼn 14-jarige seun wat na bewering sy ma se kêrel met ʼn mes doodgesteek het toe hy gesien het hoe hy haar aanrand.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het bevestig die voorval het laat Vrydagaand in Temba in Hammanskraal gebeur. Volgens Dlamini het die seun glo gesien hoe die man sy ma aanrand en het hy ʼn mes geneem en die man na bewering in sy bolyf gesteek. Die man is na die Stinkwater-kliniek gehaas waar hy dood verklaar is.

“Hoewel hierdie jong seun aanspreeklik gehou moet word vir wat hy gedoen het, is hy ook ʼn slagoffer aangesien hy moes sien hoe sy ma ʼn slagoffer van geweld word,” het Dlamini gesê. Die seun is aangekla, maar sedertdien in sy ouers se sorg vrygelaat.

Dlamini het die voorval betreur, veral omdat dit kom op dieselfde dag wat ʼn man lewenslange tronkstraf opgelê is vir die geweld teen en moord op ʼn vrou.

Johannes Mabetha is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy in November verlede jaar ʼn vrou verwurg en haar liggaam in Atteridgeville gestort het. Die vrou is as vermis aangemeld en haar liggaam is eers later gevind. Danksy ooggetuies is Mabetha met die misdaad verbind en aangekla van die moord.

“Hierdie voorvalle plaas weer die kollig op die ernstige en gewelddadige misdade wat teen vroue gepleeg word. Die polisie doen ʼn beroep op gemeenskappe om nie te wag nie, maar onmiddellik hierdie voorvalle, wat gewoonlik begin as huishoudelike geweld, aan te meld,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa ·

Dapper Seun. Ek hoop daar is iemand wat hom sal kan help!!

Lynette ·

Wow – hy moet verantwoordelikheid aanvaar? Regtig, hy het sy ma beskerm!! As hy dit nie gedoen het nie, was sy dalk nou dood!

Worsie ·

Ja nee, ek so ook die een gesteek het.. dalk nadat hy geval het vir hom n lap gee en gesê het hou drukking op, maar andersins wat moet mens maak, net toekyk.. as jy nie optree nie word jy n slagoffer

Leon ·

Gee die seun ‘n Bells. Oeps, hy is te jonk. Maar gee hom nogtans applous. Hy het sy ma verdedig.

Vonkprop ·

Heel gepaste naam vir die hospitaal. Beskryf die toestand van ons hospitale baie mooi.

Gaitsigubib ·

Dis fantasties hoe vinnig mense n storie vir soetkoek opvreet sonder die enige bewyse.

Geregtigheid ·

Nou word die seun die skuldige gemaak deur die regstelsel en en die eintlike skuldige word bejammer! Logies: as jy moeilikheid soek, gaan jy dit kry!Einde van storie.

Reg en geregtigheid. ·

Kinders en vrouens in SA word mishandel, verkrag en vermoor. ‘n Kind wat gedryf word om sy ma te beskerm, het absoluut die reg om watookal tot sy beskikking is, soos ‘n mes, te gebruik om die geweldenaar te stop. Hy behoort skotvry te kom.

Elmarie ·

Die arme kind! Hy was in n situasie waarin geen kind ooit moet wees nie, en het sy ma se lewe beskerm.
Hulle kon albei dood gewees het as hy nie ingegryp het nie.
Geweld teen vroue, en dit dikwels in hul huise, waar hulle veilig behoort te wees, raak n ernstige probleem in ons samelewing.
Ek hoop die seun ontvang trauma berading en dat iemand daar sal wees om hom te help.

koekie ·

Geweld teen vroue kom oral in ons land voor. Mans wat op hul vroue skreeu. Wat hulle verbied om by ‘n vriendin te gaan koffie drink. Emosionele, verbale en finansiele mishandeling. Daar is nie liggamlike letsels nie. Maar ek kan julle waarborg aan die siel is die wonde so diep dat selfs waar ek hier tik, nie meer die doel sien om te wil lewe nie. Sterkte aan daardie brawe seun

Petro ·

Hierdie seun moes seker al geruime tyd toe kyk hoe sy ma seer gemaak word en hy het besluit “genoeg”. In my oë is hy sy ma se held

Jessica ·

Agree, i would kill him myself to with my bare hands, no doubt.

Jessica ·

What was he suppose to do, sit and watch how his mother is suffering in the hands of a monster, no ways i will do the same, stab him to death till the bastard is dead and mince meat for the crocodiles to eat. Burn him alive with petrol, or blow him up with a handgranade around his neck.

Jessica ·

Agree, i would kill him myself to with my bare hands, no doubt.

Suzette Geringer ·

Wel gedaan jong man!! Jy moet eintlik ‘n medalje vir dapperheid ontvang. Staan op teen dit wat verkeerd is – so kan ‘n mens ‘n verskil maak.

Pikkewyn ·

Jammer om dit te sê maar ek het genoeg gesien waar vroue ter wille van wat? enige sleg ding in hulle huise by hulle kinders inbring… Hulle is net so aandadig aan die mishandeling wat die kinders moet deurmaak. Vrouens asb. los tog die skollies uit!! Dit is net nie die moeite werd nie. En ja ek is self ‘n vrou… Mans ook – los die sleg vrouens uit wat julle en die kinders verniel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.