Seun sterf bo-op trein

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun het noodlottige beserings opgedoen terwyl hy bo-op ʼn trein gestaan het naby die Maraisburg-treinstasie in Roodepoort.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is paramedici en lede van die polisie se honde-eenheid Vrydag omstreeks 14:00 na die toneel ontbied .

“Omstanders het paramedici by hul aankoms na die trein geneem wat naby aan die stasie gestaan het en waar die seun op een van die treinwaens was.

“Treindienste in die omgewing is opgeskort sodat daar toegang tot die bokant van die trein gekry kon word.”

Volgens Vermaak is die seun bo-op die trein dood verklaar en is sy liggaam kort daarna verwyder.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem van der Merwe ·

Dit 3000 volt en 750 ampere,enigiemand boop ń trein soek moeilikheid

Dolf ·

“Trainsurfing” is dodelik gevaarlik, tog word dit amper daagliks deur sommige tieners gedoen. Ek is net baie jammer vir die ouers van die kind wat nou deur erge smart moet gaan.

willem Botha ·

Dolf hulle moes hulle kind beter opgevoed en gedissiplineer het wat soek hy op n trein pleks soek hy n werkie.

Ena ·

Stem saam Willem…if u wanna play….Sorry U pay…party dink mos hulle is snaaks en indestructible. …..

Oujongvrou ·

Hulle ry bo op om nie te betaal nie. Ek het al trosse kinders bo op treine gesien ry. Kan maar seker weet daar was maats saam met hom wat nou weggehol het toe hy doodgeskok is. Hopenlik het hulle nou gesien wat gebeur met jou.

Barry ·

Ek het geen simpatie met die “treinsurfers” nie
Soos ander kommentaar gese het . Waarom soek hy nie werk ipv om n klomp koste vir die staat aan te gaan met sy onverantwoordelike optrede
Barry
Thailand

Sarel ·

Inlywing vir relating tot ‘n Bende?
Ja maklik om te blaam op ouers te pak. Baie kinders moet na skool ma hulle self omsien omdat albei ouers werk. Dink bietjie daaraan dat die ouers ‘n kind verloor het

Heksie ·

“train surfing” nie ‘n nuwe ding nie, baie doen dit en het al geboet met hul lewens daarvoor. Maar weereens, as jy nie wil hoor nie, moet jy voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.