Seun sterf by Musina-laerskool

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Die Limpopo-polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 11-jarige seun tydens ‘n atletiekdag by ʼn laerskool in Musina dood is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het verlede Woensdag by Gateway Primary plaasgevind.

“Daar was ʼn atletiekdag by die skool en ʼn onderwyser het ʼn groep kinders gestuur om atletiekspiese te gaan haal,” het Otto gesê. “Die oorledene, Marlon Mukwevho, was een van dié kinders.”

Marlon het na bewering die spies hanteer toe hy homself per ongeluk in die bors gesteek het.

“Hy het na die onderwyser gegaan en vertel wat gebeur het. Die onderwyser het ʼn bloedkol op sy hemp gesien  en hy is na ʼn nabygeleë mediese sentrum gehaas.”

Die seun het by die sentrum aan sy besering beswyk. Die dokter wat hom behandel het, vermoed die spies het sy long raakgesteek. Die polisie se ondersoek duur voort.

Dr. Naledzani Rasila, woordvoerder van Limpopo se departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê wat by die skool gebeur het, is betreurenswaardig. “Om ʼn leerling te verloor, is altyd hartseer en altyd een dood te veel,” het hy gesê. “Ons ondersteun die polisie in hul ondersoek en as dit afgehandel is, sal ons die nodige stappe neem as dit aan die lig kom dat iemand nalatig was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

m ·

Hoe hard moes hy dan himself raakgesteek het sy long raak te steek. Die storie maak nie vir my lekker sin nie.

Sam ·

He did puncture himself he threw the javelion and when he pulled it out the ground it hit him in his chest. It didnt puncture anything. He burst a vessel in his heart and had internal bleeding. And there are a few holes in this report as it wasnt a athletics day it was a sport practice.

REGVERDIG ·

Homself raakgesteek met so n lang voorwerp? Regtig?????

Berhalet Beukes ·

Onthou nou… Ons is almal onder kalkoene uitgebroei! ;-)

Ana ·

My opinion…maar hoe maak dit sin dat ñ 11 jariges HOMSELF so kan steek…just saying

Berhalet Beukes ·

Nee, dit klink net nie reg nie… En hoekom het hy ‘n spies hanteer sonder toesig?

Berhalet Beukes ·

Die skool sal maar moet verduidelik! Hoe gebeur dit?

Sus ·

Om te reageer op van die kommentare: ek het besef hoé naby ‘n mens se long aan jou vel is, verál in die omgewing van jou sleutelbeen toe my sussie se long in die hospitaal stukkend gesteek is met die insit van ‘n drup.

Berhalet Beukes ·

Ek hoor jou… My vraag is dit… Hoe hanteer ‘n 11-jarige kind ‘n spies sonder toesig? Waar was die onderwysers?

Michelle ·

Sover ons weet het hy die spies in die grond gegooi en hom weer uitgetrek soos hy geloop het…op ‘n stadium het hy hom te diep in die grond gegooi en met altwee hande probeer uitrek en dis toe hy homself raaksteek toe die spies loskom. Dis vreeslik hartseer…….

Corrie ·

Ek sien baie moontlike maniere hoe hy dit kon reg kry. En die persoon wat verduidelik van die spies wat hy uit trek en hom dan tref… Dit klink baie moontlik. Enige iets is moontlik.

Mira ·

Skies as ek baie dom is. Maar sovêr my kennis strek is mens se sleutelbeen hier bo by jou skouer….. en jou longe is hier onder agter jou ribbes……. ek weet alles is moontlik maar ek sou graag wou sien hoe is jou suster se long raak gesteek met ń drup hier van bo by haar sleutelbeen af.

SMS ·

Die storie kan waar wees. Die longe strek hoog op weerskante van die borsbeen agter jou ribbes tot bo naby die skouers. As daar ‘n drup in die skouer ingesit word, word dit aan dit onderkant van die sleutelbeen voor op die bors in gesit.
So kán die long wel raak gesteek word.
Ek is ‘n oud ICU verpleegsuster en dit is een van die gevare van die prosedure.

Hennie ·

Die storie maak geen sin. Die skool praat die saak weg. Klink meer vir my of die kind gesteek is met die spies. Hoe hard moet jy dit doen om deur jou vel te kry? Die agterkant van die spies is die skerpste maar nie skerp genoeg om jouself met n kortafstand te steek nie!

m ·

Hierdie hele storie maak maar net nie sin nie. Sal laaik om te sien wat die ondersoek beamptes gaan bevind.

alida ·

Ag hou tog op om vooruit te bespiegel oor wat gebeur het. Die ware storie sal wel mettertyd aan die lig kom.

Lou ·

Een moontlike scenario. Die kind hardloop met die spies en die een kant steek in die grond vas en hy hardloop in die ander punt vas. Wat ookal – ek wens my ou volkie was bietjie stadiger en meer nadenkend met die kritiek, tong en pen. Ek glo dit was regtigwaar ‘n ongeluk, maar kom ons wag en sien.

Esther ·

Ja hou op bespiegel en insinuasies maak. n 11 jarige seun kan al redelik groot en kragtig wees en speel moontlik hard. Met momentum van n spies uit die grond uitpluk is enigiets waarskynlik moontlik. Onderwysers is nie alomteenwoordig nie en kinders van die ouderdom moet sekere take alleen kan doen. Selfs die aandra van spiese en ander sporttoerusting. Enigiets hoe omskadelik ook al kan n wapen wees wanneer dit gebruik word. n Ongeluk gebeur so maklik! Baie jammer vir die familie van die seun en die skool en personeel wat hiermee moet wroeg. Sterkte!

Jacoba ·

Esther, jy is so reg. Onderwysers is nie alomteenwoordig nie. Hulle word dikwels vir alles wat verkeerd gaan blameer, maar die meeste van die tyd probeer hulle net hulle bes. Baie dankie aan elke onderwyser wat ure aan ons kinders spandeer.

tamboti ·

‘n ongeluk wat waarskynlik deur nalatigheid veroorsaak is, soek die ware skuldige – Satan wat die mense moordenaar is, en die groot agterdog by julle op jaag.
Arme kind het nog geleef om die storie te vertel – as daar maar net iemand was wat vir hom kon bid! Nou is dit te laat.

Illa ·

Ai mense, ek weet in ons land is gemene spel aan die order van die dag, maar ek kan kan met redellike sekerheid sê dat dit baie moontlik ‘n ongeluk was.
Nou die dag het my sewejarige seuntjie met die kopaf stok van ‘n besem gespeel. Ek het hom geroep om te sê hy moet die stok gaan wegsit (want ek was bang hy kry seer – nie mooi geweet hoe, maar so’t my ma my geleer). Toe hy aangehardloop kom met die stok om te kom hoor hoekom ek hom roep, druk die stok se voorpunt in die grond vas en hy hardloop met volle vaart in die agterpunt van die stok vas – die steek hom toe reg in die maag. Ek het vir ‘n oomblik gevrees die stok het hom deurboor, maar genadiglik toe hy uiteindellik sy maag los, was daar net ‘n massiewe blou kol. Moenie so vinnig oordeel, snaakse dinge gebeur sonder enige wreedaardigheid.

dries ·

Maggies….en so is 90% van julle wat kommentaar lewer blykbaar x speurders of dokters…..lagwekkend. Eks bly eks nie met een van julle getroud nie….sal elke dag moet verduidelik waar die merk op my hemp vandaan kom of watse toilet spray ruik soos parfuum….lol….nee regtig mense….

Adri ·

Ja Dries wee jy ek dink jou antw was vi my nogals di beste,ai ai

Daleen ·

LOL, Dries, lykmy ek en jy moet dan maar afhaak. Ek voel dieselfde oor sommige van die speurders se op- en aanmerkings. hahaha. My nommer is 555-O4Q2… Grappie… LOL

Erns ·

As ek dink wat ek al aangevang het, is dit moontlik. Terloops, mens kan nie altyd 100% toesig oor leerlinge he nie, dit is onmoontlik.

tw ·

Ek was vir baie jare n spiesgooi atleet. Kan ook nie verstaan hoe hy homself kon steek nie, self die verduideliking van die spies in die grond maak nie honderd persent sin nie. miskien as hy teen n spoed daarin gehardloop het of teen die steekpunt geval het, maar niemand kan spekuleer nie, moet maar wag vir die ondersoek om afgehandel te word. Sterkte aan die familie en vriende. Dit bly n tragiese gebeurtenis.

Self 'n juffrou ·

Ek kan sien hoe ‘n personeellid ‘n paar kinders kan stuur om goed te gaan haal in ‘n sportstoor. Dinge gaan rof by die skool en dan is mens gejaag om als reg te kry vir ‘n byeenkoms. Maar wat gebeur het is bitter tragies en my hart gaan uit na die familie, die skool, maatjies en gemeenskap.

Sam ·

This whole story isnt right. I know the person who rushed the boy to the hospital. And he didnt puncture anything the javelon hit him in the chest when he pulled it out the ground and it burst a blood vessel in his heart and this in turn caused internal bleeding. It was a freak accident and a terrible one at that.

Oom Boer ·

Dit is regtig hartseer en tragies veral vir die familie en maatjies om so jong kind en vriend skielik op so ‘n wyse te verloor. Innige simpatie aan die familie, vriende en maats em mag jul harte heel in hierdie donker uur. “Sterkte”

Attention:AANDAG ·

Kan jul mense asb Sam se kommentaar gaan lees?Dan sal jul dalk verstaan-dit klink regtig asof hy weet waarvan hy praat.jul bespiegel ook maar net-FEITE is:Min mense weet regtig wat Gebeur het-so hou op so negatief wees,en hou eerder jou kommentaar vir jouself as jy niks bewyse het nie.

Mariaan ·

Verskriklik hartseer! Laerskole se sportveld is ‘n baie gevaarlike plek. Gebrek aan vaardigheid en toesig is groot kommer. My 10 jarige kind het verlede week tydens huissport ‘n mantelvlies besering opgedoen, moontlike mantelvliesbreuk. Hy het hooggespring en telkemale reg bo-oor die mat gespring, en baie hard op die grond te lande gekom. Niemand teenwoordig kon net daaraan dink om die mat te skuif vir hom nie. Volgende keer (as daar ‘n volgende keer is) sal ek reg langs my kind op daardie veld staan, of hulle my daar wil he of nie!

Eliza-beth ·

Sterkte aan die arme ouers, onnies en mede-leerlinge/maatjies. Hierdie moes baie traumaties vir hulle wees. Innige simpatie aan almal.

SkarrelKind ·

‘n Ongeluk gebeur baie maklik en soms op die vreemdste manier – dis waarom dit ‘n fratsongeluk genoem word. Nie een van ons was daar nie en alhoewel die spies uit die grond uittrek dalk onmoontlik klink, kon dit tog seker gebeur het. Ek hoop hulle vind uit hoe dit gebeur het en dat die uitslag berusting sal bring vir almal.

EMK ·

Miskien moet almal liewer leer hieruit – ‘n ongeluk gebeur maklik en ‘n fratsongeluk gou. Dalk moet skole van nou af seker maak sulke gevaarlike toerusting word met ‘n lap om die skerp punt gedraai gebêre word. Sterkte en simpatie aan die familie en vriende.

zuleika de bruyn ·

Die opskrif van die berig is baie misleidend, die voorval het by Gateway Primary gebeur en nie by Messina laerskool nie ( 2 verskillende skole)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.