Seun sterf glo toe hy pa help

Foto: Netcare 911

ʼn Jong man is Sondagaand op die N3-snelweg naby Johannesburg dood glo kort nadat die motor waarin hy en sy pa gery het, onklaar geraak het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn paramedikus, wat nie aan diens was nie, het teen 18:10 op die N3-Suid naby die Marlboro-afrit gery toe hy ʼn man langs die snelweg sien huil het. Die paramedikus het in die noodbaan stilgehou en gesien dit lyk asof daar ʼn voertuigbotsing plaasgevind het.

“Die paramedikus het sy hulp aangebied en die man het aan hom gesê sy voertuig het langs die snelweg onklaar geraak. Volgens die man het sy seun ʼn ent teruggestap op die snelweg om met ʼn flits aankomende voertuie te waarsku van die stilstaande voertuig in die pad toe hy deur ʼn verbygaande voertuig getref is,” het Dollman gesê.

Hy het gesê die paramedikus het die seun gesien waar hy bewegingloos langs die pad gelê het en het dadelik hulp van sy kollegas wat aan diens was ontbied. Hy het intussen met kardiopulmonêre resussitasie begin totdat ʼn Netcare 911-ambulans opgedaag het. Nog ʼn ambulans het kort daarna op die toneel stilgehou en die paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die jong man by te bring.

Ten spyte van die paramedici se pogings, het die man op die toneel aan sy erge beserings beswyk. Volgens Dollman is dit nie duidelik hoe oud die man was nie, maar was hy glo ʼn universiteitstudent.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Thea ·

Ai dis so verskriklik hartseer! Sterkte aan sy famielie en geliefdes!

Charl Bester ·

Ek skryf met groot hartseer. Dit is omtrent op dieselfde plek waar ek my 19 jarige seun sowat 6 jaar terug verloor het in n motorfietsongeluk. My hart gaan uit na die pa en sy gesin.Dit is baie hartseer

Ada ·

Seun sterf GLO toe hy pa help. Wat beteken die GLO Maroela? Is dit die waarheidd wat ons lees of nie?
Definieer asb vir my die GLO?
Indien dit die waarheid is wil ek net vir die ouers sterkte toewens. Jammer oor julle geweldige verlies. So so jammer om te hoor.

Dalene de Vente ·

Dagsê Ada

Dankie vir jou kommentaar. In gevalle waar daar nog nie enige bewyse in ʼn hof voorgehou is nie en die polisie steeds besig is met hul ondersoek, mag die media nie aannames maak oor enige voorval nie. Deur die woord ‘glo’ te gebruik, beteken dit bloot dat dit voorlopige bewerings is, maar dat dit nog nie deur ʼn hof of die polisie bevestig is nie.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Bosbok ·

Ek stem nogals saam met jou Ada, dit is eintlik n baie swak woordkeuse en manier van uitdruk soos deur Dalene nms MM beskryf. Daardeur val ek nie Dalene aan nie, dit is seker taalkundig korrek, maar dit klink verseker nogal ongevoelig en asof die Pa jok oor wat /hoe dit gebeur het. Asof hy hom dit verbeel het.

Sênet ·

Dink dit moet eerder wees ‘Seun sterf toe hy pa glo help’? Dis ‘n feit dat die seun gesterf het. Die gebeurtenis wat tot die sterfte gelei het is nog nie bevestig nie?

Spoed oorsaak ·

Ek het self so iets sien gebeur paar jaar terug. Mense JAAG selfs al waarsku jy met flits. Te danke aan die ANC wat GEEN orde meer kan handhaaf nie. Mag die ANC gou val en Zuma ager tralies sit.

Olga ·

Ada en Bosbok
Volgens wet is jy nie dood, voordat hof of polisie se jy is dood nie….. Maroela is 100% reg.
lees eers julle wette voordat julle die regter wil speel.

Tina du Toit ·

Baie jammer vir julle verlies en harte wat in stukke is. Mag God vertroosting bring.

Arizona ·

Die regte taal gebruik is “na wat verneem word”, maar dit gaan my verstand te bowe hoe mense kan stry oor die regte taal gebruik en daar is n ouer wat sy seun aan die dood moes af staan. Ek kan my lewe daarop sit dat hierdie ouer absoluut niks voel vir die woord “glo” na dit wat hy nou moet deur maak nie.

Susan ·

So ‘n smart kan ‘n mens jou nie indink nie. Mag die Here die krag aan die seun se ouers en familie gee om hierdie tragedie te verwerk. My innige gebede is met julle.

Daan ·

Dankie Dalene,julle ouens doen baie goeie werk om die publiek in te lig oor wat in ons land gebeur. Dit kan glad nie maklik wees om kop te hou met al die traumatiese en dikwels hartseer berigte nie.Ons waardeer julle almal en bid vir julle.

Rika G ·

Stem saam Arizona.. gaan my verstand ook te bowe. Sterkte aan die familie.

VanAfrika ·

Agge Nee, jare se hartseer wat voorle. So jammer die pa moes dit sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.