Seun sterf; maatjie beseer toe motor hulle tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 12-jarige seun is Woensdagoggend dood toe hy deur ʼn motor van sy fiets afgery is in Bloemfontein.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die seun het glo saam met twee vriende fietsgery in Rudolph Greylinglaan in Estoire toe hulle deur die motor getref is. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die 12-jarige seun in die pad gelê met die motor wat ʼn paar meter verder gestaan het.”

Volgens Bodasing het die seun ernstige beserings opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar. “Een van die ander seuns, glo 11 jaar oud, het matige beserings opgedoen. Lede van die publiek het hom na ʼn sakeperseel naby die ongelukstoneel geneem om hom te probeer kalmeer. Paramedici het hom behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Bodasing het gesê die ander vriend is nie beseer nie en is deur lede van die publiek huis toe geneem. “Die presiese oorsaak van die voorval word ondersoek.”

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Anadia ·

As ‘n baie paraat atleet het ons vanoggend nog ervaar hoe onverskillig en met hoë spoed ry die mense in Bloemfontein. In dubbelbane jaag hulle op ons af, ongeag die spasie wat hul het of hoe klein ons onsself maak en op sypaadjies spring. Dit is ongelooflik tragies dat ‘n kind vir sy lewe moes boet en ek glo hierdie kon voorkom wees. Mag die Here sy familie dra in hierdie verskriklike tyd.

Veritas ·

Hi Anadia. Volgens die berig het die motor ‘n paar meter van die toneel gestaan dus glo ek nie spoed was ‘n faktor nie. Jy is reg wanneer jy sê dat sommige motorbestuurders roekeloos bestuur maar baie van die fietsryers is domastrant. Van hulle glo die ryvlak behoort aan hulle en hulle het net soveel reg op die gebruik van die pad as motorbestuurders. Male sonder tal kry jy fietsryers wat twee-twee langsmekaar of in bondels ry. As dit nie domastrant of sommer net onnosel is nie, weet ek darem nie.

Ruby ·

Veritas, die motor het daar gestaan NADAT dit die seun getref het.

Anadia ·

Veritas my kommentaar gaan nie oor enige opinie oor fietsryers nie. As padatleet ervaar ek daagliks die onverskilligheid van motoriste en kan dit noodlottig wees vir enige persoon al is jy ook hoe paraat en veiligheidsbewus. Dit is ‘n kind se lewe en dis die hartseer van die hele saak. Ek se weer ek glo hierdie kon voorkom wees, ongeag wat die situasie is.

Karma ·

@Veritas/Anadia/Elbri – ‘n kind is dood, watter tragiese verhaal is dit nie! Innige meegevoel aan die ouers, familie en vriende van hierdie seun, asook sy vriend, wie deur geweldige trauma moet gaan! Beide motorbestuurders en fietsryers moet verantwoordelikheid neem vir mededeel-saamheid op die paaie. Ek dink fietsryers is dikwels die skuldige party in baie fietsryongelukke – en ek veralgemeen of verontskuldig motorbestuurders GLAD nie. Daar is party van hulle wat nie by die spoedgrens hou of toelating maak vir fietsryers nie. Kom ek gee egter gou ‘n voorbeeld van onverantwoordelike optrede deur sommige fietsryers in Worcester, in die Wes-Kaap: hulle ry hier sonder beskermende klere en pette; hulle ry in groepe van 2-3 op ‘n nasionale pad, met ‘n nou padskouer; hulle ry skemeraand/donkernag sonder waarskuwende flitsliggies agter en ‘n lig voor; hulle gebruik nie die fietsrybane wat daar gestel is vir hulle nie, maar ry reg IN die pad – jy, die motoris, moet dan tot in die aankomende verkeersbaan swaai om ‘n botsing te voorkom.

antoinette ·

Sjoe lyk na n harde slag as jy na die skade op die voertuig kyk.Wonder hkm het die seun op so n besige pad gery?

Sumari ·

Kan nie verstaan dat jy sulke kommentaar lewer nie.. ‘n Kind is oorlede en geen ouer moet ‘n kind verloor nie. Ek dink dis die seerste seer wat enige ouer moet deurmaak.

Laurika ·

Ek stem saam jou Antoinette. ‘n Kind van 12 is heeltemal te jonk om op ‘n dubbelpad met ‘n fiets te ry. Ek voel die kind en sy ouers baie jammer, maar ek hou by my opinie – wat soek hy op ‘n besige dubbelpad met ‘n fiets?

Lana ·

Dit is tragies, ek self het nog nie kinders nie – maar raak onsteld om te sien hoe ouers hulle kinders toelaat om op fietse in die strate te ry. Ek stres verskriklik as die kinders ry, want hulle self vat ook maar soms kanse. Ons bly in ‘n oop kompleks, waar die spoed beperking 40km/h is. Nie almal volg daardie reels nie. Net so volg nie alle fietsryers die reels nie. Sterkte aan die familie, dit kan nie maklik wees nie. Ongelukkig bly ons in ‘n land waar die straf te min is op enige wette, wat veroorsaak dat my kinders eendag gaan moet groot word in die huis – waar hulle nooit die ervaring sal he van skaatsplank of fiets ry in die straat nie. Dit is deesdae net te onveilig om dit te waag.

TM ·

‘n Motor kom gewoonlik eers oor ‘n paar meter tot stilstand as spoed betrokke was. Dit is logika. Die voertuig se skade vertel ook dat dit nie net ‘n stampie was nie. Daardie arme kind is hard getref. Ek self was deur ‘n motor gestamp toe ek 4 jaar oud was en my kop het die voorkant van die motor getref. Ek het deur genade niks oorgehou van die ongeluk nie en ek het wel skade aan die motor se voorkant gemaak maar as ek van my ouers aflei wat die skade op daardie motor was teenoor hierdie motor se skade het die kind nie ‘n kans gehad nie. Sterkte vir die familie.

Chris H ·

Dit is baie hartseer en sterkte vir die families.
As die spoedgrens 80km/h is, wat gewoontlik die geval op n dubbelbaan pad, dan het n voetgangers en fietsryers amper geen kans op oorlewing as hul deur n voertuig getref word nie. Ongelukke gebeur en soms kry n mens nie n tweede kans nie.

Tiger ·

Vir ‘n 12 jare kind om ‘n voertuig sulke skade met sy lyf te gee moes die slag baie hard gewees het dis duidelik.Maar ek was nie daar nie so ek gaan my nie verder uitlaat oor die oorsaak van die ongeluk nie en of die motoris skuldig is of nie.Kinders kan snaakse en gevaarlike dinge aanvang op fietse.My meegevoel aan die familie van die oorlede seuntjie.

Xa ·

Dit was n baie hoe spoed ongeluk, jy kan dit duidelik sien. Die “naby” is ook nie regtig naby nie. Ek stem heeltemal saam met veritas oor fietsryers se arrogansie en die wat 2 langs mekaar ry kan maar weet dat daar bestuurders is wat nie hulle met respek sal behandel nie, maar in die geval was dit kinders en kinders is nognie heeltemal verantwoordelik op die pad nie, en bestuurders moet dit weet.

pieter ·

Die motor en die kind was naby mekaar ,maar kyk waar is die fiets. Dit is ten minste n honderd meter verder terug. Die kind is saam met die motor gedra.

dries ·

Veritas kom bietjie op datum. N fiets aldus die verkeerswet, het juis net soveel reg as n motor.

Veritas ·

Dries jy is heeltemal reg, ‘n fietsryer het net soveel reg op die pad as ‘n motoris. Ek het myself net dom uitgedruk. Wat ek probeer sê, is dat fietsryers dink die feit dat hulle dieselfde reg op gebruik het, sal keer dat hulle nie meer kwesbaar is nie. Ek self, as ‘n motorfietsryer, besef maar terdee dat ek dieselfde regte as ‘n motoris het, en tog sê my logika vir my om meer oplettend,waaksaam en defensief te wees wanneer ek op my motorfiets is. Die reg van padgebruik beskerm jou nie teen ernstige beserings in geval van ‘n ongeluk nie. Ek het lankal geleer om, wanneer ek motorfiets ry, eerder tweede viool op die pad te speel as eerste harp op ‘n wolkie.

johann cb ·

Kom ons laat die stryery eenkant en dink aan die ouers wat deur hel gaan. Wette kan verander word, niks kan hul kind terugbring nie.

Baie baie hartseer ·

Baie baie hartseer vir hierdie ouers en vir die motor bestuurder. Die bestuurder het dit beslis nie met opset gedoen nie. Die feit dat die bestuurder gestop het en verantwoordelikheid gevat het dat hy/sy bestuur het beteken klaar baie. Baie sterkte aan julle almal.

Johan ·

Die fiets is van agter gestamp. Of die motoris het hom nie gesien nie, of die fiets het voor die motor ingeswaai. Ieder geval baie tragies

Van ·

mens voel deesdae te bang om op die paaie met ‘n motor te ry en net die spoedgrens te behou, want jy word bykans van die pad afgedruk as jy nie jaag nie.
Mense is roekeloos en ongeduldig, kinders moet liewer nie meer dit waag in ‘n pad met fietse nie, want as die arme kinders nie van hul fietse afgery word nie, word hulle geroof van hulle fietse….

Laurika ·

Jy kan mos sien dit is ‘n dubbel pad – ‘n hoofpad wat BESIG is. Wat soek ‘n 12 jarige kind en sy maats op ‘n vakansiedag op daai besige pad. Waar is die kind se ouers? Dit lyk ook nie vir my of daar spasie is vir ‘n fiets om te ry op daardie pad nie. Moenie altyd die motoris sommer net beskuldig nie. My kinders is al 16 en 18, en hul mag nie eers ‘n dubbel pad oorsteek te voet nie. Ek as ouer sal hul ry waar hul wil wees.

E.K. ·

Dis baie hartseer vir beide partye – ouers en motorbestuurder. Ek dink egter ook mens moet maar wegbly van besige paaie – ek self sal nooit fietsry/hardloop op besige paaie nie. Laat mens liewer probeer leeruit hierdie hartseer gebeurtenis en dinge in werking stel wat nog so ‘n situasie kan verhoed.

Bryan Mackay ·

Het daar verby ge ry en gewonder wat daar gebeur het. Die mense jaag erg op daai pad. Dis nie n plek vir kinders daai nie. Motoris moet gestraf word. Arme ouers.

E ·

Stem saam Laurika. Ek voel ook dat kinders glad nie op n hoofpad moet fiets ry nie. Ek as ouer sal dit ook nie toelaat nie, maar hierdie is so n hartseer saak, mens wil nie oordeel nie want die arme mamma en pappa is stukkend.

charlene ·

Daai vark het gejaag en om `n paar meter verder te stop is moontlik, mens noem dit abs…. As jy die ruit so kyk kan jy sien hy het gejaag. Ek hoop die vark gaan tronk toe en sit daar tot sy/haar gewete hulle opvreet!!!!!!!!!!!!!!!! En die wat sê kinder hoort nie in die pad nie ek neem aan julle is die wat glo `n kind moet heeldag en aaldag voor `n tv of `n rekenaar sit. Die ouer het die regte ding gedoen dat hulle kinders buite speel, fiets ry en nie soos lee lemels voor `n tv plak.
Mag die Here die ouers troos en help en dra. Mag die maatjie ook hulp ontvang wat nodig is

whatever ·

Ek lees julle comments en ek bewe van woede, dis familie van my en ek hoop van harte dit gebeur nooit met julle nie, julle het geen idea waardeer ons gaan ni. Julle kinders is seker porselein wat in glas kaste sit, want d vader weet na julle judgemental comments sal julle ni so iets kan hanteer.
by the way dis coloureds, seker nog n rede in julle oe om te se hoe die ONGELUK gebeur het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.