Seun sterf ná aanval op ambulans

Foto: @WCHEMS/Twitter

ʼn Agtjarige seun is dood nadat ʼn ambulans op die N2 in Kaapstad onderweg na ʼn hospitaal aangeval is.

Robert Daniels, EMS-woordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê die seun is tydens ʼn motorongeluk beseer waarna ʼn ambulans hom van die ongelukstoneel na die Rooikruis-kinderhospitaal vervoer het. Die seun het kritieke kopbeserings in die ongeluk opgedoen.

“Die ambulans is omstreeks 01:10 op die N2 naby die Borcherds Quarry-wisselaar aangeval. Daar is vuurwapens op die nooddienspersoneel gerig en hulle is beroof.”

Volgens Daniels is die seun in die ambulans dood weens die vertraging wat deur die rooftog veroorsaak is.

Paramedici en nooddienswerkers in die Wes-Kaap het tussen 2012 en 2016 deurgeloop onder minstens 232 aanvalle. Daar was ook al verskeie aanvalle in 2017 en paramedici moet onder polisiebegeleiding in sekere gebiede ingaan.

Die Wes-Kaapse polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ano ·

Dit vat BAIE vir my om te huil – maar wragtig NOU huil ek! :( :( Dit is verskriklik! Die arme mense – nie net die kindtjie nie maar die nooddiens personeel. Dankie dat julle nogtans aangaan met julle werk. Hopelik kry julle gereeld “de-briefing” en trauma berading.

Skerpioen ·

My hart huil vir daai familie. My hart huil oor ons land in chaos is. My hart huil oor ons regering wat NIKS doen nie. Ek is bitter hartseer. Hoe gaan ek my dogtertjie in hierdie land groot maak?

Anton ·

Aanvalle op nooddienste behoort glad nie te gebeur nie. Waarom kan daar nie ‘n werkbare plan in plek gesit en uitgevoer word nie?

Annie ·

Hierdie storie is baie hartseer – baie sterkte aan die familie en nooddienste. Wonder net as hulle wel eendag die varke vang gaan hulle aangekla word vir moord ?

MJ ·

Wat ‘n hartseer storie. Jy dink jou kind is oppad na ‘n goeie hospitaal waar hy vinnig hulp sal kry en dan vat die kriminele sy lewe weg. Wil ook weet.. wat van ons kinders?

Selma ·

Nou waar is MALEMA nou wat so besorgd was oor die Boere wat op Black Monday mense verhoed om te gaan werk of om eksamen te gaan skryf? Hier het mense iemand se lewe gekos en ek hoor die taxi staking in Pretoria het al heelwat ongevalle gehad waar mense en hulle motors aangeval is. Dis skandelik dat ALMAL (let wel ALMAL) in SA Malema toelaat om te sê wat hy wil, sy direkte aanslag op een spesifieke etniese groep, sy onverdraagsaamheid en haatspraak. Media laat hom maar verbygaan, so ook die MRK en die Ahmed Kathrada Stigting wat kamstig geen rassisme duld nie. Die polisie neem hom nie in hegtenis nie, die regering kritiseer hom nie. Dis te lekker in ‘n land wat ‘n FB plasing soveel aandag trek dat die hele wereld ‘up in arms’ daaroor is, maar sy daaglikse blatante haatspraak word nerens aangespreek nie. Die sogenaamde ‘organisasies’ teen rassisme se eie rassistiese onderrok hang darem ver uit.

Nicoline ·

Ek gooi ook al dié tipe voorvalle en pyn van moordaanvalle op ons swak-niks omgee-regering se voete neer.Mag hul eendag in oordeel voor Hom staan….

ai ·

Net in Suid-Afrika – dit is só hartseer en só verkeerd …

Penellope Jones ·

Kan ‘n mens so GIERIG en HARTELOOS wees om ambulanse aan te val en dan nog met ‘n pasient binne-in???

Ashley ·

Suid-Afrika verseker die enigste land ter Wereld waar dit plaasvind, die ENIGSTE Land!!!!

BoLANDER ·

Terwyl ek hierdie aaklige stukkie nuus lees, wonder ek, waar gaan dit alles eindig!!!!!! Hoeveel nog??????? Ek bid elke dag vir die Vader, soos soveel ander mense ook, om al hierdie lêlike goed wat in ons land gebeur asb tog stop te sit. Al waaraan ek tans glo, is om nie op te hou bid nie!!!!!! Dit moet toggebeur dat HY gehoor gaan gee voor dit te laat is!!!!!!

Leahim ·

Die polisie het ons gefaal misdaad floreer en misdadigers het alle vrees vir die polisie verloor die klomp is n grap van die minister wat die waarheid so verdraai hy lieg nou openlik tot die konstabel in die klagte kantoor wat eers die insleepdiens bel voor hy reël vir n ambulans nadat iemand n ernstige ongeluk aangemeld Ek moet ook noem dat die Kaptein by ons stasie nie die van Snyman kan spel nie ,en ons is verstom oor misdaad buite beheer is.

Ada ·

Dan wil hulle die Wereldbeker Rugby hier hou? My genade – is hulle mal? Dit is ‘n moordkuil hier by ons.
Gerrie Nel waarom vat jy nie vir Malema aan nie? Waarom so stil? Hy sal moet vasgevat word.

Liebenberg ·

Die adres van die CEO van die Rugby Worldcup 2023 is as volg:
Mr Brett Gosper
CEO, World Rugby & RWCL Managing Director, World Rugby House , 8-10 Pembroke Street Lower, Dublin 2.
Hierdie mense moet gewaarsku word dat dit onveilig hier is en dan sal nog meer mense bewus word van wat hier aangaan. Ons kan nie rugby kyk terwyl ons mense daagliks om ons vermoor word nie.

Gideon ·

Laat my hierdie land net vir EEN dag regeer…..NET EEN DAG !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.