Seun sterf ná geveg op skoolgronde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hoërskoolseun is Maandag in hegtenis geneem nadat ʼn 16-jarige seun na ʼn geveg op die gronde van ʼn KwaZulu-Natalse hoërskool dood is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn skool in Mkhwakhweni naby Pongola gebeur. ʼn Geveg het tussen twee bendes by die skool uitgebreek en van die leerders het mekaar glo met skerp voorwerpe gesteek. Twee van die leerlinge is ernstig beseer en hospitaal toe gehaas.

“Mbuyiseni Ntshangase is met sy aankoms by die hospitaal dood. Die tweede leerling is steeds in die hospitaal en in ʼn ernstige toestand,” het Naicker gesê. Die polisie het kort daarna ʼn 20-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy sal Woensdag in die Pongola-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal die voorval ondersoek en nog inhegtenisnemings kan moontlik volg. “Dit is onaanvaarbaar dat sulke geweld by ʼn plek van onderrig uitbreek en ons doen ʼn beroep op ouers om ʼn groter rol te speel om te verseker dat hul kinders nie aan sulke gewelddadige optrede deelneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dee ·

‘Seun’ sê julle? Van 20? Wat soek hy op skool? Waarskynlik byna so oud soos sommige onderwysers.

Michiel ·

Dee, dalk het hy nie sovele kanse gehad nie, laat ons nou nie iets sê as ons nie die feite ken nie. Moenie oordeel nie – wat ons hier moet vra is WAAR is die onderwysers wat moet toesig hou oral? Hierdie tipe laksheid kom oral voor en dis waarom daar sulke dinge by vele skole gebeur.

Dee ·

Michiel, hoe redeneer jy? Waarom besef jy nie dat hy volgens die berig lid is van ‘n moordadige bende en dat hy ‘n skoolmaat doodgemaak het? En daarvoor blameer jy die onderwysers wat moes toesig hou? Jy is een van die mense wat die sinnetjie ‘moet nie oordeel nie’ total buite verband gebruik.

Martin ·

Michiel, waar het jy die ding gemis in die lewe? Is jy ook een van daai ouens wat wag dat iets verkeerd loop in jou lewe dan blameer jy iemand anders, net om jouself te verontskuldig.

Winston ·

Dee. Ek stem saam. Wat de d? Hy moes lankal gewerk het!!! Maar die president raak al meer ontslae van werksgeleenthede. So hy was seker besig met sy loopbaan?

AV ·

Wat ek nie verstaan nie, elke keer kry die onderwysers die skuld!!! Toe ek op skool was het die onderwysers ons nie opgepas pouses nie!!!! Bring lyf straf terug in die skole dan sal die kinders weet wat respek is!!! Hulle het nie meer respek nie, nie vir ouers, onderwysers of ouermense!!!

Shannon ·

Lyfstraf en godsdiens hoort nie op skool nie, en nog minder is dit die jop van `n onderwyser. Dis die ouer se werk.

Martin ·

Shanon, ek stem saam dit is die ouer se werk, maar wat is fout met Godsdiens en ‘n pakslae?
Jy en Michiel mis baie.

VerVanRyn ·

Ek stem, ‘n bietjie vrees vir wangedrag kon hierdie situasie gestop het. Beide lyfstraf en Christelike waardes lei tot hierdie vrees. Lyfstraf net in die uiterste gevalle en Christelike onderrig ten alle tye kon maak dat die kinders besef wat ‘n bose daad dit is om te baklei en te moor. Die Amerikaanse korrektiewe dienste verstaan dit baie goed dat Godsdiens misdaad verminder, maar net soos hier is dit bleikbaar verkeerd om dit in skole te hê volgens sommiges.

Dave Smit ·

Shannon, Lyfstraf en godsdiens hoort nie op skool nie,???
Jammer vir jou maar jy slaan die bal vêr mis en Michiel hoe oud was jy jou laaste jaar op skool 20???

Tammy ·

Dis nie die onderwyser se werk om barbare op te voed nie. Hulle stel hulself in gevaar om in te meng wanneer daar n bakleiery is en kan geskiet (soos in die Sasolburg geval) of met n mes gesteek word. Ouers moet self hulle kinders leer om ander mense met respek te behandel. Kom ons wees eerlik, hoeveel van die misdadigers kom uit swak ouerhuise. Julle kan my maar stenig hiervoor maar probleem kinders kom van probleem ouers en daardie ouers sal dit nooit ooit erken nie, want hulle is die oorsaak. Het al self gehoor hoe neerhalend n ouer teenoor sy kind n aanmerking oor n onderwyser maak.

Christie Joubert ·

20 en nog op skool. Dit sê heelwat van sy IK…. Bendes op skool? Pleks leer hulle en kry matriek en n verdere kwalifikasie, maar nee! Klaar kriminele. n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. Ouers, raak betrokke by julle kinders. Gesonde gesprekke en debatte met myne het my vêr gebring. Hy word 21 en is n absolute fees van n jong man.

Michiel ·

Kalmeer julself – ek gee graag iemadn the benefit of the doubt. In my dae (nie so lank gelede) het onnies elke dag speelgrond diens gedoen. As dit steeds gedoen word sal rokery op skool raakgesien en gestop word, boelies sal uitgevang word (want wat pouses gebeur is skrikwekkend)en ‘n hoop ander nonsens verhoed word. Ja hy is dalk al oud maar wie sê hy is te oud om te leer? Julle wil almal hê mens moet opgevoed en opgeleid word dan kritiseer julle MY? Regtigwaar. Dis nie te sê NET omdat hy 20 is, is dit al rede hoekom hy deel van ‘n bende is nie – bendes kom in alle ouderdomme voor veral in die Kaap ne. So weereens, natuurlik is dit moord en verkeerd wat hy gedoen het maar as daar meer toesig is, dan sal baie dinge uitsorteer word voor dit kan gebeur/vererger. Julle is gou om ‘n scapegoat van ‘n kommnetator te maak sonder om beitjei te dink of daar nie dalk waarheid in is nie! Net ‘n ruk teurg het ‘n elektriese hek ‘n kleuter gedood en toe wil almal toevalle kry omdat daar nie toesig was van onderwysers nie ne! Wat vir een geld, geld vir almal!

Bloues ·

Godsdiens in die skool is n onding. Kinders het Christelikke onderig en bystand gekry van onderwysers wat absoluut geen benul het van waaroor Christenskap gaan nie. Verkeerde sienings en beginsels is aan kinders oorgedra wat kon ly tot baie meer skade as goed.
Lyfstraf dieselfde, sekere onnies het hul eie privaat frustasies met die rottang op kinders uitgehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.