Seun sterf na kwadfiets-ongeluk

Walter Badenhorst. Foto: Facebook

Walter Badenhorst. Foto: Facebook

Walter Badenhorst (15) is Vrydagmiddag oorlede nadat hy verlede Saterdag ernstig beseer is in ʼn kwadfiets-ongeluk.

Istha McMillan, woordvoerder van die Mediclinic Limpopo, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Badenhorst gistermiddag oorlede is. “Hy is weens die aard van sy beserings oorlede.” Badenhorst was aan lewensondersteunende masjiene gekoppel sedert die ongeluk.

Die Polokwane Observer het vroeër berig dat Badenhorst verlede Saterdag op ʼn plaas buite Polokwane met sy kwadfiets teen ʼn ander kwadfietsryer gebots het. Volgens die berig het die ongeluk glo om ʼn draai op die plaaspad gebeur toe die twee ryers mekaar nie kon sien nie. Hulle het glo nie valhelms gedra nie.

Badenhorst is deur sy pa na die Mediclinic Limpopo gehaas. Die bestuurder van die ander kwadfiets het glo ernstige gesigbeserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veronica Deacon ·

Dis baie hartseer. Sterkte aan elkeen wat hierdeur geraak word.

Helena van der Westhuizen ·

Dit is vir my ‘n baie tragiese ongeluk en ‘n onnodige verlies van ‘n jong lewe. Ek het self ‘n seun van dieselfde ouderdom met ‘n liefde vir kwadfietse en motorfietse. Ek dink dit is tyd dat ouers self die besluit neem om hul kinders te beskerm. Hoekom wag vir wetgewing om jou te dwing om jouself, jou kinders te beskerm. Ouers kan mos dink dat hul kinders moet helmets dra. Die is nie die eerste ongeluk van sy soort so waarom wag vir wetgewing. En veral as daar ander ryers in die omgewind is moet groter sorg geneem word. Dra veiligheids drag, maak reels dat almal dieselfde rigting ry, selfs ‘n simple elke dag reel van hou links. Wel, almal dink maar seker net die dieselfde oor die dinge. my innige simpatie aan die ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.