Seun sterf ná leeu-aanval

Kristian Prinsloo. Foto: Facebook

Kristian Prinsloo (12), die skoolseun wat vroeër vandeesmaand deur ʼn leeumannetjie aangeval is, is Woensdagoggend oorlede.

Kristian se ouers, Herman en Adri Prinsloo, het die tragiese nuus op ʼn Facebook-groep, wat ter ondersteuning van Kristian gestig is, bevestig. “Kristian Josef Armand Prinsloo is om 10:50 oorlede. Lief vir jou my seun,” het hulle geskryf.

Kristian het Dinsdag sy 12de verjaarsdag in die Mediclinic Muelmed in Arcadia, Pretoria, gevier waar hy behandel is sedert die voorval op 8 April. Hy was sedert die leeuaanval in ʼn koma en het ook bronchitis opgedoen.

Maroela Media het vroeër berig Kristian is op ʼn landgoed naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo deur ʼn leeumannetjie aangeval. Marie Strydom (75), Adri se ma, het die leeu van Kristian afgestoei.

Kristian, ʼn gr. 6-leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt, het oudergewoonte dié skoolvakansie by Strydom in Lephalale gaan kuier waar die tragedie hom afgespeel het.

Lees alle vorige berigte oor Kristian Prinsloo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Suzette combrink ·

Ons kan net bid vir die ouers dan ons Hemelse Vader hulle kan verster en vertroos dit is diexgrootste verlies wat ouer kan beleef. Sterkte pastoor Christo en Suzette Combrink. Polokeane

Isabel ·

My simpatie met Kristian se ouers en familie en R.I.V Kristian

Hannetjie Harvie ·

Ek is so jammer om dit te hoor. Mag die Here julle versterk in hierdie tyd.

k ·

Rus sag in vrede gesiggie kind… al jou seer is nou verby… Sterkte aan mamma en pappa… Mag Jesus jul styf vas hou en troosting gee xxx

Cindy ·

Ai dis so hartseer. Sterkte aan Mamma en Pappa en familie. Julle is in my gebede. Rus saggies Kristian.

ai tog ·

Vreeslik jammer om te hoor:( sterkte aan die familie. Mag Jesus jul deur die moeilike tyd dra.

Hettie ·

Baie sterkte aan julle almal. Dis te seer om te hoor dat hy weg is!

oumie ·

As n ouma van 3 gee my hart n vreeslike ruk en ek snak na my asem o nee o nee maar God my Vader U weet U werke en ons kan maar net vra hkm ASB my Vader hou die mamma en Pappa en ouma styf vas dat berusting gou kan plaasvind dit moet sekerlik die seerste seer ooit wees Amen

Theresa B ·

Baie sterkte julle. Die Here het ‘n beter plan gehad al verstaan ons dit nie. Ek weet julle is stukkend – Julle sal vertroos en gedra word deur onse Vader.

Stella ·

Ja Theresa ek stem saam met jou, maar dis nog so vreeslik om te verstaan,, sterkte aan sy familie

René Prinsloo ·

Sterkte aan sy mamma en pappa. Dit is hartseer nuus. Ons dink ook veral aan Kristian se ouma. Rus in vrede seun. Xxxx

Laans ·

ek is SOOO jammer vir hierdie gesin. Die Here sal julle omvou in Sy grootheid en liefde en vertroos in hierdie tyd. My hart huil saam met julle. Hou vas aan die feit dat hy nou by die Here is waar daar geen pyn of trane is nie. hy is gelukkig en sal veraltyd wees. sterkte aan die familie.

Marietjie ·

Baie sterkte aan Mamma, Pappa en die res van die familie. Mag God julle vertrooster wees in hierdie moeilike tyd.

Lize ·

So jammer om die hartseer nuus te verneem. Sterkte vir sy geliefdes.

Koos ·

Sterkte Herman en Adri – God sal julle dra deur die moeilike tyd. Ons weet Kristian is op n beter plek al verstaan ons nie altyd als nie….
So n pragtige seun!

Nettie ·

Baie hartseer …. Sterkte aan Kristian se Mamma, Pappa en Oumas asook die hele familie en vriendekring. Die mens wik, maar God alleen beskik.

René Prinsloo ·

Sterkte aan sy liewe ouers. Dis so hartseer. Dink ook aan Kristian se ouma. Rus in vrede seun.

toy ·

Ai my hart is seer vir julle. Mag die Here julle krag gee om deur hierdie hartseer te kom. Sterkte vir die mamma, pappa en familie.

DPJ ·

Herman en Adri mag julle deur die Here God se Heilige Gees se versterk en vertroos word.
God is altyd by julle teenwoordig wees.

Jan Uys ·

Die Here sal Herman en Adri en Ouma Marie vertroos in hierdie tyd wat voorle en hy alleen sal berusting bring, sterkte en innige meegevoel. Kleinman rus in vrede by Koning Jesus

Maya Roon Joubert ·

REST IN THE ARMS OF JESUS, KRISTIAAN – May your spirit dwell in the house of the Lord forever! And your parents and family find peace at your freedom from earthly bondage!

Centurion Inwoner ·

Ons het bly bid en hoop. Innige simpatie aan familie. Mag julle vertroosting vind. Ons Centurion gemeenskap rou vandag saam met die familie en Laerskool Louis Leipoldt. Xxx

Baie baie sterkte ·

Baie baie sterkte, wens daar was ‘n groot genoeg pleister vir die seer in jul hart. Ek is ook dankbaar vir die geleende tyd, hoe hartseer ookal kon jul groet en nie net skielik die groot gat in jul siele nie.

Lelani ·

Ons hou jul in ons gebede. Mag God jul dra in hierdie moeilike tyd.

Kwaaitjie ·

My hart gaan uit na die ouers en sy ouma en die res van die familie. Rus sag, engelkind.

Lee ·

Ai dis nie lekker nie. Sterkte aan sy ouers en familie in die moeilike tyd. Dink aan julle xx

Elizabeth ·

RIV Engelkind. Innge simpatie aan sy ouers, grootouers, familie en vriende, mag jul vrede ontvang

Dvj ·

Geen woorde sal help nie, vra my ek het ook my enigste kind onlangs verloor. Weet net dat ons saam met julle, hartseer is. Baie sterkte

Roelien ·

Jammer vir julle groot verlies. Ons bid dat ons Abba Vader julle sal dra, vertroos en bystaan in die hartseer tyd en vir die toekoms. Rus in vrede Kristian.

Rentia ·

Baie sterkte aan almal wat deur Kristian se dood geraak word.. Mag ons Hemelse Vader julle troos

Mattewis Kat ·

Baie tragiese nuus! Mag God Sy vertroosting & liefde aan hierdie gesin skenk in hierdie moeilike tyd! Baie sterkte!!

Daan Erasmus ·

Die Here het gegee. Die Here het geneem. Prys die Here. Ek bid vir die ouers. Ek bid ook vir my vriend Cor Vos. Dit is so hartseer.

Maxie ·

My innige simpatie aan die familie en vriende. Mag die Here met julle wees en vertroos.

Monica Grobbelaar ·

Innige medelye. Mag Jesus julle troos en self jul trane droog.
Liefde in Jesus
Monica en Frik

Genieve ·

Shame baie sterkte vir die families, mag die Here julle vertroos in die tyd van rou.

Hannelie ·

My hart is so oneindig seer vir hulle……maar die ouers gaan nou deur erger seer. Ons gebede het elke dag gegaan vir Kristian en sy ouers, maar God se Wil is nie ons s’n. Ek bid vir vertroosting vir jul as familie. Kristian is nou ‘n engelkind by Jesus, Jesus se mooiste engel seuntjie. Rus in Vrede my kind.

Mariette ·

So jammer..God sal jul dra daarvan kan ons getuig.Liefde

louna ·

Sterkte aan die Familie Mag God julle troos in hierdie moeilike tye.

Elize ·

Ai ai baie sterkte aan die ouers en familie en ook vir ouma. Mag Jesus jul trane opdroog en jul dra deur hierdie vreeslike moeilik tyd. Rus sag by Jesus.

Elize Basson ·

Ai ai baie sterkte aan die ouers en familie en ook vir ouma. Mag Jesus jul trane opdroog en jul dra deur hierdie vreeslike moeilik tyd. Rus sag by Jesus.

Big daddy ·

Groot tragedie. Baie sterkte en liefde aan die ouers en familie.

Marelize ·

My hart is so seer vir hierdie ouers. My eie kind word ook 12 hierdie jaar, en ek kan my nie voorstel om ‘n kind te verloor nie. Mag julle God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar!

die-paashaas ·

Ek is so bly om te lees dat hier nie een komentaar is oor die leeus en bla bla bla nie.ek volg al die gebeurtenis van die begin af.sterkte aan die familie

Sonja ·

My innige simpatie vir julle familie in die moeilike tyd. Dink aan julle en julle is in my gebede. Sterkte.

AL ·

My innige simpatie aan julle en sy ouma. Sterkte deur die geweldige verlies, mag God jul berusting gee.

ANNE-MARIE ·

Die enigste troos is dat hy nou in die hemel is en in God se teenwoordigheid
Sy wil het geskied…wie is ons as mens om te oordeel en te vra…hoekom en waarom
Ons is nietig en klein
Baie liefde en gebede vir sy ouers en grootouers en almal na aan hom
Dit is niemand se skuld nie want God het Sy tyd…ons moet dit aanvaar en berus
Baie liefde van my af en ek life Kristian en die Leeutjies…albei onskuldig en so goed bedoel maar hartseer einde…wie is ons om te vrae te vra? ♥♥♥♥

Angel ·

My innige meegevoel aan Pappa Herman, Mamma Adri, Ouma Marie en al sy geliefdes Mag Jesus julle styf vashou, vertroos en krag gee in hierdie hartseer tyd. Rus in vrede Kristian. Sterkte ook aan Cor Vos . Mag Jesus julle almal dra. Julle is in ons gebede en gedagtes. Dink aan julle

Lynn ·

Ag en hier sit ek met trane in my oe en dink aan die seer van sy ouers en ouma. Mag GOD met julle wees en julle toevou in sy LIEFDE en GENADE. Jammer om van julle verlies te hoor ons huil saam met julle.

Annette ·

Jy is veilig tuis Kristian, ons verstaan nie aldag Yesua se meester plan nie, die maak so baie seer, sterkte aan elke een wat deel van sy lewe was, rus saggie by Jesus se voete kind!

BOLANDER ·

Ai, ek is so jammer. Mag julle berusting vind in SY bystand.

Janet ·

So verskriklik jammer om te hoor van julle verlies. Mag Abba Vader julle veryroos en versterk

Gina ·

Ai tog …. skokkende nuus..
Ek het elke dag aan hierdie seun en sy ouers gedink.
In the arms of the angels..fly away

HK ·

So vreeslik jammer, innige simpatie. Mag julle vertroosting vind. Woorde is so ontoereikend…

Mel ·

Ek het so gehoop vir ‘n wonderwerk! Weereens Het God nog een van sy pragtige blommetjies kom pluk, my hart en gebede is by al sy naasbestaandes. Mag God Jul vertroosting bring in hierdie hartseer tyd!

Alida ·

Baie tragies. Iets wat nooit moes gebeur het nie. Simpatie met sy ouers. My hart bloei vir julle.

Elisabeth Kruger ·

R.I.P. Sterkte vir wonderlike Ouers wat soveel hoop gehad het, maar ons Vader gaan so mooi na jul Seun kyk.

Adele Harmse ·

Ek hou my kind vanaand ekstra styf vas…hulle word net aan ons geleen. So opreg jammer vir hierdie gesin se ontsettende verlies! God sal julle dra.

Pieter DE ·

Ek volg die storie van die begin af en kan getuig die gebeurten het ons diep geraak het. Sterkte aan sy ouers en familie in die moeilike tyd. Ons bid vir julle.

Helene Heyns ·

Dis baie, baie hartseer nuus. Ek bid dat Jesus jul sal toevou in Sy vertroostende arms. Net Hy n Hy alleen kan jul stukkende harte heelmaak. Sterkte aan die ouers en ouma.

Steve Stephansen ·

Ek is jammer oor die voorval en my simpatie gaan aan die familie en ouers. Maar, weereens, en ek wens mense wil besef dat enige Afrika diere nooit regtig mak gemaak kan word nie. Dis instinktief dat hy jou gaan aanval, en veral omdat jy kleiner as hy is staan jou kanse om nie aangeval te word nie, maar op ‘n skrale skaal. Ek is ‘n ou Wildtuinniet, en ek sal seker ook nooit verstaan dat mense ‘n leeu as troeteldier wil aanhou nie. Dit is tog baie mooier om die dier in die bos te sien waar hy hoort. Ek weet daar sal baie verskonings hieroor kom, maar die feit bly staan, dis nie ‘n Europese troeteldier wat jy kan mak maak en pamperlang nie.

Ook 'n Ma ·

@Steve Stephansen. Ŕus in vrede Kristian. Rus sag in Jesus se arms. Geen pyn meer Hierdie 2 mense het sopas hul kind aand die dood afgestaan. Het jy al een oomblik gedink deur watse hel hulle gegaan het. Was dit nie vir Ouma nie kon dit erger afgeloop het. Jy’t gehoor hulle maak die hokke toe as daar mense is. Iewers het daar iets gebeur dat die leeu kon uitkom. Dis nie asof hulle onverskillig was en die leeus nie agter slot en grendel gehou het nie. Dis uiters tragies wat gebeur het. En ek glo die eienaars voel ewe sleg dalk nog erger. Hulle was immers huis vriende. Gun die ouers hul tyd van rou en gee hul kans om hierdie dood van hul seun in vrede te kan verwerk. En hou asb jou kommentaar oor die leeus vir later. Ten laaste gaan kyk bietjie hoeveel honde het in die laaste tyd hul eienaars gebyt en verskeur.

Kallie ·

Eintlik het hy al drie weke gelede gesterf. Hy is toe al breindood verklaar deur die dokters.

Piet ·

Ook ‘n ma, jy se presies wat ek al ‘n paar maal wou se maar MM delete dit telkens, seker omdat ek te kras is. Enige persoon het mos nou al die storie ‘n miljoen maal gehoor van Leeus wat nie mak word nie en eerder in die bos hoort, ens. Dit is van om mal te word as ‘n persoon dit aanhou se en dan verwys na sy kennis op die gebied. Mens hoef nie ‘n veearts te wees om dit te weet nie.

Hartseer ·

Aag dis so bitter hartseer sterkte aan die familie. RIV seun

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.