Seun sterf na trok hom tref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Agtjarige seun is Donderdagmiddag dood nadat hy op die R55 in Olifantsfontein deur ʼn vragmotor raakgery is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê toe ER24 se paramedici op die toneel aankom was ʼn paramedikus van Orange Fox reeds besig om die kind te behandel.

Paramedici van ER24 het ook met behandeling begin en gesien die seun het verskeie ernstige beserings opgedoen. Sy toestand het versleg en paramedici het mond-tot-mond-asemhaling begin toepas.

Die seun het egter op die toneel aan sy beserings beswyk. Die insittendes van die vragmotor is nie beseer nie. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daenerys Targaryen ·

So hartseer. Ons is op N8 voor Edenburg afdraai en daar is duidelike padtekens en versperrings aangebring wat kruising oor die pad verbied en ORAL peul daar mense bo-oor en onderdeur. Ek voorsien nog sulke gevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.