Seun sterf ná val by skool

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. (Foto: ANA)

ʼn 16-jarige seun van Ferndale High School in Randburg is dood nadat hy van ʼn stoep op die derde verdieping van die skool geval het.

Paramedici van Netcare 911 het Dinsdagoggend op ʼn noodoproep ná die voorval gereageer.

“Die skool se personeel het die leerder probeer help voordat paramedici op die toneel aangekom het. Die seun was in ʼn stabiele toestand en is op die toneel behandel,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911. Die pasiënt is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy het wonde aan sy kop opgedoen.

Volgens die Gautengse departement van onderwys is die gr.10-leerder egter later in die hospitaal oorlede. Dit is die agtste sterfte by ʼn skool in Gauteng die afgelope week. “Dit wil voorkom of die leerder ʼn epileptiese aanval gekry het en toe van die balkon geval het,” sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

“Die voorval is baie betreurenswaardig. Beraders is na die skool gestuur om leerders en onderwysers by te staan,” sê Mabona.

Herbst het die skool geloof vir hul vinnige reaksie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chantel ·

Genade, dis harverskeurend. Sterkte aan die kind se ouers.

Dries ·

Tragies. Ek wil net graag weet waarom daar ‘n foto van Lesufi by die berig is, hy word dan nie eers genoem nie?

Leonie ·

Ek stem saam met jou Dries. Ek is regtig nie meer lus om in sy bakkies vas te kyk nie.

Jdb ·

Ek vermoed Lesufi het ‘n aandeel in die beradingsonderneming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.