Seun sterf op skooluitstappie: Oorsaak van dood bekend

Stefan Marais. Foto: Facebook

Die voorlopige uitslag van die lykskouing op Stefan Marais, die gr. 11-leerder aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal in die Wes-Kaap wie se liggaam Saterdag in die Goukourivier by Stilbaai opgespoor is, is bekend.

Maroela Media het vroeër berig Marais was verlede Vrydag saam met ander leerders van die skool, onder wie lede van die skool se leerderraad en onderwysers, op ʼn spanbou-uitstappie toe die tragedie hom afgespeel het. Van die leerders het glo in die rivier geswem waar Stefan in die water verdwyn het.

Toe mense besef het dat Stefan nêrens te vinde is nie, is daar dadelik na hom begin soek. Sy liggaam is Saterdag gevind en uit die water gebring.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig die voorlopige uitslag van Stefan se nadoodse ondersoek is bekend.

“Die uitslag dui daarop dat hy ernstige kop- en nekbeserings opgedoen het, waarna hy verdrink het,” het Pojie gesê.

ʼn Gedenkdiens is Vrydagoggend vir Stefan uit die NG Moedergemeente Riversdal gehou. ʼn Groot aantal mense het opgedaag met nagenoeg 1 500 sittendes in die kerk.

Die vermoede bestaan dat hy moontlik teen ʼn sandbank vasgeduik, die nekfraktuur opgedoen en toe verdrink het.

Die Hoër Landbouskool Oakdale het ná sy afsterwe op Facebook hul medelye aan Stefan se ouers, Pine en Petrusa, en sy jonger broer, Pieter, betuig. “Leerders, ouers en personeel van die skool is geskok en hartseer oor die verlies van hierdie uiters skrander, talentvolle en waardegedrewe Oakdaler. Hy was ʼn Oakdaler in murg en been. Ons harte gaan uit na hierdie gesin, sy maats en al die ander Oakdale-betrokkenes,” lui die inskrywing.

Talle ander boodskappe van medelye is ook op sosiale media gedeel.

Die bekende Suid-Afrikaanse rugbyspeler, CJ Stander, wat tans in Ierland rugby speel, het op sy amptelike Facebook-blad geskryf hy het Stefan geken vandat laasgenoemde ses jaar oud was. “My gedagtes en gebede gaan uit aan sy familie in hierdie moeilike tyd,” het Stander geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Linda Gouws ·

Ai dis hartseer. My innige simpatie. Sterkte aan almal!

Marisa ·

Dit klink of hy ernstig aangerand is en toe in die rivier gegooi is as ‘n mens na die beskrywing van sy beserings kyk. As iemand in ‘n sandbank vasduik breek hy sy nek maar ander opsigtelike beserings sal daar nie wees nie. Verlamming tree dan in.

Janine ·

Liewe genade…. Is JY ‘n speurder?? Wat weet jy? Kop-en-nekbeserings. Die logiese beserings vir DUIK.

Johan ·

Janine, Ek stem saam en dit wat Marisa doen is presies hoe stories ontstaan en die wêreld ingestuur word!

Sjoe ·

Sjoe ja nee Marissa, jou eerste logiese denke ernstige kop en nek – met rivier – geliefde seun moet dan dadelik wees “ in rotse / klip / sandbank vas geduik” dit is ook hoekom niemand agter gekom het hy is weg nie. Geen groep kan per persoon dop gehou word en ter wille van sy ouers en familie moet dit nie moeiliker maak as wat dit is. Dit is so diep seer om n kind te verloor en ek glo hul verstaan, hul is self Onderwysers wat ook sulke verantwoordelikheid dra op uitstappies en dan weet mens hoe maklik n ongeluk kan gebeur.

Heidi ·

Marisa…mens val nie net op jou nek as jy hom breek nie. Mens val eers op jou kop. En as die impak so hars is dat jou nek breek….dink jy nie die kop sal groot bloukol hê nie….
Laat mt dink aan daai storie van dit is okay om dood te wees. Jy weet dit nie. Dit is die mense om jou wat swaarkry.

Johann ·

Stukkend hartseer! Hoe gebeur so iets sonder dat die wat moet toesig hou ONMIDDELIK agterkom iets is verkeerd? Of was daar bloot nie tydens n amptelike skool uitstappie genoeg of ervare personeel wat georganiseerde aktiwiteite gemonitor het nie? En dit se baie as die skool nerens n verskoning aanbied nie? Niks van ons is jammer nie? Seker goed geprep om niks te se wat hulle mag impliseer as verandwoordelik vir die seun se dood nie?

Vivian ·

Moenie goed plaas waarvan u niks weet nie. Ek is van Riversdal en weet die skool het uit sy pad gegaan die tyd. Jou reaksie Johann wys vir my geen respek aan ouers, gemeenskap en skool nie…. ek weet hierdie het die HELE skool geruk. Nie te praat van gemeenskap nie!!

Johan ·

Hoekom sal almal “geprep” word terwyl dit ñ onderwyser aan die skool se seun is?

LindaH ·

Dis ‘n verskriklike tragedie .Medelye met familie, vriende en kennisse asook die skool .
Met dit wil ek graag vra of toesighouers dan nie almal se name op lyste uitroep as hul terug in die bus sou klim nie ? Ek sè nie dit kon dalk sy lewe gered het nie; maar wat as enige kind iewers gestrand is en nie self terug bus toe sou kon kom nie , maar net met hulp?

Dawie Wandrag ·

Dit is net baie eienaardig dat sy maats hom nie sien duik het en nie…Hulle was mos in ‘n groepie, dan nie?

KG ·

Ek stem Dawie, dit was nog heeltyd my vraag. Ek kan nie verstaan hoe nie een van die leerders/maats hom nie gesien duik het of swem nie…..dit maak net nie vir my sin nie. Nietemin dis regtig baie hartseer….

Christine ·

Ag regtig kan die minister van onderwys nie ingryp en al hierdie outydse leierskap posisies en kampe stop nie. Dit beteken nie as jyn sportster of akademiese reus is jy is n leier nie. So bly die NWU het die voortou geneem en al die simpel eerstejaarsdrag afgeskaf. Agv hierdie stupid tradisie is n kind dood.

DS ·

Ag asseblief Christine ongelukkig was dit sy tyd toe hy op die uitstappie was. Hy kon net sowel in ‘n swembad by iemand se huis verdrink het. Dit was ‘n ongeluk! Dis So belaglik om te se as iemand se kind in motorongeluk dood gaan as hulle hom nie kar gekoop het nie sou hy nog gelewe het. REGTIG!

Johann ·

Waars die veronderstelde volwasse toesighouers tydens sulke groeps aktiwiteite? Eks jammer, maar dis vierkantig voor die skool se deur.

pieter ·

Hou eerder op om kommentaar te lewer en simpatiseer met ouers en skool – di rivier ligoon is vol sandbanke

Christine ·

Waar is die Oakdalers en hul roemryke tradisie nou? Snaaks dat die skool of betrokke onderwysers nog nie n amptelike verklaring ter vwrduideliking indie media uitgereik het nie. Ek hoop alle toekomstige Oakdale ouers en huidige ouers gaan hierdie absolute tipiese Afrikaanse snert stop.

Kat ·

Nog steeds agterlosigheid want IEMAND moes dit sien gebeur het met meer as 100 kinders daar?

Wonder ·

Julle het nie al die feite nie. Stephan het van ‘n bootcamp gekom voor die uitstappie. Daar was toesig. Maak seker van julle feite voor julle oordeel.

Janine ·

Hemeltjie tog!!!! LEES mense nie met begrip voor hulle kommentaar lewer nie? Rerigwaar!!

Johann ·

Ja Janine ons lees juis. Dis elke ouer se nagmerrie om te moet hoor dat n jong seun sy lewe verloor tydens n skool aktiwiteit. Laat mens twee keer dink. oor die vermoe van iemand anders om met dieselfde omsigtigheid na my kind om te sien. Ek vra weer:wie moes kontrole en beheer uitoefen oor wie wanneer waar was, besig

Katvis ·

Pieter vra ek ook. So kind gaan duik nie sommer so alleen nie, waar was sy maats. Praat seuns iemand moes iets gesien het

Lizelle ·

Ek stem saam. Waar was die nodige toesig? As hy dalk betyds uit water uit gehaal is, sou hy nie verdrink het nie, en kon hy nog gelewe het ondanks sy beserings. Ongelukke gebeur ja, maar daars n verskil tussen n ongeluk en nalatigheid. Ek sou regtig antwoorde van die skool af wou he as dit my kind was. Dis n tragedie wat ek voel, voorkom kon word. Sterkte aan die familie en vriende asook aan die persone wat saam was en nie behoorlike toesig gehou het nie en wat nou met hul gewetens moet saamleef.

Francois Joubert ·

Die kind se pa was daar, hy is ‘n onderwyser by die skool. Die skool kan niks aan die ouers bekendmaak wat hul nie reeds weet nie. Dit verstom die patetiese kommentaar terwyl al die feite bekend is en deur Maroela Media korrek geplaas is.

Ja nee ·

Ja nee so sal hul almal beter weet as die wat daar was. Verder het hul geen idee hoe dit op n uistappie gaan, hul kyk ook nie hoeveel uitstappies suksesvol is nie. Verder stel iemand dt so mooi “ maak nie saak waar, dit was sy tyd” ek voeg by, dit is deur die Vader vir hom uitgele. Jy kan ook 100 onderwysers per leerling he, as hy per abuis in iets vasduik, kan huldit nie verhoed. Verder wie pas n 17 jarige soos n baba op, want net dalk kan hy in iets vasduik. Regtig vir jare doen mens sulke uitstappies en niks gebeur. Stop sinnelose kommentaar julle maak net seer.

Rikag ·

So hartseer bid vir die familie mag die Liewe Vader sy hand oor julle you.

Hoërskool ouer ·

Baie tragies. In al die berigte hieroor kritiseer mense die skool se ‘toesig’. Enige redelike ouer met ‘n hoërskoolkind weet dat geen ‘toesig’ die tipe ongeluk kon vermy het nie. Die veilige alternatief is ‘n praatjie in die skoolsaal of om jou kind by die huis te hou en hom/haar te verplig om op sy bed te lê of tv te kyk.

Ada ·

Waarom beserings aan die kop as hy in n sandbank vasgeduik het? Iets word verdoesel. En dan waarom word die kinders na sulke gevaarlike plekke geneem is nog n vraag. Daar is baie dinge wat nie sin maak nie.Die lesers is nie onnosel nie.Ek kry die ouers en familie uit my hart uit jammer en hoop die werklike waarheid sal uitkom

Johan ·

Ada, dit is duidelik jy tas in die donker rond!
As ñ mens duik is jou kop gewoonlik die eerste ding wat iets tref!
Die beserings aan sy kop en nek is as gevolg van die geweldige kragte wat uitgeoefen word as jy in ñ sandbank vas duik, die moontlikheid in sy geval was ook dalk ñ rots!
Ek nooi jou ook uit om saam met my by die sg gevaarlike plek te gaan swem! Jaarliks is daar honderde mense wat in die Goukou rivier swem en ek kan jou verseker dat dit een van die veiligste swemplekke is, selfs vir kinders! Al gevaar is die mens as hy iets doen om homself in gevaar te stel!

Karel ·

Ek hoop die nadoodse ondersoek werp later meer lig.
Iets is nie pluis nie en baie mense besef dit.Al probeer die skool dit as n fratsongeluk uitmaak bly dit verdag.
Sterkte aan die ouers en broer.

Ongelukkige ouer ·

Hoeveel onderwysers was daar vir 100 plus kinders op die uitstappie.Ek praat nie van die leerlingraad nie want hulle is nog kinders.Hoeveel onderwysers was saam met die kinders? Hoe kan jy n kind agterlaat? Wie moes die headcount doen? Dit is soos om n gewonde soldaat agter te laat en skoon van hom vergeet.Dit is totaal onaanvaarbaar.Die kind kon nog gered geword het indien die toesig en headcount in plek was.
Sterkte aan die familie

Johann ·

Nee die veilige alternatief is dat ek as ouer verwag dat personeel WEL beheer en kontrole uitoefen oor my kind se kom en gaan, sodat wanneer hy “soek raak” na n groeps aktiwiteit, daar ONMIDDELIK reageer kan word en net dalk n ongeluk nie in n tragedie laat verander nie.

Charel Wright ·

My hart is stukkend vir hul hele gesin.
Ons innige simpatie.

Deon ·

Ek stel voor begin om elke iedere persoon aan ‘n leuenverklikker toets te laat ondervra!
Die waarheid sal gou uitkom!!
Ek het ‘n gevoel dat daar ‘n paar seuns gaan uitkom met die waarheid!!

Johan ·

Ada, dit is duidelik jy tas in die donker rond!
As ñ mens duik is jou kop gewoonlik die eerste ding wat iets tref!
Die beserings aan sy kop en nek is as gevolg van die geweldige kragte wat uitgeoefen word as jy in ñ sandbank vas duik, die moontlikheid in sy geval was ook dalk ñ rots!
Ek nooi jou ook uit om saam met my by dié sg gevaarlike plek te gaan swem! Jaarliks is daar honderde mense wat in die Goukou rivier swem en ek kan jou verseker dat dit een van die veiligste swemplekke is waar ek al geswem het, selfs vir kinders!
Al gevaar is die mens as hy iets doen om homself in gevaar te stel!

Ada ·

Dankie Johan ek waardeer jou inligting opreg. Jy ken die omgewing daar beter as ek.
Wat dan van die headcount? Hoe lank was die tydperk voordat die skool agtergekom het die seun is nie daar nie?

Hennie ·

As ek die komentare lees dan kom ek tot die gevolgtrekking dat daar hartseer, verbasing, woede, agterdog, teleurstelling en vele ander emosies of gevoelens ervaar word. Dis ons elkeen se manier om met so n tragedie te deel. Die kern hier is dat almal op die en of ander manier omgee wat gebeur het met hierdie jong man. Ons almal sou die tyd wou terug draai en vir hom sê, moenie induik nie! Swem waar jy gesien kan word. Klim op die bus. Wees veilig! Maar ons kan nie. Dis nie hoe dit werk in hierdie lewe nie.

Ons kan net hoop en vertrou dat niemand weer sal induik in n poel, rivier of swembad waar hulle so iets kan oorkom nie. Kom ons leer mekaar, oud en jonk om versigtig te wees as ons naby of in die water is.

Gertruida ·

Hennie jy is reg, ons sou wou se moenie induik waar jy ni kan sien nie. My broer se seun het dieselfde mee gebeur. Hy het in n dam geduik, sy nek beseer en ‘gelukkig’ vir hom is hy betyds uit di water gehaal voor hy kon verdrink. Maar sy ‘hel op aarde’ het daarna vir 7 maande aangehou.. hy was verlam van sy nek af ondertoe, gekoppel aan n ventilator. Kon nie praat nie, het voeding deur n pypie in sy maag gekry, kon net sy kop ‘ja’ of ‘nee’ knik en het geen beheer oor sy liggaamlike funksies gehad nie. Hy het voor ons almal uitgeteer van n mooi gespierde sportiewe jong man na n uitgeteerde 40kg bondeltjie op n bed voor hy oorlede is. As ons moes kies.. sou ons eerder hom die hel wou gespaar het..

Onnie ·

Ons was studente, 4 van ons – insluitend n tweeling – het elke dag van dai langnaweek verjaar. Ons is almal, met n klomp pelle, vir die naweek na die strandhuis in Gouritsmond. Saterdag die 26ste Aug het almal van die Gouritsmondrivier brug , tussen Gourits en Vleesbaai, gaan afspring in. Josef het ingeduik, terwyl ons almal vir hom kyk, dit was al almal se 3de duik – by het onder die water verdwyn en nooit weer opgekom nie – die poisieduikers het hom die Woensdag 100m van die brug gekry waar sy liggaam aan die bosse gehak het. Ons was so verslae, so voor ons oë?? Dit was sy verjaarsdag dai saterdag. Julle sal nie glo hoe ongelooflik vinnig so iets gebeur nie. My verjaarsdag was not nooit weer dieselfde nie. Elke jaar dai tyd dan slaan die verslaentheid jou weer in die maag. Moenie noodwendig lelike afleidings maak as jy nog nie by was waar so iets gebeur het nie

Dries ·

Mense, julle wat so kerm oor toesig. Die enigste verskil wat dit sou maak as daar dan volgens julle voldoende toesig was, is dat hulle vroeër sou weet dat hy dood is. Aan sy oorlewing sou dit waarskynlik geen verskil gemaak het nie.

Andre Traut ·

Johann, dis duidelik jy het nie werk nie. Daar is n tyd en plek vir alles, en hierdie is nie nou die tyd of plek nie ou maat.
Aan die ouers, aanvaar asb ons simpatie met jul geweldige verlies.

Christine ·

Eenvoudige oplossing raak ontslae van al hierdie uitgediende simpel tradisies. Dit is so onvanpas in ons land en is die oorsaak van baie negatiewe gevoelens en houdings teenoor Afrikaanse skole. Regtig ek hoop die minister van onderwys gaan al hierdie praktyke verdoesel onder die naam van spanbou sessies verbied. Dit is uitgedien Maroela lesers en dit veroorsaak geweldig baie skade aan Afrikaans. Waar is die hoof van Oakdale se media verklaring,? As ek die minister van onderwys was het ek al hierdie onderwysers betrokke afgedank,!

JJ ·

Ek wil vir die ouers se, my innigste medelye met julle verlies.Ek het self n kind aan die dood afgestaan en dit is die grootste hartseer wat jou kan tref as jy n goeie verhouding met jou kinders het.Al wat deur jou kop maal is my kind is dood, my kind is dood.Dit voel of jou arms afgekap is want jy staan magteloos teenoor ons vyand die dood.
Ek ken die Goukou rivier by Stilbaai want ek swem al jare daar.Van die klippe in die rivier is skerper as skeermes lemme.Ek was al self gesny toe ek daarop getrap het.As die stroom jou daaroor sleep gaan dit lyk of jy met n mes gekerf was.
Vergeet van al die wie waar of hoe,hy is nie die 1ste ook nie die laaste, wat op so n ontydige wyse uit die lewe geruk word nie,en dit heel nie die verskeurde hart nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.