Seun sterf toe bendelede wild en wakker losbrand

Argieffoto (Foto: glukan/Pixabay)

Die polisie in die Wes-Kaap is op die spoor van verdagtes nadat ’n jong seun (10) Vrydag tydens ’n bendeskietery in Manenberg, Kaapstad, in die kruisvuur beland het. Hy is later in ’n hospitaal dood.

Sers. Wesley Twigg, woordvoerder van die polisie, sê vyf onbekende verdagtes van opposisiebendes het omstreeks 10:30 op die hoek van Priscilla Ngeni- en Chemist Mlungustraat in Tambo Village wild en wakker op mekaar begin losbrand.

Die seun het in die kruisvuur beland en is na die hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Twigg doen ’n beroep op enigiemand met moontlike inligting rakende die verdagtes om na vore te kom.

Inligting kan by die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 aangemeld word en sal vertroulik gehanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Nou moet ‘n onskuldige kind die prys betaal vir ‘n klomp bendes wat met ongelisensieerde wapens sit! Cele nóg bloed op jou hande en dit van ‘n kind

Francois Le Cochon ·

En nogsteeds is dit nie onwettig om aan ‘n bende te behoort nie!

Mariana ·

Mense is bang om na vore te kom met inligting want hulle kan dan teikens word. Die bendes regeer al te lank in hierdie plekke. Mense se veiligheid en lewens is vir hulle van geen belang, as jy in die pad van hulle geweld kom, raak jy ook net ‘n statistiek. Ongelukkig is kinders te dikwels die slagoffers.

Francois ·

Ongelukkig het die gesagsowerhede lankal hulle greep en beheer van misdaad verloor want daagliks is verskeie berigte van moorde, roof, bendes wat regeer en moor, “untouchable” dwelmsindikate met wereldwye samewerking. En wanneer hulle weer sien, is tereurorganisasies soos Isis in ons land ook soos in Mosambiek, reg langs ons, besig om mense te onthoof en té moor – ek glo dat daar reeds sterk netwerke in ons land bestaan. Dan is dit ook te laat om dit te keer, en die president sal sê – “I am shocked….”

Deon ·

Cele, dit is tyd dat jy of jou baadjie vat en loop, of begin beheer kry oor die gemors op jou skof….. Mens hoor te veel van kinders en vroue en ou mense wat onnodig/per ongeluk in een of ander spervuur beland het. Ek het geen polisie kennis nie, maar ek kan duidelik sien jy het absoluut geen beheer. Of het julle n ander onderduimse plan hier? Ruk jou mense reg!!!

Nie Verbaas ·

Volgens ANC standaard verrig Cele n uitstekende taak. Hopeloos verby.

Swerwer ·

Cele skitter in sy afwesigheid en gee nie ‘n duit om oor ‘n ander se lewe nie.

Ria ·

Om aan n bende te behoort moet onwettig verklaar word en die syraf lewenslank
Dis al way sal help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.